﻿

Aansoek om 'n permanente verblyfpermit – gesinsherenigingsplan

Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

Beskrywing

Hierdie diens is bedoel vir voornemende permanente inwoners wat op grond van hulle verwantskap met burgers of permanente inwoners van Suid-Afrika om 'n permanente verblyfpermit aansoek wil doen. Slegs familielede in die eerste linie van verwantskap, dit wil sê biologiese en wettig aangenome kinders of aannemende ouers en stiefouers, kwalifiseer vir 'n permanente verblyfpermit.

Aansoeke kan by enige kantoor van Binnelandse Sake ingedien word, of by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie as jy in die buiteland aansoek doen.

Bo

Stappe om te volg

Vul aansoekvorm BI-947 en BI-29 in.
Die Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner moet 'n geskrewe onderneming indien waarin hy of sy finansiële, mediese en fisiese verantwoordelikheid vir die aansoeker aanvaar. As die familielid egter die ouer van 'n minderjarige kind is, is hierdie onderneming nie nodig nie.

Bo

Regsraamwerk



Immigration Act, 2002 , as amended 

Bo

Diensstandaard

Daar is geen voorgeskrewe tydsraamwerk vir hierdie diens nie.

Bo

Koste

R1 520

Bo

Vorms om in te vul



Application for permanent residence permit , BI-947 

Power of attorney in respect of an application/extension of  immigration permit or temporary residence, BI-29 


Bo

Kontakbesonderhede


