Aansoek om vrystelling van inkomstebelasting
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing kry voorkeurbelastingbehandeling van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens . Hierdie voorkeurbehandeling is egter net van toepassing op organisasies wat aan die bepalings van die Wet op Organisasies sonder Winsoogmerk, 1997 en verwante wetgewing voldoen.
Organisasies wat vir vrystelling aansoek wil doen, moet in een van die onderstaande kategorieë val:
n Maatskappy wat ooreenkomstig Artikel 21 van die Maatskappywet, 1973 ingelyf is. So 'n artikel 21-maatskappy moet 'n akte van oprigting as stigtingsdokument hê en by die Registrateur van Maatskappye geregistreer wees.
n Trust met 'n stigtingsdokument en 'n trustakte. Die trust moet by die Meester van die Hooggeregshof geregistreer wees.
n Vereniging van persone. Dit moet 'n vrywillige vereniging van persone wees wie se sake ooreenkomstig 'n grondwet gereël word.
As die stigtingsdokument nie aan die voorwaardes van Artikel 30 van die Wet op Organisasies sonder Winsoogmerk, 1997 voldoen nie, moet 'n geskrewe onderneming wat deur die aansoeker onderteken is, saam met die aansoekvorm ingedien word. Die vorige vrystelling sal dan steeds van toepassing bly totdat die SAID die aansoeker oor 'n beslissing ingevolge die nuwe wetgewing in kennis gestel het.
Bo
Stappe om te volg
Organisasies wat tans nie formeel van inkomstebelasting vrygestel is nie, kan 'n ingevulde aansoekvorm indien, saam met die nodige ondersteunende dokumente en die ondertekende geskrewe onderneming waarin persone wat in 'n fidusiêre hoedanigheid optree, onderneem om aan die voorwaardes van Artikel 30 van die Wet op Organisasies sonder Winsoogmerk, 1997, te voldoen.
Die volgende ondersteunende dokumente moet saam met die aansoekvorm ingedien word:
maatskappy: Heg 'n kopie van die akte van oprigting aan trust: Heg 'n kopie van die trustakte en enige daaropvolgende aktes van wysiging aan vereniging van persone: Heg 'n kopie van die jongste weergawe van die grondwet aan.
Organisasies wat gestig is met die hoofdoelstelling om stipendiums, studiebeurse en ander toekennings vir studie, navorsing en onderrig te verskaf, moet naas al die ondersteunende dokumente wat hierbo genoem is ook 'n EI 3 Geskrewe Onderneming invul en indien.
Openbare en onafhanklike skole, hoëronderwysinstellings, instellings vir volwassene- basiese onderwys en opleiding en instellings vir verdere onderwys en opleiding moet 'n kopie van 'n registrasiesertifikaat wat deur die betrokke opvoedkundige owerheid uitgereik is, indien.
Die ingevulde vorm moet saam met die vereiste ondersteundende dokumente gepos word aan:
Eenheid vir Vrystelling van Belasting
Posbus 11955
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard n Ontvangsbewys wat deur 'n rekenaar gegenereer is, sal binne vier weke van indiening by die Eenheid vir Vrystelling van Belasting uitgereik word vir alle aansoeke wat volledig ingevul en vergesel van al die vereiste ondersteundende dokumente by hierdie Eenheid ingedien is.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Geskrewe onderneming
Geskrewe onderneming: stipendiums en beurse
Bo
Kontakbesonderhede
