Aansoek om registrasie as 'n uitvoerder
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Hierdie diens verstrek inligting oor hoe om as 'n uitvoerder by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens te registreer.
Die aansoekvorm moet deur die applikant self ingevul word en nie deur 'n derde party nie.
Bo
Stappe om te volg
Raadpleeg die aansoekgids om jou met die registrasieproses te help.
Kies die Uitvoerder-blokkie in die Registrasie-gedeelte.
Verstrek die volgende inligting by Uitvoerdersbesonderhede:
die handelsnaam van jou besigheid die straatnaam- en nommer van die besigheid die naam en vloernommer van die gebou waar die besigheid bedryf word die voorstad waarin die besigheid geleë is die stad of dorp waar die besigheid geleë is die poskode van die voorstad waarin die besigheid geleë is wie verantwoordelik sal wees vir die opstel en voorlegging van dokumente aan die SAID
of jy die dokumente self sal opstel en voorlê en of 'n agent aangestel sal word om dit te doen verklaar of jy beplan om ingevolge die AGOA-ooreenkoms goedere na die Verenigde State van Amerika uit te voer.
Die Magtiging om aansoek te doen-gedeelte moet ingevul word deur die persoon wat aansoek doen om registrasie as 'n uitvoerder en/of as 'n uitvoerder vir/namens AGOA.
Die naam van die applikant of die geregistreerde naam van die entiteit, en nie die handelsnaam nie, moet hier ingevul word.
Op al die plekke waar die asterisk () voorkom, moet jy skrap wat nie van toepassing is nie.
Verstrek die volgende inligting in die Verklaring-gedeelte:
die van en voorletters van die persoon wat om registrasie aansoek doen die status van die aansoeker, bv. direkteur, bestuurder, eienaar die datum waarop die aansoek onderteken is die plek waar die aansoek onderteken is
Die aansoeker moet die aansoekvorm onderteken.
Vul die vorm in en handig dit in by die SAID se naaste doeane- en aksynskantoor in.
Heg oorspronklike of gewaarmerkte kopieë van die volgende dokumente aan:
registrasiesertifikaat van die besigheid, wat deur die Registrateur van Maatskappye of, in die geval van 'n trust, deur die Meester van die Hooggeregshof uitgereik is
Besluit of toestemming, of enige ander toepaslike gesag n Permit van die Departement van Handel en Nywerheid
Formules indien daar ingevolge kortingitem 607.04.10, 607.04.10, 607.04.10 en 607.04.10 aansoek gedoen word
Identiteitsdokumente in die geval van 'n Suid-Afrikaanse burger, of paspoort in die geval van 'n nie-ingesetene:
individu vennote in 'n beslote korporasie en trust - alle lede, vennote of trustees maatskappy - alle direkteure, insluitende die besturende direkteur en finansiële direkteur.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Daar is nie 'n vasgestelde tydsduur vir hierdie diens nie.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
