Aansoek om 'n sertifikaat vir die invoer van drank
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Invoersertifikaat is nodig om 'n drankproduk na Suid-Afrika te mag invoer. Die invoersertifikaat, of 'n afskrif daarvan, moet getoon word voordat 'n besending toegelaat sal word om die plek van binnekoms te verlaat.
n Invoerder doen slegs een keer tydens die leeftyd van 'n produk om 'n invoersertifikaat aansoek. Daarna kan dieselfde invoersertifikaatnommer gebruik word, mits die samestelling, inhoud, bottelgrootte en etiket van die produk nie verander nie.
n Invoersertifikaat word nie vereis vir produkte met 'n alkoholinhoud van meer as een persent wat ingevoer word vir drinkdoeleindes en deel vorm van die persoonlike bagasie van 'n persoon wat in Suid-Afrika aankom nie, mits sulke produkte:
se totale volume nie 12 liter oorskry nie en uitsluitlik bestem is vir verbruik deur daardie persoon, sy of haar huishouding en sy of haar niebetalende gaste.
Bo
Stappe om te volg
Vul die aansoekvorm in.
Elke aansoek moet vergesel word van 'n monster van ten minste 750 ml van die betrokke produk.
in die geval van 'n gebottelde produk moet die monster ingedien word in die geëtiketteerde bottel waarin dit verkoop sal word dien 'n monster van drank wat by die groot maat ingevoer word in 'n gewone 750 ml-bottel in lewer die monster by die kantoor van die Afdeling Drankprodukte in Stellenbosch af.
Dien 'n aanvaarbare ontledingsertifikaat in, wat deur 'n amptelike laboratorium in die land van oorsprong uitgereik is. Indien so 'n sertifikaat nie beskikbaar is nie, sal die Afdeling Drankprodukte 'n die monsterse chemiese samestelling ontleed.
In die geval van 'n gebottelde produk sal die etiket op die bottel geëvalueer word om te sorg dat dit aan die vereistes van die Wet op Drankprodukte, 1989 voldoen.
Die inhoud van 'n produk wat by die groot maat ingevoer word, sal geëvalueer word. Die etiket word geëvalueer wanneer jy om 'n verkoopsertifikaat aansoek doen.
Die afdeling moet betaling ontvang voordat 'n invoersertifikaat uitgereik kan word.
n Invoersertifikaat sal uitgereik word as:
die inhoud en etiket, in die geval van 'n gebottelde produk en die inhoud, in die geval van 'n grootmaatproduk aan die vereistes van die Wet op Drankprodukte, 1989 voldoen. 'n Besending van die produk mag dan ingevoer word.
Elke keer wanneer 'n besending drank waarvoor 'n invoersertifikaat uitgereik is Suid-Afrika gaan binnekom, moet die Afdeling Gehalteoudit minstens 48 uur vooruit daarvan in kennis gestel word.
Wanneer drankprodukte in Suid-Afrika aankom, moet die invoerder 'n permit van die Afdeling Gehalteoudit verkry om die drank van die plek van binnekoms of die behoueringsdepot af na 'n perseel van sy of haar keuse te neem.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Daar is geen vasgestelde tydsraamwerk vir hierdie diens nie.
Bo
Koste
Invoersertifikaat : R125
Invoersertifikaat : R220
Ontledingvan invoermonster: R310
Ontledingsfooi ooreenkomstig algemene tariewe vir die ontleding van drank
As die invoerder die Afdeling Drankprodukte voorsien van 'n aanvaarbare ontledingsertifikaat wat deur 'n amptelike laboratorium in die land van oorsprong uitgereik is, sal hy of sy die R290 kwytgeskeld word
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
