﻿
Aansoek om onderhoud    

Beskrywing

Onderhoud is die plig om 'n ander persoon, byvoorbeeld 'n minderjarige, te voorsien van huisvesting, voedsel, klere, onderwys en mediese sorg, of om die middele te verskaf wat nodig is om dié persoon van hierdie noodsaaklikhede te voorsien.

Hierdie regsplig om te onderhou word "die onderhoudsplig" genoem.



Wie moet onderhoud verskaf?



Die onderhoudsplig ontstaan deur middel van bloedverwantskap, aanneming, of huweliksluiting van die partye met mekaar.



'n Kind moet onderhou word deur

sy of haar ouers, ongeag of hulle getroud is, saamwoon, uitmekaargegaan het of geskei is, insluitend ouers wat die kind aangeneem het; en/of
sy of haar grootouers, ongeag of die kind se ouers met mekaar getroud was of nie. Hierdie situasie verskil egter van geval tot geval.



Die plig om 'n familielid te onderhou is nie beperk tot die onderhoud van 'n kind nie. Enige familielid, ongeag sy of haar ouderdom, kan onderhoud vra van enige familielid, mits daar aan die volgende twee vereistes voldoen word:

Die familielid wat onderhoud eis is nie in staat om homself of haarself te onderhou nie.
Die familielid van wie onderhoud geëis word, kan die onderhoud wat geëis word, bekostig.
Watter uitgawes mag geëis word?

Jy mag sodanige onderhoud eis as wat redelikerwys noodsaaklik is om die kind of ander persoon wat op onderhoud geregtig is, te voorsien van 'n behoorlike opvoeding en bestaan. Dit sluit die verskaffing van noodsaaklikhede soos voedsel, klere en behuising in, en dit dek ook die kostes verbonde aan die voorsiening van behoorlike onderrig. Die hof is ook by magte om die vader te beveel om by te dra tot die betaling van laying-in expenses?? en onderhoud van die kind se geboortedatum af tot op die dag waarop die onderhoudsbevel toegestaan word. Die hof kan ook 'n bevel verleen ten opsigte van die betaling van mediese onkoste, of hy kan beveel dat die kind as 'n afhanklike op die mediese fonds van een van die partye geregistreer moet word. Ten einde die hof in staat te stel om 'n billike onderhoudsbevel te verleen, moet albei die partye die hof van bewys van hulle uitgawes voorsien.



Jou kinders se reg op onderhoud is nie afhanklik van jou siening van die ander ouer se gedrag nie. Jy moet steeds onderhoud betaal, selfs indien die ander ouer

weer trou;
by 'n ander verhouding betrokke is;
jou nie toelaat om die kinders te besoek nie; of
indien enige van die partye later nog kinders het.

Jou plig om onderhoud te betaal en jou reg op toegang tot jou kinders is twee heeltemal verskillende sake, wat op geen manier van mekaar afhanklik is nie. Indien enige van die partye nog kinders sou hê, sal dit geen invloed op die onderhoudsplig uitoefen nie. Furthermore, children of either party do not influence the duty to support. Die onderhoudsbedrag wat betaal moet word, kan egter deur die hof gewysig word indien enige van die partye so 'n aansoek sou bring.



Kry meer inligting by Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling. 


Stappe om te volg
Doen om onderhoud aansoek by die landdrofhof in die distrik waar jy woon.
Jou plaaslik hof sal vir jou kan sê by watter hof jy om onderhoud aansoek moet doen indien jy nie seker is nie.
Gaan na die aangewese hof, vul vorm A: Aansoek om 'n onderhoudsbevel  in, en handig dit in.
Saam met die voltooide vorm moet jy ook bewys indien van jou maandelikse inkomste en uitgawes, soos kwitansies vir voedselaankope, die elektrisiteitrekening en/of betaling van huishuur.
Die hof sal jou voorsien van 'n datum waarop jy en die respondent  na die hof toe moet gaan.
'n Onderhoudsbeampte en 'n ondersoeker sal jou eis ondersoek en jou omstandighede nagaan.
Die hof sal 'n dagvaarding  op die respondent  laat beteken om op 'n sekere dag in die hof te verskyn ten einde die aangeleentheid te bespreek.
Die respondent het nou die keuse om toe te stem tot betaling van die onderhoud wat geëis word, of om die aangeleentheid in die hof teen te staan.
Indien die respondent instem om onderhoud te betaal, sal 'n landdros die relevante dokumente nagaan. Die landdros sal dan 'n bevel maak, en hy of sy mag besluit om dit te doen sonder om van die partye te vereis om in die hof te verskyn. Indien die persoon wat na bewering aanspreeklik is vir die betaling van onderhoud nie toestem tot die verlening van 'n onderhoudsbevel nie, moet hy of sy in die hof verskyn, waar getuienis van albei die partye én hulle onderskeie getuies aangehoor sal word.
Indien die hof bevind dat 'n persoon aanspreeklik is vir die betaling van onderhoud, sal hy 'n bevel maak waarin hy bepaal hoeveel onderhoud betaal moet word. Die hof sal ook bepaal wanneer en hoe onderhoudsbetalings gemaak moet word.
Die hof kan beveel dat onderhoudsgeld op een van die volgende maniere betaal moet word:
By die plaaslike landdroskantoor of enige ander regeringskantoor wat vir hierdie doel aangewys is
Inbetaling in die bank- of bougenootskaprekening wat deur die betrokke persoon verstrek is
Regstreeks aan die persoon wat op die geld geregtig is
Deur middel van 'n bevel wat aan die werkgewer van persoon wat aanspreeklik is vir die betaling van onderhoud opdrag gee om die onderhoudsbetalings regstreeks van sy werknemer se salaris af te trek, in ooreenstemming met die Wet op Onderhoud, 1998


Regsraamwerk

Wet op Onderhoud, 1998  en verwante Regulasies

Diensstandaard

Jy sal as 'n gelyke behandel word, met waardigheid en menslikheid.
Klagtes sal so gou en doeltreffend as moontlik hanteer word.
Daar is geen voorgeskrewe tydsraamwerk vir hierdie diens nie. Die hele proses, van die inhandiging van jou aansoek totdat jy jou eerste onderhoudsbetaling ontvang, kan etlike weke duur, afhangende van die samewerking van albei partye.
Getuies wat die verrigtinge bywoon, insluitend die persoon wat onderhoud eis, is geregtig op die voorgeskrewe bestaans- subsistence en reistoelaes. Die hof sal egter sy eie diskresie gebruik om te besluit of so 'n toelaag betaal sal word aan die persoon teen wie 'n onderhoudsbevel moontlik gegee kan word.
Die persoon wat onderhoud eis, moet by die onderhoudsbeampte aansoek doen om die betaling van die getuies se fooie.

Koste

Hierdie diens is gratis.

Vorms om in te vul

Form A: Application for Maintenance Order
Form B: Substitution or Discharge of existing Maintenance Order
Form C1: Subpoena in terms of Section  of the Maintenance Act, 1998 
Form C2: Subpoena in terms of Section  of the Maintenance Act, 1998
Form D: Notification to admit Statements by Witnesses
Form E: Maintenance Order in terms of section 16 of the Maintenance Act, 1998
Form F: Notice to make Maintenance Payments on behalf of person against whom Maintenance Order was made
Form G: Consent and Maintenance Order in terms of section 17 read with Section 16 of the Maintenance Act, 1998
Form H: Order by Default and Notice in terms of Section 18 read with Section 16 of the Maintenance Act, 1998
Form I: Application for Variation/Setting Aside of an Order by Default in terms of Section 19  of the Maintenance Act, 1998
Form J: Notice in terms of Section 19 of the Maintenance Act, 1998
Form J: Application for Enforcement of Maintenance or other Order in terms of Section 26 of the Maintenance Act, 1998
Form L: Warrant of execution against Property in terms of Section 27 of the Maintenance Act
Form M: Application for Setting Aside of a warrant of Execution in terms of section 27 of the Maintenance Act, 1998
Form N: Application for Suspension, Amendment or Rescission of an Order for the attachment of Emoluments in terms of Section 28 of the Maintenance Act, 1998
Form O: Notices to and by Employer in terms of Section 29 of the Maintenance Act, 1998
Form P: Application for Suspension, Amendment or Rescission of an Order for the attachment of Debts in terms of Section 30 of the Maintenance Act, 1998
Form Q: Complaint of Failure to Comply with a Maintenance Order for purposes of Section 31 of the Maintenance Act, 1998




Kontakbesonderhede

Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling


