Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Aansoek om asiel is 'n versoek deur 'n aansoeker om as 'n vlugteling erken te word.
n Asielsoeker is 'n persoon wat uit sy of haar land van herkoms gevlug het uit vrees vir vervolging , en wat as 'n vlugteling erken wil word - in Suid-Afrika, in hierdie geval. Die aansoeker bly 'n asielsoeker solank die aansoek nog oorweeg word.
n Asiel-transitopermit word by 'n Suid-Afrikaanse plek van binnekoms aan 'n asielsoeker uitgereik. Die permit is 14 dae lank geldig en gee die permithouer die reg om by die naaste vlugtelingontvangskantoor aan te meld en aansoek te doen om asiel.
n Vlugteling is 'n persoon wat asielstatus gekry het en kragtens die Wet op Vlugtelinge, 1998 beskerm word.
Bo
Stappe om te volg
Die asielsoeker moet self die aansoek in by 'n aangewese vlugtelingsontvangskantoor indien, waar die volgende gedoen sal word:
die aansoeker word voorlopig gekeur die aansoeker se vingerafdrukke word geneem n Tolk word gereël .
Die eerste onderhoud word deur 'n vlugtelingontvangsbeampte gevoer en vorm BI-1590 word ingevul.
n Asielversoekerspermit word gedruk, geteken, gestempel en aan die asielsoeker uitgereik.
Die permit, wat vir 30 dae geldig is, gee die asielsoeker toestemming om tydelik in Suid-Afrika te bly. Die permit kan vir 'n verdere 30 dae verleng word, en daarna vir nog drie maande.
Voor die asieverlsoekerspermit verval, moet die asielsoeker by die vlugtelingontvangskantoor aanmeld vir 'n tweede onderhoud, wat gevoer sal word deur 'n vlugtelingstatusbepalingsbeampte.
Die RDSO sal die aansoek beoordeel en besluit of asiel toegeken moet word.
Indien asiel toegeken word , moet die vlugteling binne 15 dae by enige vlugtelingontvangskantoor aansoek doen om 'n ID-slimkaart vir vlugtelinge.
Sodra die kaart uitgereik is, kan die vlugteling by enige vlugtelingontvangskantoor om 'n Verenigde Nasies Konvensie-reisdokument aansoek doen.
Vlugtelingstatus bly twee jaar lank geldig, maar drie maande voor dit verval, moet die vlugteling per brief vra dat sy of haar vlugtelingstatus hersien of verleng moet word.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit kan tot ses maande neem om 'n aansoek te verwerk.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Application for asylum, BI-1590 Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.
Bo
Kontakbesonderhede
