﻿
Aansoek om 'n permanente verblyfpermit – eggenote
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

Beskrywing

Hierdie diens is bedoel vir buitelanders wat 'n permanente lewensverhouding met 'n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner van Suid-Afrika het.

Bo

Stappe om te volg

Vul aansoekvorm BI-947 en BI-29 in.

Permanente lewenslange verhoudings tussen homoseksuele en heteroseksuele lewensmaats dien ook as kwalifiserende omstandighede, maar in plaas van 'n huweliksertifikaat moet sulke pare 'n beëdigde verklaring indien wat bevestig dat hulle saambly en mekaar finansieel en andersins wedersyds ondersteun.

Die Departement van Binnelandse Sake moet seker wees dat 'n lewensverhouding in goeder trou bestaan voordat 'n permanente verblyfpermit aan die buitelandse eggenoot of lewensmaat van 'n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner uitgereik sal word.

'n Permanente verblyfpermit word uitgereik op voorwaarde dat dit sal verval indien die verhouding binne twee jaar na uitreiking tot niet gaan, behalwe as dit weens sterfte gebeur.

Slegs een buitelandse lewensmaat mag vir hierdie status aansoek doen op grond van sy of haar huwelik met 'n burger of permanente inwoner van Suid-Afrika.

Jy moet reeds vyf jaar lank in 'n burgerlike of gebruiklike huwelik  met 'n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner verkeer.

Aansoeke kan by enige kantoor van Binnelandse Sake ingedien word. Doen by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie aansoek as jy in die buiteland is.


Bo

Regsraamwerk



Immigration Act, 2002 , as amended 

Bo

Diensstandaard

Daar is geen vaste tydsraamwerk vir hierdie diens nie.

Bo

Koste

Hierdie diens is gratis.

Bo

Vorms om in te vul



Application for permanent residence permit , BI-947 

Power of attorney in respect of an application/extension of  immigration permit or temporary residence, BI-29 


Bo

Kontakbesonderhede


