Aansoek om 'n sakepermit
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Sakepermit is 'n permit wat uitgereik word aan 'n buitelander wat beoog om 'n onderneming in Suid-Afrika te vestig of in een te belê. Aansoeke moet ingedien word by 'n Suid-Afrikaanse ambassade, missie of die kantoor van Binnelandse Sake wat die naaste is aan die plek waar die onderneming gevestig gaan word.
Jy moet saam met jou aansoek 'n sertifikaat indien wat uitgereik is deur 'n geoktrooieerde rekenmeester wat by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters geregistreer is.
Bo
Stappe om te volg
Jy het die volgende nodig:
n minimum van R2,5 miljoen kontant of ten minste R2 miljoen kontant en 'n kapitale bydrae van R500 000. Bogenoemde bedrag moet uit die buiteland kom en moet beskikbaar wees om as deel van die boekwaarde van die onderneming belê te word n bedryfsplan wat die onderneming se lewensvatbaarheid op kort en lang termyn uiteensit bewys dat ten minste vyf burgers of permanente inwoners permanent in diens geneem sal word n onderneming om by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens te registreer n polisieklaringsertifikaat van elke land waarin jy en jou eggenoot sedert 18-jarige ouderdom gewoon het, en 'n polisieklaringsertifikaat vir elke afhanklike kind van 18 jaar of ouer wat saam met jou in die land sal bly n geelkoorsinentingsertifikaat - as jy deur 'n geelkoorsgebied reis of van plan is om deur 'n geelkoorsgebied te reis n deposito vir uitsettingsdoeleindes, ter waarde van 'n enkelvliegkaartjie terug na jou land van herkoms of permanente verblyf. Hierdie deposito sal aan jou teruggegee word na jou finale vertrek of nadat die permit uitgereik is. Die deposito kan met 'n bankgewaarborgde tjek of kredietkaart betaal word by plekke waar daar sulke fasiliteite is mediese en radiologiese verslae vir elke aansoeker. Kinders onder 12 jaar en swanger vroue hoef nie 'n radiologiese verslag in te dien nie.
Bo
Regsraamwerk soos gewysig.
Bo
Diensstandaard
Daar is geen vasgestelde tydsduur vir hierdie diens nie.
Bo
Koste
Bo
Vorms om in te vul
Let wel: Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.
Bo
Kontakbesonderhede
