Aansoek om 'n amptelike paspoort
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Amptelike paspoort word aan beamptes wat aan regeringsinstansies verbonde is, uitgereik wanneer hulle vir amptelike sake na die buiteland moet reis. 'n Amptelike paspoort bly vyf jaar lank geldig.
Bo
Stappe om te volg
Sorg dat jy oor 'n identiteitsdokument of geboortesertifikaat beskik sodat jy aansoek kan doen.
Vul aansoekvorm BI-73 in en neem dit self na jou naaste kantoor van die Departement van Binnelandse Sake. As jy in die buiteland aansoek doen, moet jy dit na 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie toe neem.
Laat jou vingerafdrukke neem sodat dit in die bevolkingsregister opgeneem kan word.
Dien twee paspoortgrootte foto's in.
Doen terselfdertyd vir jou amptelike paspoort en identiteitsdokument aansoek indien jy nie kan wag nie.
Dien 'n brief van jou werkgewer in wat verduidelik waarom jy 'n amptelike paspoort nodig het.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit neem van een tot ses weke om hierdie diens te lewer.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
