﻿
Aansoek om 'n permit vir deelname aan 'n studenteuitruilprogram
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

Beskrywing

'n Permit vir deelname aan 'n studenteuitruilprogram word uitgereik aan 'n buitelandse student wat aan 'n spesifieke projek of program aan 'n Suid-Afrikaanse instelling vir tersiêre onderwys deelneem.

Bo

Stappe om te volg

Doen by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie aansoek.
Dien 'n brief in van die Departement van Onderwys of 'n openbare instelling vir hoër onderwys in Suid-Afrika wat:

bevestig dat die instelling vir die organisasie of administrasie van die program verantwoordelik is
die aktiwiteite en die duur van die program kortliks uiteensit
bevestig dat die instelling volle verantwoordelikheid vir die student sal aanvaar tydens sy of haar verblyf in die Republiek, asook dat die student aanvaar is en aan die instelling geregistreer sal word.

Dien 'n brief in van 'n instansie in die  land waar die student vandaan kom wat:

die student se besonderhede, insluitende sy of haar registrasie aan 'n buitelandse instelling vir tersiêre onderwys, bevestig
die datum waarop die program in Suid-Afrika sal begin, bevestig.


Bo

Regsraamwerk



Immigration Act, 2002  

Bo

Diensstandaard

Dit kan 30 dae neem om die aansoek te verwerk.

Bo

Koste

R425

Bo

Vorms om in te vul



BI-1738 

Bo

Kontakbesonderhede


