﻿
Aansoek om 'n visum
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

Beskrywing

'n Visum is 'n endossement wat in 'n buitelander se geldige paspoort aangebring word om hom of haar toestemming te gee om Suid-Afrika binne te kom.

Die volgende vereistes geld:

'n Visum moet verkry word voor die aansoeker sy of haar eie land verlaat om na Suid-Afrika te gaan

'n Visum moet in die buiteland verkry word en kan nie by Suid-Afrikaanse plekke van binnekoms aangevra word nie

In lande waar Suid-Afrika verteenwoordig word, moet daar by die Suid-Afrikaanse ambassade of missie om 'n visum aansoek gedoen word

In lande waar Suid-Afrika nie verteenwoordig word nie, moet die aansoek by die naaste Suid-Afrikaanse ambassade of missie ingedien word. Dit geld ook vir persone met diplomatieke en amptelike paspoorte wat diplomatieke permitte nodig het.


Bo

Stappe om te volg

vul aansoekvorm BI-84 in
jou paspoort moet geldig wees vir minstens 30 dae na die einde van jou beoogde besoek
jou paspoort moet minstens een ongebruikte bladsy hê wanneer dit geëndosseer word
die voorgeskrewe fooi moet betaal word, indien van toepassing
'n Inentingsertifikaat moet ingedien word, indien van toepassing
dien 'n verklaring of dokumente in wat die doel en duur van jou besoek bevestig
toon bewys van genoegsame finansiële middele
toon bewys van 'n geldige vliegtuigkaartjie vir jou terugkeer
'n Deposito kan gevra word.

Bo

Regsraamwerk



Immigration Act, 2002 , as amended

Bo

Diensstandaard

Hierdie diens neem tot tien dae.

Bo

Koste

R 425

Bo

Vorms om in te vul



Application for a visa, BI-84 

Bo

Kontakbesonderhede


