Aansoek om 'n subsidie vir 'n kinderhuis
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Kinderhuis is 'n geregistreerde plek van versorging vir kinders. Kinderhuise kan 'n maandelikse subsidie van die Staat eis om hulle lopende uitgawes te dek. Die toegewysde subsidie verskil en word bepaal deur die lopende uitgawes van die kinderhuis en die getal kinders wat daar gehuisves word.
Wie kan om die subsidie aansoek doen?
Geregistreerde kinderhuise.
Bo
Stappe om te volg
Vul 'n vorm by jou naaste kantoor van Maatskaplike Ontwikkeling in.
Die ingevulde aansoekvorm moet deur die voorsitter van die bestuurskomitee asook die streeksdirekteur van die betrokke kinderhuis onderteken word.
Die aansoekvorm moet saam met 'n OSW-registrasiesertifikaat en bankstate by die Departement ingedien word.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die inrigting kan subsidie kry vir vir elke begunstigde huishouding wat huisvesting deur middel van die inrigting ontvang.
Die subsidie word aan die inrigting uitbetaal en nie aan die begunstigde nie.
Dit sal langer as drie maande neem om die aansoek te verwerk.
Sodra die aansoek ingedien is, word die geloofwaardigheid daarvan ondersoek.
Indien die Departement tevrede is met die aansoek, sal fondse aan jou beskikbaar gestel word.
Die besluit berus op die beskikbaarheid van fondse en die behoefte aan so 'n diens.
Die Departement ken die subsidies elke drie maande toe en dis onderworpe aan 'n ondersoek na die tehuis se bedrywighede.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Die vorm is by jou naaste kantoor van Maatskaplike Ontwikkeling te kry.
Bo
Kontakbesonderhede
