﻿
Aansoek om 'n permit vir mediese behandeling
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

Beskrywing

'n Permit vir mediese behandeling word uitgereik aan 'n buitelander wat van plan is om mediese behandeling in Suid-Afrika te ondergaan. Hierdie permit bly vir hoogstens ses maande per keer geldig. Doen by jou naaste Suid-Afrikaanse ambassade of missie om die uitruilpermit aansoek.

Bo

Stappe om te volg

Vul aansoekvorm BI-1738.
Dien jou paspoort in. Jou paspoort moet vir minstens 30 dae langer as die einddatum van die beoogde besoek geldig wees.
Lewer bewys van voldoende finansiële middele om te voldoen aan die daaglikse behoeftes van alle persone  wat die permithouer gaan vergesel. Bankstate, salarisstrokies  of reisigerstjeks is aanvaarbare bewyse.
Dien 'n brief van 'n mediese praktisyn of mediese inrigting in waarin die redes en die noodsaak vir die behandeling, die verwagte duur van die behandeling en besonderhede van die plan van behandeling in Suid-Afrika uiteengesit word.
Verskaf besonderhede van die persoon of inrigting wat vir die permithouer se mediese uitgawes en hospitaalkoste, indien enige, aanspreeklik sal wees. Lewer bewys van finansiële middele of mediese versekering indien jou mediese skema of werkgewer nie aanspreeklik sal wees vir koste wat aangegaan word nie.
Dien een of meer van die onderstaande dokumente saam met jou aansoek om die permit in:

'n volledige mediese sertifikaat
'n volledige geboortesertifikaat
'n volledige huweliksertifikaat 
'n beëdigde verklaring, BI-1712A, indien enige lewensverhouding  anders as 'n huwelik ter sprake is, met bewys dat die persone saambly
'n notariële kontrak in die geval van twee persone wat 'n saamblyverhouding het
bewys van 'n gebruiklike huwelik , indien van toepassing
'n egskeidingsbevel, indien van toepassing
bewys van 'n hofbevel wat toesig oor kinders verleen, indien van toepassing
die doodsertifikaat van die eggenoot wat oorlede is, indien van toepassing
geskrewe toestemming van altwee ouers, of van die ouer wat alleentoesig het, waar van toepassing, met 'n bewys van alleentoesig
bewys van wettige aanneming, indien van toepassing
'n wettige/Geregtelike skeidingsbevel, indien van toepassing 
'n polisieklaringsbewys indien jy, die aansoeker, 21 jaar of ouer is, vir alle lande waarin jy vir een jaar of langer gewoon het 
'n inentingsertifikaat, indien van toepassing.


Bo

Regsraamwerk



Immigration Act, 2002   soos gewysig.

Bo

Diensstandaard

Dit sal hoogstens 30 dae neem om 'n aansoek te verwerk.

Bo

Koste

R425

Bo

Vorms om in te vul



BI-1738 

Bo

Kontakbesonderhede


