Aansoek om registrasie van 'n korting
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Hierdie diens verstrek inligting oor hoe jy te werk moet gaan om 'n korting by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens te registreer. Hierdie korting is 'n afslag op die invoerbelasting wat by die invoer van goedere betaal moet word.
Bo
Stappe om te volg
Die aansoekvorm moet deur die applikant self ingevul word en nie deur 'n derde party nie, anders sal die aansoek nie oorweeg word nie.
Gaan na die Korting-blokkie in die deel Kliënttipes van die Registrasie-gedeelte.
Verstrek die volgende inligting in die Handelsbesonderhede-gedeelte :
jou besigheid se handelsnaam die straatnaam en nommer van die kortingspakhuis die naam en nommer van die vloer in die gebou waar die besigheid bedryf word die voorstad waarin die besigheid geleë is die stad of dorp waarin die besigheid geleë is die straatkode van die voorstad waarin die besigheid geleë is.
Die Magtiging om aansoek te doen-gedeelte moet deur die applikant voltooi word wanneer daar om registrasie as 'n kortinggebruiker aansoek gedoen word.
Die naam van die applikant of die geregistreerde naam van die entiteit, en nie die handelsnaam nie, moet hier ingevul word.
op al die plekke waar die asterisk () voorkom, moet jy skrap wat nie van toepassing is nie.
Verstrek die volgende inligting in die gedeelte getiteld Besonderhede van kortingspakhuis:
n Beskrywing van die goedere wat in die kortingspakhuis geberg sal word die tariefopskrifte/items van die ingevoerde goedere wat in die kortingspakhuis geberg gaan word die kortingitems onder skedule 3, 4, 5 en 6
n Beskrywing van die ingevoerde produkte/grondstowwe.
Verstrek die volgende inligting in die Verklaring-gedeelte:
die van en voorletters van die persoon wat om lisensiëring aansoek doen die status van die applikant, byvoorbeeld direkteur, bestuurder, eienaar die datum waarop die aansoek onderteken is die plek waar die aansoek onderteken is.
Die applikant moet die aansoekvorm teken.
Dien die ingevulde vorm by die naaste doeane- en aksynskantoor van die SAID in.
Heg oorspronklike of gewaarmerkte kopieë van die volgende dokumente aan:
die besigheid se registrasiesertifikaat, wat deur die Registrateur van Maatskappye of, in die geval van 'n trust, deur die Meester van die Hooggeregshof uitgereik is besluit of toestemming, of enige ander toepaslike gesag n Permit van die Departement van Handel en Nywerheid formules indien daar ingevolge kortingitem 607.04.10, 607.04.10, 607.04.10 en 607.04.10 aansoek gedoen word
Identiteitsdokument in die geval van 'n Suid-Afrikaanse burger, of paspoort in die geval van 'n nie-ingesetene vir:
n individu vennote in beslote korporasies en trusts - alle lede, vennote of trustees n maatskappy - alle direkteure, insluitende die besturende direkteur en finansiële direkteur.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die diens is gratis.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
