
Aansoek om 'n permit vir 'n oorplasing binne 'n maatskappy
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

Beskrywing

'n Permit vir 'n oorplasing binne 'n maatskappy word uitgereik aan 'n buitelander wie se maatskappy hom of haar na sy geaffilieerde maatskappy in Suid-Afrika oorplaas om daar te werk. 'n Permit vir oorplasing binne 'n maatskappy is hoogstens twee jaar lank geldig. Doen by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie aansoek.

Bo

Stappe om te volg

Vul aansoekvorm BI-1738 in.
Toon 'n brief van die internasionale maatskappy wat bevestig dat jy oorgeplaas gaan word na 'n tak in Suid-Afrika of na 'n geaffilieerde Suid-Afrikaanse maatskappy.
Toon 'n brief van die Suid-Afrikaanse maatskappy wat die oorplasing deur die moeder- of geaffilieerde maatskappy in die buiteland, asook jou betrekking en die hoedanigheid waarin jy aangestel sal word, bevestig.
Vra jou voornemende werkgewer om afdeling 13 , , en  van vorm BI-1738 in te vul.
Dien 'n verklaring in deur 'n geoktrooieerde rekenmeester wat namens die werkgewer optree, en waarin verduidelik word waarom jou dienste nodig is en wat jou posbeskrywing is.
Dien 'n verklaring deur 'n geoktrooieerde rekenmeester in wat bevestig dat jy nie onder minder gunstige omstandighede as Suid-Afrikaanse burgers en inwoners aangestel sal word nie en jy oor die nodige kwalifikasies vir die pos beskik.
Toon bewys van registrasie by 'n professionele liggaam of raad, indien van toepassing.

Bo

Regsraamwerk



 


Bo

Diensstandaard

Dit sal hoogstens 30 dae neem om hierdie diens te lewer.

Bo

Koste

R425

Bo

Vorms om in te vul



BI-1738 

Bo

Kontakbesonderhede


