Aansoek om registrasie as 'n invoerder
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Hierdie diens gee inligting oor hoe om as invoerder by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens te registreer.
Bo
Stappe om te volg
Die aansoekvorm moet deur die applikant self ingevul word en nie deur 'n derde party nie, anders sal die aansoek nie oorweeg word nie.
Raadpleeg die aansoekgids om jou deur die registrasieproses te help.
In die afdeling Soort kliënt:
merk die die invoerder-blokkie, onder registrasie.
Verstrek die volgende inligting in die afdeling Invoerdersbesonderhede:
jou onderneming se handelsnaam jou onderneming se straatnaam en -nommer die naam en verdiepingnommer van die gebou waarin die onderneming bedryf word die voorstad waarin die onderneming geleë is die stad of dorp waarin die onderneming geleë is die straatkode van die voorstad waarin die onderneming geleë is wie verantwoordelik sal wees vir die opstel en voorlegging van dokumente aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens; en of jy die dokumente sal opstel en voorlê, en of 'n agent aangestel sal word om dit te doen.
Die afdeling Magtiging om aansoek te doen moet ingevul word deur die persoon wat aansoek doen om registrasie as 'n invoerder.
Die naam van die applikant of die geregistreerde naam van die besigheid, en nie die handelsnaam nie, moet hier ingevul word.
waar 'n asterisk () voorkom, moet jy dit wat nie van toepassing is nie skrap.
In die afdeling Verklaring moet jy die volgende inligting verstrek:
die voorletters en van van die persoon wat om registrasie aansoek doen die status van die aansoeker, bv. direkteur, bestuurder, eienaar die aansoeker moet die aansoekvorm onderteken die datum waarop die aansoek onderteken is die plek waar die aansoek onderteken is.
Vul die aansoekvorm in en handig dit in by die naaste SAID-doeane-en-aksynskantoor in.
Heg oorspronklike of gewaarmerkte kopieë van die volgende dokumente by die aansoekvorm aan:
die onderneming se registrasiesertifikaat, soos uitgereik deur die registrateur van maatskappye of, in die geval van 'n trust, deur die meester van die hooggeregshof besluit van toestemming, of enige ander toepaslike magtiging n Permit van die Departement van Handel en Nywerheid - indien van toepassing formules - indien daar ingevolge kortingsitem 607.04.10, 607.04.10, 607.04.10 en 607.04.10 aansoek gedoen word identiteitsdokumente - in die geval van 'n Suid-Afrikaanse burger paspoortdokumente - in die geval van 'n nie-inwonende :
individu vennote in 'n beslote korporasie of trust: alle lede, vennote of trustees n maatskappy: alle direkteure, insluitende die besturende direkteur en die finansiële direkteur.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Daar is nie 'n vasgestelde tydsraamwerk vir hierdie diens nie.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
