Aansoek om adresbesonderhede in die bevolkingsregister te verander
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Suid-Afrikaanse burgers of inwoners wat 'n permanente verblyfspermit het en hullle woon- of posadres in die Nasionale Bevolkingsregister wil laat verander, kan by enige kantoor van Binnelandse Sake daarvoor aansoek doen. Aansoeke kan ook by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie ingedien word as jy in die buiteland is.
Bo
Stappe om te volg
Skryf 'n brief en pos of faks dit na enige kantoor van Binnelandse Sake.
Heg 'n afskrif van jou identiteitsdokument by die brief aan.
Jy kan ook aansoekvorm BI-4 invul.
Toon jou geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument met 'n staafkode of jou geboortesertifikaat wanneer jy aansoek doen.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit kan tot twee weke neem om jou aansoek te verwerk.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Let wel: Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.
Bo
Kontakbesonderhede
