Aansoek om Suid-Afrikaanse burgerskap deur afkoms
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Persoon wat 'n Suid-Afrikaanse burger deur afkoms is, is iemand wat nie in Suid-Afrika gebore is nie, maar minstens een ouer het wat 'n Suid-Afrikaanse burger is. Die kind se geboorte moet kragtens die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes, 1992 geregistreer wees.
Bo
Stappe om te volg
In die geval van aanneming moet die aannemingsbevel ingedien word.
Dien 'n kopie van die buitelandse geboortesertifikaat in.
Dien kopieë van die aansoeker en sy of haar ouers se huweliksertifikate in .
As die aansoeker buite die eg gebore is, moet albei ouers die geboorteregistrasievorm BI-24 onderteken.
As buitelandse burgerskap aan die Suid-Afrikaanse ouer toegeken is, moet bewys daarvan ingedien word.
Dien bewys van die Suid-Afrikaanse ouer se geboorte in.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit kan ses tot agt weke neem om die aansoek te verwerk.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Let wel: Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.
Bo
Kontakbesonderhede
