﻿
Aansoek om 'n minderjarige persoon se van te verander
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

Beskrywing

'n Ouer kan aansoek doen om 'n minderjarige se van te verander as

die kind buite die eg gebore is en die moeder met iemand anders as die biologiese vader van die kind getrou het
die huwelik met die vader van die kind deur egskeiding of dood beëindig is en die moeder weer getroud is
die moeder  weer haar nooiensvan of vorige getroude van terugneem of
die kind wat buite die eg gebore is se geboorte op sy of haar biologiese pa se naam geregistreer is.

Bo

Stappe om te volg

Vul aansoekvorm BI-193 by enige kantoor vir Binnelandse Sake in. Doen by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie aansoek as jy in die buiteland is.
Dien geskrewe goedkeuring in van die man wie se van die kind aanneem.
Dien geskrewe toestemming deur altwee ouers in, met genoegsame redes vir die verandering .
Die biologiese pa moet skriftelik toestemming verleen, behalwe as 'n hof met jurisdiksie verklaar dat dit onnodig is.

Bo

Regsraamwerk



Identification Act, 1997  

Bo

Diensstandaard

Dit kan vier tot ses weke neem om die aansoek te verwerk.

Bo

Koste

R58

Bo

Vorms om in te vul



Change of surname of a minor, BI-193

Bo

Kontakbesonderhede


