Aansoek om foute in jou identiteitsdokument te laat regmaak
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Suid-Afrikaners wie se identiteitsdokument foute bevat, kan by enige kantoor van Binnelandse Sake aansoek doen om die foute te laat regmaak. Mense in die buiteland kan by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie aansoek doen.
Algemene foute wat in ID's voorkom en wat aansoekers wil laat regmaak, sluit die volgende in:
verkeerde voorname en /of van verkeerde foto verkeerde adres verkeerde geboortedatum verkeerde geslag.
Bo
Stappe om te volg
Vul aansoekvorms BI-9, BI-526 en BI-309 by enige kantoor van Binnelandse Sake in. Doen by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie aansoek as jy in die buiteland is.
Lewer bewys van die regte inligting, bv. 'n geboortesertifikaat, doopseel, brief van die skool of kraamsertifikaat .
Gee twee ID-grootte foto's saam met jou aansoek in.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit kan vier tot ses weke duur.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Let wel: Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.
Bo
Kontakbesonderhede
