Aansoek om 'n huweliksertifikaat
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Huweliksertifikaat dien as bewys dat jy getroud is. 'n Huwelik moet voltrek word in die teenwoordigheid van die twee mense wat trou, twee getuies wat hulle identiteitsdokumente by hulle het, en 'n huweliksbeampte.
Gaan jou huwelikstatus aanlyn na.
Bo
Stappe om te volg
Die twee mense wat gaan trou, moet 'n identiteitsdokument hê en vorm BI-31, Verklaring met die oog op 'n huwelik , invul.
Vul aansoekvorm BI-130 by enige kantoor vir Binnelandse Sake in. As jy in die buiteland woon, gaan na enige Suid-Afrikaanse ambassade of missie.
n Huwelik kan deur 'n gekose huweliksbeampte wat tot 'n spesifieke godsdienstige groep of organisasie behoort, of deur 'n verteenwoordiger van die Departement van Binnelandse Sake geformaliseer word.
n Huwelik moet in 'n kerk, 'n gebou wat slegs vir godsdiensbeoefening gebruik word, 'n openbare kantoor of privaat woning voltrek word. As een lid van die paartjie kort voor die troue ernstig siek of beseer word, mag daardie huwelik in 'n hospitaal voltrek word.
Die twee mense wat trou, die twee getuies, en die huweliksbeampte moet die huweliksregister onderteken sodra die huwelik geformaliseer is.
Huwelik met 'n minderjarige persoon:
n Minderjarige is iemand wat jonger as 21 jaar is en nog nie vantevore getroud was nie. Die wet bepaal dat iemand wat voorheen getroud was en wie se huwelik deur die dood of egskeiding beëindig is, nie meer minderjarig is nie.
n Minderjarige wat gaan trou, moet soos volg te werk gaan:
Jy moet skriftelike toestemming van albei ouers en/of wettige voogde indien, saam met 'n ingevulde aansoekvorm BI-32. Jy kan by die Kommissaris van Kindersorg om toestemming aansoek doen as jy nie weet waar om jou ouers op te spoor of hoe om die huwelik goedgekeur te kry nie.
Jy kan by die Hooggeregshof in die omgewing waar jy bly om goedkeuring aansoek doen as jou ouers en/of die Kommissaris weier om die huwelik goed te keur.
Geskeide persone wat wil trou, moet soos volg te werk gaan jy moet 'n egskeidingsbevel indien. As daar 'n geldige rede is waarom jy nie 'n skeibevel kan toon nie, of as jy in die buiteland geskei is en die egskeidingsbevel nie kan verkry nie, moet jy 'n beëdigde verklaring aflê. Die beëdigde verklaring moet bevestig dat die aansoeker wettig geskei is en dit moet die naam van die hof en die skeidatum vermeld.
Wewenaars en weduwees wat weer wil trou, moet soos volg te werk gaan toon die oorlede eggenoot se doodsertifikaat. Dien 'n beëdigde verklaring in as die sertifikaat nie beskikbaar is nie. Die verklaring moet die naam van die oorledene en sy of haar sterfdatum bevestig.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Verkorte huweliksertifikaat: Dit word onmiddelik uitgereik.
Onverkorte sertifikaat: Dit neem ses to agt weke om die aansoek te verwerk.
Bo
Koste
Verkorte huweliksertifikaat: R11
Onverkorte huweliksertifikaat: R53
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
