﻿
Aansoek om 'n permanente verblyfpermit vir aansoekers wat jonger as 21 jaar en kinders van Suid-Afrikaanse burgers is
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

Beskrywing

Hierdie kategorie is van toepassing op 'n buitelander van jonger as 21 jaar, wat die kind van 'n burger of permanente inwoner van Suid-Afrika is. Die permanente verblyfpermit word uitgereik op voorwaarde dat dit twee jaar na die aansoeker se 21ste verjaardag sal verval tensy 'n aansoek om bevestiging van residensiële status gemaak word.

Aansoeke kan by enige kantoor van Binnelandse Sake ingedien word, of by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie as jy in die buiteland aansoek doen.

Bo

Stappe om te volg

Vul aansoekvorm BI-947 en BI-29 in.
Die ouers moet bewys van burgerskap of permanente verblyfstatus in Suid-Afrika lewer deur hulle identiteitsdokumente of permanente verblyfpermitte in te dien.
Dien die kind se geboortesertifikaat in om ouerskap te bewys.
Die ouers moet 'n onderneming indien dat hulle die kind finansieel sal ondersteun.

Bo

Regsraamwerk



Immigration Act, 2002 , soos gewysig.

Bo

Diensstandaard

Daar is geen voorgeskrewe tydsraamwerk vir hierdie diens nie.

Bo

Koste

R1500

Bo

Vorms om in te vul



Application for permanent residence permit, BI-947 
Power of attorney in respect of an application for a temporary or permanent residence permit, BI-29 

Bo

Kontakbesonderhede


