Aansoek om registrasie van 'n Groep 1-misstof
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Alle misstowwe wat in Suid-Afrika ingevoer, vervaardig, geproduseer of verkoop word, moet geregistreer wees by die Registrateur van Wet 36 van 1947. Die aansoeker moet 'n regspersoon wees, byvoorbeeld Johan Pieters Citizen wat sake doen as Diepsloot Stud.
n Oorsese maatskappy mag nie aansoek doen om registrasie in Suid-Afrika nie. Slegs 'n plaaslik geregistreerde maatskappy, 'n Suid-Afrikaanse burger of 'n liggaam met regspersoonlikheid wat in Suid-Afrika geregistreer is mag aansoek doen om die registrasie van misstowwe.
Groep 1-misstowwe is dié wat stikstof, fosfor of kalium as hoofbestanddeel bevat. Hulle is ook bekend as anorganiese misstowwe.
Registrasie sal slegs toegestaan word indien daar gedurende die tydperk van registrasie aan die volgende voorwaardes voldoen word:
die samestelling van die misstof mag nie van die geregistreerde samestelling verskil ni die besonderhede en bewoording op die etiket of houer mag nie verander word sonder vooraf goedkeuring van die registrateur nie daar word aan die voorwaardes voldoen wat tydens registrasie uiteengesit is die registrasie mag nie oorgedra word nie die sak- of houergrootte mag nie verander word sonder vooraf geskrewe goedkeuring van die registrateur nie.
Bo
Stappe om te volg
Die aansoek om registrasie van dierevoer en misstowwe bestaan uit 'n Dekbrief van die registrasiehouer of dié se aangewese verteenwoordiger. Die dekbrief moet insluit:
die naam van die produk registrasienommer indien die produk reeds geregistreer is rede vir aansoek toestemmingsbriewe as toestemming van die registrasiehouer verlang word die korrekte aansoekfooi tjeks wat afsonderlik van die aansoek gestuur word, moet deur 'n verduidelikende brief vergesel word n formuleringblad.
Dien 'n aansoekvorm in vir nuwe aansoeke en wysigings aan 'n bestaande registrasie, insluitende verandering van formulering. Dien aansoekvorms in duplikaat in en vul die vorms volledig in, sonder om te verwys na vorige aansoeke, bladsynommers of ander produkte .
Die wetlik aangewese persoon, wat verkieslik die registrateur se kontakpersoon by die maatskappy moet wees, moet die aansoekvorms teken.
Die naam en registrasienommer van die produk moet gebruik word soos wat dit op die registrasiesertifikaat aangedui word. Enige naamsverandering, hoe klein ookal, sal as 'n wysiging beskou word.
Dien die aansoekvorms by die administrasiekantoor in. Om aansoeke aan die tegniese raadgewers te oorhandig sal die proses vertraag.
Konsepetikette:
dien in duplikaat in dien in Engels en Afrikaans in. Dit is nie nodig om die etikette in albei tale te laat druk nie moet duidelik leesbaar en in die korrekte formaat wees moet nie waarskuwings en voorsorgmaatreëls nommer nie alle besonderhede op die etiket moet presies ooreenstem met dié op die aansoekvorm.
Stuur jou aansoek en fooi aan die Registrateur van Wet 36 of 1947.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit kan drie tot vier maande duur om 'n misstof te registreer.
Bo
Koste
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
