Aansoek om vrywaring teen verlies van burgerskap
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Hierdie vrywaring stel Suid-Afrikaanse burgers in staat om burgers van 'n ander land te word sonder dat hulle hulle Suid-Afrikaanse burgerskap verloor. Doen by enige kantoor van Binnelandse Sake aansoek. Doen by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie aansoek as jy in die buiteland is.
Bo
Stappe om te volg
Aansoekers wat burgerskap van 'n ander land wil verkry sonder om hulle Suid-Afrikaanse burgerskap te verloor, moet soos volg te werk gaan:
Dien 'n gewaarmerkte kopie van jou Suid-Afrikaanse identiteitsdokument of paspoort in.
Dien 'n gewaarmerkte kopie van jou Suid-Afrikaanse geboortesertifikaat en 'n beëdigde verklaring wat bevestig dat jy voorheen geen ander burgerskap verkry het nie. Alle kopieë van die dokumente en die beëdigde verklaring moet deur 'n notaris of 'n kommissaris van ede gewaarmerk wees.
Suid-Afrikaanse burgers wat hulle Suid-Afrikaanse burgerskap verloor het nadat hulle burgerskap van 'n ander land verkry het, kan om vrywaring aansoek doen indien hulle reeds mondig was en nie om behoud van Suid-Afrikaanse burgerskap aansoek gedoen het toe hulle burgerskap van die ander land verwerf het nie.
Aansoekers moet die volgende doen:
Dien 'n gewaarmerkte kopie van jou sertifikaat van buitelandse burgerskap in.
Dien 'n gewaarmerkte kopie van jou Suid-Afrikaanse ID of paspoort of Suid-Afrikaanse geboortesertifikaat in.
Alle kopieë van die dokumente moet deur 'n notaris of 'n kommissaris van ede gewaarmerk wees.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit neem vyf werksdae om hierdie diens te lewer.
Bo
Koste
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
