Aansoek om vir werknemersbelasting te registreer
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Werkgewers moet belasting ingevolge die Lopende Betaalstelsel , oftewel werknemersbelasting, op 'n maandelikse, weeklikse of tweeweeklikse grondslag van werknemers wat daarvoor kwalifiseer se vergoeding aftrek.
Die aftrekking word gedoen volgens tabelle wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens uitgereik word. Werknemersbelasting moet tussen SIBW en LBS verdeel word.
SIBW is 'n soort werknemersbelasting wat net op 'n netto betaling van tot en met R60 000 van toepassing is. SIBW word aan die einde van die belastingjaar vasgestel en mag slegs 'n gedeelte verteenwoordig van die werknemersbelasting wat gedurende die jaar afgetrek is.
Die balans van die werknemersbelasting, na bepaling van sowel die SIBW-deel as die werknemersbelasting op vergoeding wat nie in die netto vergoeding ingesluit is nie, verteenwoordig die LBS.
Bo
Stappe om te volg
Vul 'n aansoekvorm om registrasie in, wat by plaaslike takkantore van die SAID te kry is.
Maatskappye en beslote korporasies wat nie tans vir werknemersbelasting by die SAID geregistreer is nie, moet tydig registreer sodat hulle werknemers wat daarvoor kwalifiseer se werknemersbelasting kan oorbetaal.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Daar is nie 'n vasgestelde tydsduur vir hierdie diens nie.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
