Aansoek om 'n sterfte aan te meld
Beskrywing n Doodsertifikaat is 'n amptelike dokument wat aan die oorledene se familie uitgereik word wanneer 'n sterfte geregistreer word. Wanneer 'n buitelander in Suid-Afrika sterf, word die rekord geliasseer en 'n volledige doodsertifikaat word aan die familie uitgereik. Aansoeke kan by enige kantoor van Binnelandse Sake ingedien word, of by die Suid-Afrikaanse ambassade of missie as jy in die buiteland aansoek doen.
Kry meer inligting by die Departement van Binnelandse Sake.
Stappe om te volg
Skryf 'n brief met al die besonderhede van die oorledene en pos dit aan die naaste kantoor vir Binnelandse Sake as daar nie so 'n kantoor in jou omgewing is nie.
Geen begrafnis sal plaasvind sonder 'n begrafnisorder nie. 'n Begrafnisorder is 'n sertifikaat wat magtiging verleen vir die begrafnis en vir die verwydering van die lyk uit die omgewing waar die dood ingetree het na die omgewing waar die begrafnis sal plaasvind. 'n Begrafnisorder kan uitgereik word deur n personeellid van Binnelandse Sake wat daartoe gemagtig is;
lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens ; of begrafnisondernemers wat magtiging het om 'n begrafnisorder uit te reik.
Regsraamwerk
Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes, 1992
Diensstandaard
Verkorte sertifikaat: Word by registrasie van 'n sterfte uitgereik.
Onverkorte sertifikaat: Verwerking van die aansoek kan agt tot 12 weke neem.
Koste
Verkorte sertifikaat: R10
Volledige sertifikaat: R45
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
