ansoek om heruitreiking van 'n identiteitsdokument
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Identiteitsdokument is 'n dokument wat 'n mens se identiteit bewys. Dit word aan Suid-Afrikaanse burgers of permanente verblyfhouers wat 16 jaar of ouer is, uitgereik.
n ID word aan die volgende persone heruitgereik:
Persone wie se ID weggeraak het, gesteel is of beskadig is.
Persone wat aansoek doen om hulle persoonlike besonderhede te laat verander.
Persone wie se burgerskapstatus verander het.
Vroue wat in die huwelik getree het of vroue wat enige van hulle vorige vanne wil terugneem.
Persone wat tydelik in die buiteland bly, maar voorheen 'n ID gehad het.
Immigrante wat 'n geldige permanente verblyfpermit het.
Bo
Stappe om te volg
Vul aansoekvorm BI-9 by enige kantoor van Binnelandse Sake in. Doen by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie aansoek as jy in die buiteland is.
Toon jou geboortesertifikaat of 'n ou identiteitsdokument wat voor 1 Julie 1986 uitgereik is.
Gee twee ID-grootte foto's in.
Laat jou vingerafdrukke neem om in die bevolkingsregister opgeneem te word.
Toon jou huweliksertifikaat as jy getroud is.
n Vrou wat aansoek doen om 'n identiteitsdokument en enige van haar vorige vanne wil terugneem, moet bewys lewer dat sy die reg het om daardie van te mag gebruik.
n Immigrant wat om 'n ID aansoek doen, moet 'n permanente verblyfpermit, naturalisasie- of vrystellingsertifikaat aanheg.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard n Paspoort kan binne ses tot agt weke uitgereik word.
Bo
Koste
Bo
Vorms om in te vul
Let wel: Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.
Bo
Kontakbesonderhede
