Aansoek om 'n gebruiklike huwelik te registreer
Beskrywing n Gebruiklike huwelik kan ooreenkomstig die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike, 1998 geregistreer word. Dit maak nie saak wanneer jy getroud is nie. In gevalle waar een eggenoot oorlede is, kan die oorlewende eggenoot steeds die huwelik registreer. Registrasie kan by enige kantoor van Binnelandse Sake geskied. Twee bevoegde getuies moet teenwoordig wees.
Gaan jou huwelikstatus aanlyn na.
Kry meer inligting by die Departement van Binnelandse Sake.
Stappe om te volg
Altwee lede van die bruidspaar, asook al die getuies, moet 'n geldige identiteitsdokument toon.
Toon bewys van die bedinging van die huwelik .
Die registrasiebeampte sal aansoekvorm BI-1699 invul as hy of sy tevrede is dat daar 'n gebruiklike huwelik bestaan.
Indien 'n man wat reeds een gebruiklike huwelik gesluit het nóg 'n gebruiklike huwelik wil sluit, moet hy by die Hooggeregshof aansoek doen om 'n bevel wat sy huweliksgoederestelsel reguleer.
Regsraamwerk
Diensstandaard
Verkorte huweliksertifikaat: Dit word onmiddellik uitgereik.
Onverkorte huweliksertifikaat: Dit neem ses tot agt weke om uit te reik.
Koste
Verkorte huweliksertifikaat: R10
Onverkorte huweliksertifikaat: R45
Vorms om in te vul
Aansoek om registrasie van/ondersoek na die bestaan van 'n gebruiklike huwelik, BI-1699
Kontakbesonderhede
