﻿

Aansoek om uitstel vir die indiening van inkomstebelastingopgawes

Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

Beskrywing

'n Belastingbetaler mag aansoek doen om uitstel van die datum waarop sy belastingopgawe ingedien moet word.

'n Versoek om uitstel vir die indiening van 'n inkomstebelastingopgawe sal geweier word indien enigeen van die onderstaande op die belastingbetaler se rekord van toepassing is:

Die belastingbetaler se adres is nie aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens  bekend nie.
Die belastingbetaler se rekord is nie aktief nie.
Die maatskappy of beslote korporasie of trust is slapend/rustend.
Die belastingbetaler het geëmigreer.
Die belastingbetaler se rekord is as 'n boedel aangeteken, bv. weens dood, insolvensie of likwidering.
'n Opgawe is reeds ontvang vir die spesifieke jaar waarvoor die aansoek ingedien is.
'n Finale aanskrywing of dagvaarding is vir 'n spesifieke belastingjaar uitgereik.
Opgawes vir inkomstebelasting  is uitstaande sonder dat die nodige reëlings daarvoor getref is en die inhandigingsdatums vir daardie opgawes het reeds verstryk.
Bedrae wat aan inkomstebelasting verskuldig is, is uitstaande sonder dat daar reëlings vir uitstel getref is.
'n Opgawe vir hierdie periode of jaar is nie uitgereik nie.
Die belastingbetaler is nie in die huidige belastingjaar vir belasting aanspreeklik nie.
Die aansoek om uitstel oorskry die maksimum toegelate periode vir daardie belastingbetalerskategorie.
Die belastingbetaler se rekord word van een area na 'n ander oorgedra.
Opgawes of bedrae vir BTW is uitstaande sonder dat die nodige reëlings daarvoor getref is – die inhandigingsdatums vir daardie opgawes het verval, en daar is geen reëlings om uitstel van die betaling van die uitstaande bedrae getref nie.
'n LBS-rekonsiliasiestaat of -opgawe of -bedrag is uitstaande sonder dat die nodige reëlings daarvoor getref is – die inhandigingsdatums vir daardie state of opgawes het verval, en daar is geen reëlings om uitstel van die betaling van die uitstaande bedrae getref nie.

Bo

Stappe om te volg

Vra op die SAID-webwerf of per e-pos uitstel vir die indiening van'n inkomstebelastingopgawe.
Rig 'n versoek om spesiale uitstel deur 'n brief aan jou naaste SAID-takkantoor te skryf.

Bo

Regsraamwerk

Income Tax Act, 1962  

Bo

Diensstandaard

Sodra jou versoek verwerk is, sal jy per e-pos van die uitslag in kennis gestel word. Die e-posadres wat jy verstrek het, sal gebruik word. As jy nie 'n e-posadres verstrek nie, kan jy ná een werksdag by jou naaste SAID-takkantoor navraag doen.

Bo

Koste

Die diens is gratis.

Bo

Vorms om in te vul

Registreer aanlyn .

Bo

Kontakbesonderhede


