Aansoek om naturalisasie
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Enigiemand met 'n Suid-Afrikaanse permanente verblyfpermit kwalifiseer na vyf jaar van permanente verblyf om vir Suid-Afrikaanse burgerskap deur naturalisering aansoek te doen.
Enigiemand wat met 'n Suid-Afrikaanse burger getroud is, kwalifiseer twee jaar na ontvangs van sy of haar permanente verblyfspermit wat by huweliksluiting uitgereik is vir naturalisasie.
n Kind onder die ouderdom van 21 jaar wat 'n permanente verblyfpermit het, kwalifiseer by uitreiking van die permit dadelik vir naturalisasie.
Bo
Stappe om te volg
Vul vorms BI-63 en BI-757 by enige kantoor van Binnelandse Sake in. Doen by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie aansoek as jy in die buiteland aansoek doen.
Toon 'n geldige permanente verblyfpermit of vrystellingspermit.
Vul vorm SAP vir 'n polisieklaringsertifikaat in en verskaf 'n volledige stel vingerafdrukke.
Vul aansoekvorm BI-9 in en dien dit saam met 'n volledige stel vingerafdrukke en twee ID-grootte foto's in as jy ouer as 15 jaar is sodat 'n identiteitsdokument aan jou uitgereik kan word as jou aansoek om naturalisasie goedgekeur word.
Die verantwoordelike ouer kan te eniger tyd namens die minderjarige aansoek doen, mits die minderjarige wettiglik en permanent in Suid-Afrika woon.
Indien jou aansoek goedgekeur word, sal jy gevra word om die verklaring van trou te onderteken en 'n naturalisasiesertifikaat met 'n R-nommer sal aan jou uitgereik word.
n Identiteitsdokument sal uitgereik en aan jou gestuur word.
Aansoekers wie se aansoek afgekeur is, sal daarvan in kennis gestel word.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit kan twee tot vier maande neem om 'n aansoek te verwerk.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Let wel: Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.
Bo
Kontakbesonderhede
