Aansoek om 'n kinderpaspoort
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Kinderpaspoort is 'n dokument wat 'n kind moet hê om na 'n ander land te mag reis. 'n Kinderpaspoort word uitgereik aan Suid-Afrikaanse kinders wat jonger as 16 jaar is. Dit is geldig om na alle lande mee te reis, behalwe as dit anders geëndosseer is. Dit bly vir vyf jaar na die datum van uitreiking geldig.
Bo
Stappe om te volg
Vul aansoekvorm BI-73 in en gee dit by die naaste kantoor van Binnelandse Sake in. As jy in die buiteland aansoek doen, moet jy dit by die Suid-Afrikaanse ambassade of missie ingee.
Gee die kind se geboortesertifikaat in.
Gee twee onlangse paspoortfoto's van die kind in.
Altwee ouers of voogde moet hulle toestemming gee voordat 'n paspoort aan 'n kind uitgereik kan word.
Toon 'n doodsertifikaat indien een ouer oorlede is.
As 'n voog toestemming gegee het, moet die omstandighede van die voogskap genoem word.
Onder spesiale omstandighede wanneer die ouer nie op die aansoekvorm toestemming kan gee nie, moet daardie ouer 'n brief skryf waarin hy of sy skriftelik toestemming gee.
As 'n ouer weier om toestemming te verleen, moet 'n bevoegde hof die saak beslis. 'n Afskrif van die betrokke hofbevel moet saam met die aansoekvorm vir 'n paspoort ingedien word.
As die ouers geskei is, moet altwee ouers toestemming gee, behalwe as 'n hofbevel anders bepaal .
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard n Paspoort kan binne ses tot agt weke uitgereik word.
Bo
Koste
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
