﻿
Aansoek om 'n werkspermit op grond van uitsonderlike vaardighede
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

Beskrywing

'n Werkspermit op grond van uitsonderlike vaardighede word uitgereik aan 'n buitelander wat uitsonderlike vaardighede of kwalifikasies het. Dit kan ook uitgereik word aan lede van daardie persoon se naaste familie. Doen by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie aansoek.

Bo

Stappe om te volg

Vul aansoekvorm BI-1738 in.
Jou paspoort moet vir nog minstens 30 dae na die einddatum van jou beoogde besoek geldig wees.
Dien 'n volledige curriculum vitae en 'n getuigskrif van 'n vorige werkgewer in.
Lewer bewys dat jy genoeg finansiële middele het jou lewenskoste vir die duur van jou beoogde verblyf in Suid-Afrika te dra. Aanvaarbare bewyse sluit die volgende in: bankstate, salarisstrokies, 'n onderneming  deur jou Suid-Afrikaanse gasheer , beurse, mediese dekking, of beskikbare kontant, insluitende kredietkaarte en/of reisigerstjeks.
Toon 'n inentingsertifikaat indien nodig.
Toon 'n brief van 'n buitelandse of Suid-Afrikaanse staatsorgaan, of van 'n gevestigde Suid-Afrikaanse akademiese, kulturele of besigheidsliggaam, wat jou uitsonderlike vaardighede of kwalifikasies bevestig.
Toon enige ander bewys wat jou uitsonderlike vaardighede of kwalifikasies bevestig, soos publikasies en getuigskrifte.
Vra jou voornemende werkgewer om deel 13 , , en  van vorm BI-1738 in te vul.

Bo

Regsraamwerk



Immigration Act, 2002  

Bo

Diensstandaard

Dit sal hoogstens 30 dae neem om hierdie diens te lewer.

Bo

Koste

R1 520

Bo

Vorms om in te vul



, BI-1738 

Bo

Kontakbesonderhede


