Aansoek om doeaneregte te verhoog
Beskrywing
Doeaneregte is 'n heffing wat jy moet betaal wanneer jy goedere na Suid-Afrika invoer. Doeanereg word gehef om bedrywe in die Suid-Afrikaanse Doeane-unie in staat te stel om met ingevoerde goedere mee te ding. Doeanereg bevorder volhoubare ekonomiese ontwikkeling deur internasionale mededingendheid te verbeter en hulpbronne optimaal te benut.
Die algemene neiging op die lang termyn is om doeaneregte te verlaag, maar om die gewone regte op spesifieke produkte onder buitengewone omstandighede te verhoog. ? Verhoging word slegs gunstig oorweeg as die verhoging sou bydra tot nywerheidsontwikkeling in ooreenstemming met die nasionale ekonomiese doelwitte .
Stappe om te volg
Vul die aansoekvorm in, wat slegs by die Departement van Handel en Nywerheid te kry is.
Dien die vorms by die Doeanetarief-ondersoekeenheid in.
Regsraamwerk
Doeane- en Aksynswet, 1964
Diensstandaard
Hierdie aansoek neem tussen vier en twaalf maande om te verwerk.
Koste
Die koste word bepaal deur die soort produkte of goedere in die bedryf waar die diens gelewer word.
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
