Aansoek om verandering van geslag
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Suid-Afrikaanse burgers of persone met 'n permanente verblyfpermit wat 'n geslagsverandering ondergaan het voor die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes, 1992 in werking getree het, kan aansoek doen om hulle geslag te laat verander.
Bo
Stappe om te volg
Vul aansoekvorm BI-526 by enige kantoor van Binnelandse Sake in. Doen by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie aansoek as jy in die buiteland bly.
Toon jou geboortesertifikaat.
Indien jou geslagsorgane deur middel van chirurgiese prosedures of mediese behandeling verander is, moet jy 'n verslag indien waarin die mediese praktisyns wat die prosedures uitgevoer of die behandeling toegedien het die aard en resultate van die prosedures of behandeling uiteensit.
Dien ook, vir elke geval, 'n verslag in wat jou huidige geslagsvoorkoms beskryf. Hierdie verslag moet geskryf wees deur 'n mediese praktisyn wat jou medies ondersoek het om jou geslagsvoorkoms te bepaal.
Dien 'n verslag in deur die psigiater by wie jy berading gekry het en waarin volledige besonderhede van die geval gegee word, spesifiek met betrekking tot jou agtergrond en jou sielkundige oriëntasie ten opsigte van die veranderde geslag.
As jy 16 jaar of ouer is, moet jy om 'n nuwe identiteitsdokument aansoek doen.
Jou vingerafdrukke moet geneem word vir verifiëringsdoeleindes en om die HANIS-databasis op datum te bring.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit kan tot agt weke neem om hierdie diens te lewer.
Bo
Koste
Bo
Vorms om in te vul
Let wel: Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.
Bo
Kontakbesonderhede
