DIREKTORAAT: DIENSTE & INFRASTRUKTUUR
Moet in persoonlike oorleg met inwonerdiensagent van die Stad Kaapstad voltooi word
GEBRUIK ASB. DRUKSKRIF EN MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIES.
LEES DIE BEPALINGS EN VOORWAARDES VOORDAT U DIE AANSOEKVORM VOLTOOI.
PLEK WAAR DIENS BENODIG WORD
Posadres
Vorige adres
MERK TOEPASLIKE BLOKKIE ( )
Nuwe aansluiting
Omskakeling na energievoorraadhouer
Oorplasing
Tariefkoersheffing
Elektrisiteitskredietmeter
Vooruitbetaalde-elektrisiteitsmeter Water Riolering
Vullisverwydering Tydelike aansluiting Tydperk vanaf tot % agterstallige heffing
Sien klousule 8 in die "Voorwaardes vir voorsiening/diens"
AANSOEK OM VOORSIENING VAN DIENSTE - ELEKTRISITEIT, WATER, RIOLERING, VASTE-AFVALVERWYDERING
BESONDERHEDE VAN SAKEVENNOOT
Eienaar Huurder
Voornaam/maatskappynaam
Tweede handelsnaam/doen sake as
Soort identifikasie
Geboortedatum
Nasionaliteit
Naam van werkgewer Telefoonnr. Kode
Geslag Manlik
Vroulik
Huwelikstatus
VERWANTSKAP VAN SAKEVENNOOT
Voornaam/maatskappynaam
Tweede naam/doen sake as
Soort identifikasie
Verwantskap met aansoeker
Huweliksmaat Vennoot Medeaanspreeklik Woon saam Kennis Direkteur
Ander
Geslag Manlik Vroulik
KONTAKPERSOON (verpligtend indien aansoeker 'n organisasie is)
Titel
Mev.
Dr.
Prof.
Ander
KREDIETBESTUUR (slegs vir kantoorgebruik)
Uitstaande skuld
JA
Beskik oor afbetaalplan
JA
Plan geskep deur
Handtekening
Datum waarop diens benodig word Moet binne ses maande na aansoekdatum wees Sekuriteitsdeposito gehef R Perseelgebruik
Huis
Woonste
Meenthuis
Huishoudelike tarief 1 - meer as 600 kWh p.m.
Kantoor
Fabriek
Skool
Pakhuis Koshuis
Voorraadkamer Pretpark Hotel Bed & ontbyt Ander
Lesing
DIENSBESONDERHEDE VIR WATERVOORSIENING
Datum waarop diens benodig word
Sekuriteitsdeposito gehef R
Perseelgebruik
Behuising Meentbehuising
Kommersieel
Industrieel Skool/sport
Regering Munisipaal
Allerlei
Waterpypgrootte 15mm 20mm 25mm 32mm 40mm 50mm mm
DIENSBESONDERHEDE VIR VULLISVERWYDERING
Soort vullis wat verwyder moet word
Huishoudelik Bedryf Raadsdiens benodig Ja Nee (Voltooi asb. vullisevalueringsvorm) Datum waarop diens benodig word
Dienssoort 240 l-dromme, waar van toepassing Hoe gereeld per week Een keer (bedryf/huishoudelik) Drie keer (woonstelle, meenthuise, bedryf)
Vyf keer (slegs bedryf) OF Verander gereeldheid per week van per week na per week Bedryf en huishoudelik: Aantal dromme: Tans Plus Minus Moet rekening ontvang vir
DIENSBESONDERHEDE VIR RIOLERING
Datum waarop diens benodig word
Soort riolering Huishoudelik Meentbehuising/kommersieel
Departementeel
Rioolpypgrootte 100mm 150mm
VERKLARING
Hiermee doen ek/ons aansoek om die voorsiening van die gespesifiseerde diens(te) teen die gespesifiseerde tariefkoers. Ek/ons neem kennis van en stem in tot voldoening aan die bepalings van die tersaaklike verordeninge van die Stad Kaapstad, asook die terme en voorwaardes vir voorsiening/dienslewering soos in die aangehegte "Voor­
waardes vir voorsiening/diens" vervat.
Naam van eienaar Handtekening Datum
Naam van huurder Handtekening Datum
Naam Handtekening
TERME EN VOORWAARDES VIR VULLISVERWYDERINGSDIENS
Vir 'n raadsvoorsiene vullisverwyderingsdiens:
Die raad sal na gelang van behoefte 'n gereelde vullisverwyderingsdiens ("die diens") vir huishoudelike en bedryfsvullis (nieïndustrieel) aan die aansoeker voorsien of verseker, tensy anders toegelaat en ooreengekom deur middel van 'n skriftelike ooreenkoms of openbaar geadverteerde kennisgewing.
Die diens se tariewe en heffings word jaarliks deur die raad geadverteer en gewysig, maar mag in die tussentyd deur 'n besluit van die volle raad tydens 'n spesiale raadsvergadering gewysig word.
Waar van toepassing sal die raad 'n minimum van een 240 l-plastiekhouer op wiele aan die eienaar van elke eiendom voorsien, maar houers sal raadseiendom bly.
Elke houer is met 'n unieke kode gemerk, moet binne die aansoeker se eiendomsgrense gehou word, en mag slegs vir die veronderstelde doel gebruik word.
Alle vullis moet binne die houer geplaas en op die eiendom gehou word, behalwe op die geskeduleerde vullisverwyderingsdag; diensroosters en -riglyne is by kliëntedienskantore beskikbaar.
In gebiede waar vullishouers nie gebruik kan word nie, moet aansoekers van 85 l-swartsakke gebruik maak (self voorsien, drie per week).
Op die geskeduleerde vullisverwyderingsdag moet die houer/sak teen 06:00 op die randsteen van die pad buite die aansoeker se eiendom geplaas word; die deksel moet kan toemaak.
Enige vullis buite die houer/sak sal nie verwyder word nie.
Houers moet so gou moontlik ná vullisverwydering weer gehaal en binne die eiendomsgrense gebêre word.
Die skoonmaak en bewaring van vullishouers is die verantwoordelikheid van die aansoeker. Enige vullishouerdiefstal moet onmiddellik vir 'n saaknommer by die Suid-Afrikaanse polisie aangemeld word, en daarná by die raad, hetsy persoonlik by 'n kliëntedienskantoor of via die oproepsentrum (tel. 086 010 3089).
Hoewel alles in die werk gestel sal word om die geskeduleerde diens te lewer, sal die raad nie vir enige versuim aanspreeklik wees nie.
Versoeke om die diens te wysig, verander of staak:
Indien vullisvolumes toeneem, moet 'n aansoekvorm vir 'n meer gereelde diens (slegs sakeondernemings) of bykomende vullishouers by die kliëntedienskantoor voltooi word.
n Verkose verteenwoordiger van die beheerliggaam, of die ontwikkelaar/eiendomseienaar, of die eiendomseienaar se bestuursagent van 'n deeltitel-of meentontwikkeling, sekuriteitskompleks, woonstelkompleks, inkopiesentrum of kantoorkompleks mag om 'n kontrak vir minder houers as die aantal bewoonde eenhede aansoek doen.
Die aangepaste diens sal slegs ná oorweging deur en met die skriftelike toestemming van die direkteur: vaste-afvalbestuur gelewer word.
Rekening- en diensnavrae:
Rekeninge sal een maand ná diensvoorsiening gelewer word, en is betaalbaar teen die datum wat op die rekening aangedui word.
Die kliëntedienskantoor moet ten minste 30 (dertig) dae voordat enige verandering in of staking van die diens in werking tree, daarvan in kennis gestel word.
Die kliëntedienskantoor moet betyds van 'n adresverandering, hetsy met betrekking tot die diens-óf die rekeningadres, in kennis gestel word.
Rekening-of diensnavrae kan persoonlik aan enige van die kliëntedienskantore of via die oproepsentrum (tel. 086 010 3089) gerig word.
Die bestaande aantal vullishouers sal deur vaste-afvalinspekteurs bevestig word, en in geval van enige verskil sal die kontrakooreenkoms dienooreenkomstig aangepas word.
Geldigheid van kontrakte:
n Afskrif van die goedgekeurde aansoek (en/of wysigings) sal as bevestiging van 'n geldige ooreenkoms tussen die raad en die aansoeker aan die aansoeker voorsien word.
Die raad behou die reg voor om roosters aan te pas, te wysig of dienste te staak indien die direkteur: vaste-afvalbestuur dit nodig ag.
Die terme en voorwaardes vir 'n vullisverwyderingsdiens wat deur die raad voorsien en verseker word, of vir privaatsektor-vullisverwyderingsdienste, is onderhewig aan veranderinge in die raad se toepaslike beleid.
Alle bestaande ooreenkomste met die raad bly van krag totdat dit deur 'n nuwe voltooide ooreenkoms gewysig word.
Vullisverwyderingsdienste wat nie deur die raad voorsien word nie:
Die dienste van 'n private vullisbestuurmaatskappy moet vir die afhaal, verwydering en vernietiging van industriële afval (niegevaarlik en gevaarlik), gesondheidsorgafval, bou-en konstruksierommel, massatuinvullis en sand gebruik word.
Alle sakeondernemings en organisasies (nieresidensiële entiteite) wat by die raad as 'n sakevennoot registreer moet die aangehegte vullisevalueringsvorm voltooi ten einde die raad met toekomstige diens-en infrastruktuurbeplanning by te staan.
