﻿

Aansoek om 'n permanente verblyfpermit – afgetrede persone

Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

Beskrywing

Hierdie diens is bedoel vir 'n buitelander wat in Suid-Afrika wil aftree. Daar is geen voorgeskrewe ouderdomsperk nie. Aansoeke kan by enige kantoor van Binnelandse Sake ingedien word, of by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie as jy in die buiteland aansoek doen.

Bo

Stappe om te volg

vul aansoekvorm BI-947 en BI-29E in
Jy moet aan die Departement van Binnelandse Sake bewys lewer dat jy reg het op 'n pensioen, 'n onherroeplike uittredingsannuïteit of 'n aftreerekening waaruit jy die voorgeskrewe opbrengs van ten minste R20 000 per maand verkry.
Andersins moet jy aan die Departement van Binnelandse Sake bewys dat jy 'n kombinasie van bates het wat 'n maandelikse inkomste van R20 000 oplewer.

Bo

Regsraamwerk



Immigration Act, 2002 , as amended

Bo

Diensstandaard

Daar is geen voorgeskrewe tydsraamwerk vir hierdie diens nie.

Bo

Koste

R1 520

Bo

Vorms om in te vul



Application for permanent residence permit, BI-947 
Power of attorney in respect of an application for a temporary or permanent residence permit, BI-29E 


Bo

Kontakbesonderhede


