Aansoek om die registrasie van veevoedsel of troeteldierkos
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Alle veevoedsel of troeteldierskos wat in Suid-Afrika ingevoer, vervaardig, geproduseer of verkoop word, moet geregistreer wees by die Registrateur van Wet 36 van 1947. Die aansoeker moet 'n regspersoon wees, byvoorbeeld Johan Pieters Burger wat handel dryf as Diepsloot-stoetery.
n Oorsese maatskappy mag nie om registrasie in Suid-Afrika aansoek doen nie. Slegs 'n plaaslik geregistreerde maatskappy, 'n Suid-Afrikaanse burger of 'n regsliggaam wat in Suid-Afrika geregistreer is, mag om die registrasie van veevoedsel en troeteldierkos aansoek doen.
n Veevoedsel sluit nie strooi, kaf, ongemaalde hooi, kuilvoer, graankorrels of enige voedsel wat 'n boer vir eie gebruik voorberei, in nie.
Kry die riglyne oor algemene vereistes vir veevoedsel by die Registrateur van Wet 36 van 1947.
Bo
Stappe om te volg
Die aansoek om registrasie van veevoedsel bestaan uit:
n Dekbrief van die registrasiehouer of dié se aangewese verteenwoordiger. Die dekbrief moet die volgende insluit:
die naam van die produk registrasienommer - indien die produk reeds geregistreer is rede vir aansoek toestemmingsbriewe - as toestemming van die registrasiehouer verlang word die korrekte aansoekfooi as jy jou tjek nie saam met die aansoek nie maar afsonderlik aanstuur, moet jy 'n verklarende brief by die tjek aanheg. Tjeks en posorders moet aan die Direkteur-generaal: Landbou uitgemaak word.
Dien 'n aansoekvorm in vir nuwe aansoeke en wysigings aan 'n bestaande registrasie, insluitende verandering van formulering.
Vul die vorms volledig in, sonder om te verwys na vorige aansoeke, bladsynommers of ander produkte .
Die wetlik aangewese persoon, wat verkieslik die registrateur se kontakpersoon by die maatskappy moet wees, moet die aansoekvorms onderteken.
Die naam en registrasienommer van die produk moet gebruik word soos wat dit op die registrasiesertifikaat aangedui word. Enige naamsverandering, hoe klein ook al, sal as 'n wysiging beskou word.
Dien die aansoekvorms by die administrasiekantoor in. As jy aansoeke aan die tegniese raadgewers oorhandig, sal dit die proses vertraag.
Konsepetikette:
dien in tweevoud in dien in Engels en Afrikaans in. Dit is nie nodig om die etikette in albei tale te laat druk nie sorg dat dit duidelik leesbaar en in die korrekte formaat is moet waarskuwings en voorsorgmaatreëls nie nommer nie alle besonderhede op die etiket moet presies met dié op die aansoekvorm ooreenstem.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die registrasie van veevoedsel kan drie tot vier maande duur.
Bo
Koste
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
