Aansoek om registrasie as vervaardiger ingevolge die AGOA-wet
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Bo
Stappe om te volg
Laai die elektroniese aansoekvorm af of kry dit by jou naaste SAID-kantoor.
Die aansoekvorm moet deur die aansoeker self ingevul word en nie deur 'n derde party nie, anders sal die aansoek nie oorweeg word nie.
Raadpleeg die aansoekgids om jou deur die lisensiëringsproses te help.
jou onderneming se handelsnaam die plek waar die onderneming fisies geleë is die straatnaam en -nommer van die onderneming die voorstad waarin die onderneming geleë is die stad of dorp waar die onderneming geleë is die poskode van die voorstad waarin die onderneming geleë is.
Die afdeling Authority to Apply moet deur die alleeneienaar, direkteur, vennote, lid, trustee, of persoon wat die besigheid bestuur ingevul word wanneer daar aansoek gedoen word om as 'n doeane-en-aksyns spesiale vervaardiger vir AGOA geregistreer te word.
Die naam van die aansoeker of die geregistreerde naam van die entiteit, en nié die handelsnaam nie, moet in hierdie veld ingevul word.
waar 'n asterisk () voorkom, skrap dit wat nie van toepassing is nie.
In die afdeling Declaration moet jy die onderstaande inligting verstrek:
die voorletters en van van die persoon wat om lisensiëring aansoek doen die aansoeker se status, bv. direkteur, bestuurder, eienaar die aansoeker moet die aansoekvorm onderteken die datum waarop die aansoek onderteken is die plek waar die aansoek onderteken is.
Vul die aansoekvorm in en handig dit by die naaste SAID-doeane-en-aksynskantoor in.
Heg oorspronklike of gewaarmerkte kopieë van die volgende dokumente by die aansoekvorm aan:
die onderneming se registrasiesertifikaat, soos uitgereik deur die registrateur van maatskappye of, in die geval van 'n trust, deur die meester van die hooggeregshof besluit, toestemming, of enige ander toepaslike magtiging n Permit van die Departement van Handel en Nywerheid - indien van toepassing formules - indien daar ingevolge kortingsitem 607.04.10, 607.04.10, 607.04.10 en 607.04.10 aansoek gedoen word identiteitsdokumente - in die geval van 'n Suid-Afrikaanse burger
Paspoortdokumente - in die geval van:
n nie-inwonende individu n beslote korporasie en trust: alle lede, vennote of trustees n maatskappy: alle direkteure, insluitende die besturende direkteur en die finansiële direkteur.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Daar is nie 'n vasgestelde tydsraamwerk vir hierdie diens nie.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
