﻿
Aansoek om 'n bemanningspermit 
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

Beskrywing

'n Bemanningspermit word uitgereik aan 'n buitelander wat lid van 'n skeepsbemanning is. 'n Bemanningspermit is geldig vir 'n maksimum tydperk van drie maande op 'n slag. Doen by 'n plek van binnekoms in Suid-Afrika aansoek.

Bo

Stappe om te volg

Lê 'n geldige paspoort voor.
Toon 'n versoekbrief van die eienaar van die skip, waarin hy onderneem om te sorg dat daardie bemanningslid die Immigration Act, 2002 nakom.
Dien bewys in dat die eienaar van die skip finansieel in staat is om in die daaglikse behoeftes en mediese uitgawes te voorsien.
Betaal 'n deposito, indien Binnelandse Sake dit nodig ag, ter voldoening aan die vereistes en voorwaardes vir die bemanningspermit. Hierdie deposito sal aan jou terugbetaal word nadat jy die land finaal verlaat het of nadat die permit aan jou uitgereik is. Jy kan met 'n bankgewaarborgde tjek of kredietkaart betaal indien die plek fasiliteite daarvoor het.
Lewer bewys dat alle uitstaande boetes wat die transporteur opgeloop het, betaal is.

Bo

Regsraamwerk



Immigration Act, 2002 

Bo

Diensstandaard

Dit neem hoogstens 30 dae om 'n aansoek te verwerk.

Bo

Koste

R425

Bo

Vorms om in te vul



, BI-1738 

Bo

Kontakbesonderhede


