Aansoek om erkenning van 'n plantvariëteit
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Voordat voortplantingsmateriaal van enige variëteit van dié soorte plante wat ingevolge die Plantverbeteringswet, 1976 verklaar is in Suid-Afrika verkoop mag word, moet die benamings van sodanige variëteite in 'n variëteitslys opgeneem word.
Die Departement van Landbou hou die variëteitslyste van die belangrikste landbou-, groente- en vrugtegewasse by. Die verklaring van gewasse vir die doeleindes van die Wet en hulle opname in die variëteitslyste word op versoek gedoen. Die bepalende faktor is die belangrikheid van die gewas vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.
Enige persoon of instansie mag om die erkenning van 'n variëteit aansoek doen. 'n Variëteit kwalifiseer om gelys te word as dit voldoen aan die DUS-vereistes en as die variëteit 'n aanvaarbare benaming het.
Bo
Stappe om te volg
Dien die volgende by die Registrateur: Plantverbetering in:
n volledig ingevulde aansoekvorm n tegniese vraelys die voorgeskrewe aansoek- en ondersoeksfooi saad of voortplantingsmateriaal, en geskrewe magtiging deur die eienaar indien jy nie self die variëteit gekweek, geselekteer of ontwikkel het nie.
Dui duidelik op die tegniese vraelys aan met watter ander variëteite wat in Suid-Afrika bekend is die nuwe variëteit vergelyk moet word om sy onderskeidende eienskappe te bepaal.
Dokumente en voortplantingsmateriaal moet op voorgeskrewe datums by die Registrateur ingedien word. Hierdie datums, asook inligting oor die hoeveelheid voortplantingsmateriaal wat ingedien moet word en die plek van indiening, kan by die Registrateur aangevra word.
As beskerming ingevolge planttelersregte ook nodig is, word aansoekers aangeraai om die aansoeke gelyktydig in te dien om tyd en geld te bespaar.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die variëteitslystingproses strek oor minstens een groeiseisoen.
Bo
Koste
Aansoekfooi vir erkenning van 'n variëteit: R790
Ondersoekfooi vir erkenning van 'n variëteit:
kategorie A : R900
kategorie B : R1 100
kategorie C : R1 900
Aansoek om wysiging of uitbreiding van die benaming van 'n variëteit wat reeds op die variëteitslys verskyn: R1 500
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
