

Aansoek om afstanddoening van Suid-Afrikaanse burgerskap

Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

Beskrywing

Suid-Afrikaners wat aansoek wil doen vir burgerskap in 'n land wat nie dubbele burgerskap toelaat nie, moet aansoek doen om van hulle Suid-Afrikaanse burgerskap afstand te doen. Dit beteken dat jy van die oomblik dat die aansoek goedgekeur is, nie meer 'n Suid-Afrikaanse burger is nie. Minderjariges sal ook nie meer Suid-Afrikaanse burgers wees nie, tensy een van die ouers steeds 'n Suid-Afrikaanse burger is.

Bo

Stappe om te volg

Vul aansoekvorm BI-246, BI-529 en BI-9 by enige kantoor vir Binnelandse Sake in. Doen by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie aansoek as jy in die buiteland woon.
Dien alle Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente  by 'n kantoor van Binnelandse Sake, Suid-Afrikaanse ambassade of missie in.
Dien twee ID-grootte foto's in.

Bo

Regsraamwerk



South African Citizenship Act, 1995  

Bo

Diensstandaard

Dit neem agt tot 12 weke om hierdie diens te lewer.

Bo

Koste

Die diens is gratis.

Bo

Vorms om in te vul



Determination of South African citizenship status, BI-529 
Renunciation of South African citizenship BI-246 
Application for an identity document form 

Let wel: Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.

Bo

Kontakbesonderhede


