﻿

Aansoek om 'n permanente verblyfpermit – werker

Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

Beskrywing

Hierdie diens is bedoel vir 'n buitelander wat vir permanente verblyfstatus aansoek wil doen op grond daarvan dat hy of sy 'n permanente werk in Suid-Afrika aangebied is. Die aansoek moet binne die jaarlikse beperkinge val wat van tyd tot tyd voorgeskryf word.

Aansoeke kan ingedien word by enige kantoor van Binnelandse Sake in die provinsie waar jy wil werk, of by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie as jy in die buiteland aansoek doen.

Bo

Stappe om te volg

Vul aansoekvorm BI-947 en BI-29E in.

Jou voornemende werkgewer moet 'n bewys by die Departement van Binnelandse Sake indien dat:


die pos wat jy aangebied is, wel bestaan

die pos en sy posbeskrywing op die voorgeskrewe manier geadverteer is

dat geen burger of permanente inwoner van Suid-Afrika wat aansoek gedoen het se kwalifikasies geskik was vir die pos nie.


Die Departement van Arbeid  moet verklaar dat die bepalings en voorwaardes van die aanbod van indiensneming nie slegter is as wat algemeen in die relevante marksegmente aan burgers en inwoners aangebied word nie. Wanneer die Departement van Arbeid hieroor besluit, moet hulle gesamentlike onderhandelingsooreenkomste en ander toepaslike standaarde in ag neem.


Bo

Regsraamwerk



Immigration Act, 2002 , as amended

Bo

Diensstandaard

Daar is geen voorgeskrewe tydsraamwerk vir hierdie diens nie.

Bo

Koste

R1 520

Bo

Vorms om in te vul



Application for permanent residence permit, BI-947 
Power of attorney in respect of an application for a temporary or permanent residence permit, BI-29E (Volmag met betrekking tot 'n aansoek om 'n tydelike of permanente verblyfpermit, BI-29E

Bo

Kontakbesonderhede


