Aansoek om 'n permit om vis op kommersiële grondslag uit te voer
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Kommersiële visvangs behels dat jy 'n aktiwiteit onderneem wat met visvangs verband hou, soos om seewatervis vir handelsdoeleindes uit te voer. Om seewatervis na die buiteland of buite die grense van die Republiek van Suid-Afrika uit te voer, moet jy aansoek doen om 'n uitvoerpermit, wat deur die Minister van Departement van Omgewingsake en Toerisme of sy gedelegeerde gesag uitgereik word. Niemand mag seewatervis sonder 'n permit uitvoer nie. Wanneer jou bestaande permit na drie maande verval, moet jy om 'n nuwe een aansoek doen. As jy versuim om aan die permitvoorwaardes te voldoen, kan jou permit gekanselleer of opgehef word.
LW: Die uitvoerpermit waarna verwys word, sluit varswatervis uit. Varswatervis word deur die Departement van Landbou geadministreer. Aansoeke om 'n uitvoerpermit vir lewende, gematigde varswatervis of tropiese vis moet by die Departement van Landbou ingedien word.
Geen spesie wat deur die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora gelys is, mag ingevoer word nie..
As 'n uitvoerpermit vir die perlemoenspesie aan jou uitgereik is, moet jy ook vir elke besending perlemoen 'n CITES-sertifikaat hê.
Vir elke uitvoerpermit wat vir grootoog-tuna, suidelike blouvin-tuna, swaardvis, Antarktiese tandvis en Patagoniese tandvis uitgereik is, moet jy vir elke besending ook die betrokke vangsstatistiek-dokument hê. Vangsstatistiek-dokumente is by die Departement Omgewingsake en Toerisme , Tak: Mariene en Kusbestuur, Direktoraat Kus- en Diepseevisserybestuur te kry.
Bo
Stappe om te volg
Doen om 'n uitvoerpermit aansoek.
Lees die aansoekvorm noukeurig deur en sorg dat jy aan al die aansoekvereistes en -voorwaardes voldoen.
Verskaf die volgende inligting:
die fisiese adresse van invoerders in die land van bestemming die volksnaam en wetenskaplike naam van elke spesie wat uitgevoer gaan word die hoeveelheid van elke spesie wat uitgevoer gaan word indien 'n agent betrokke is, moet die ooreenkoms tussen die twee partye én kopieë van die ondertekenaars se identiteitsdokumente aangeheg word kopieë van vangsstatistiek-dokumente moet verskaf word vir al die grootoog-tuna, suidelike blouvin-tuna, swaardvis, Antarktiese tandvis en Patagoniese tandvis wat ingevolge die vorige uitvoerpermit uitgevoer word.
Indien die persoon wat om die uitvoerpermit aansoek doen nie die houer van 'n visvangsreg is nie, moet die volgende dokumente ingedien word:
bewys van voorraad en die fisiese adresse van die verskaffers van die seewatervis wat uitgevoer gaan word die volksnaam en wetenskaplike naam van elke spesie wat uitgevoer gaan word die hoeveelheid van elke spesie wat uitgevoer gaan word.
Dien gewaarmerkte kopieë van die volgende dokumente in:
jou identiteitsdokument en jou maatskappy, beslote korporasie of trust se registrasiedokumente geldige uitvoerpermitte van die Departement van Handel en Nywerheid die belastingklaringsertifikaat wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens goedgekeur en uitgereik is.
Stel jou naaste tak van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde van jou uitvoerbesending in kennis as die vis wat jy wil uitvoer nie vars is nie en nie vir menslike verbruik bedoel is nie. As die vis wel vars en vir menslike verbruik bedoel is, moet jy die Hawegesondheid in kennis stel.
Jy moet 'n aansoekfooi van R225 betaal.
Vul die aansoekvorm om 'n uitvoerpermit in, onderteken dit en pos dit saam met die nodige dokumente aan die kantoor van Mariene en Kusbestuur .
Die oorspronklike aansoek moet gepos word, anders sal 'n permit nie uitgereik word nie.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
As die aansoek korrek ingedien is, kan dit 7 werksdae of langer duur om te verwerk.
Bo
Koste n Aansoekfooi van R225 moet betaal word. Fooie is onderhewig aan jaarlikse hersiening of vasstelling deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme, of sy gedelegeerde gesag, in oorleg met die Minister van Finansies.
Bankbesonderhede vir fooi vir aansoek om invoerpermit:
Takkode: 204109
Rekening: Lopend
Rekeningnommer: 62123256382
Verwysingsnommer: Kontak die kliëntedienssentrum by 0861 123 626
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
