﻿
Aansoek om 'n permanente verblyfpermit – uitsonderlike vaardighede
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

Beskrywing

Hierdie diens is bedoel vir 'n persoon met uitsonderlike vaardighede of kwalifikasies. Aansoeke kan by enige kantoor vir Binnelandse Sake ingedien word, of by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie as jy in die buiteland aansoek doen. Jy hoef nie reeds 'n werksaanbod in Suid-Afrika te hê om aansoek te doen nie.

Bo

Stappe om te volg

Vul aansoekvorm BI-947 en BI-29 in. Om die uitsonderlikheid van jou vaardighede of kwalifikasies aan die Departement te bewys, moet jy 'n brief van 'n buitelandse of Suid-Afrikaanse staatsorgaan, of van 'n gevestigde akademiese, kulturele of sakeliggaam in Suid-Afrika indien wat jou uitsonderlike vaardighede of kwalifikasies bevestig.
Dien 'n curriculum vitae en enige ander bewys van uitsonderlike vaardighede en/of kwalifikasies in.
Jy mag ook getuigskrifte van voormalige werkgewers indien om gewig aan jou aansoek te verleen.

Bo

Regsraamwerk



Immigration Act, 2002 , as amended 

Bo

Diensstandaard

Daar is geen vasgestelde tydsraamwerk vir hierdie diens nie.

Bo

Koste

R1 520

Bo

Vorms om in te vul



Application for permanent residence permit 

Power of attorney in respect of an application/extension of  immigration permit or temporary residence 


Bo

Kontakbesonderhede


