Aansoek om vis op rekreasiegrondslag in te voer
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Rekreasievisvangs sluit betrokkenheid by 'n visverwante aktiwiteit soos die invoer van seewatervis vir rekreasiedoeleindes in. Om seewatervis op rekreasiegrondslag in te voer, moet jy aansoek doen om 'n rekreasie-invoerpermit wat deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme , of gedelegeerde instansie, uitgereik sal word. Hierdie ingevoerde vis mag nie te koop aangebied word nie; dit is slegs vir persoonlike gebruik. Geen persoon mag seewatervis invoer sonder 'n rekreasie-invoerpermit nie. Wanneer 'n bestaande rekreasie-invoerpermit verval, moet jy om 'n nuwe rekreasie-invoerpermit aansoek doen. Versuim om aan die permitvoorwaardes gehoor te gee, kan tot opheffing of kansellasie van jou permit lei.
LW: Hierdie invoerpermit sluit varswatervis uit, want dit word deur die Departement van Landbou geadministreer . Aansoek om 'n invoerpermit vir lewende varswatervis of tropiese vis moet by die Departement van Landbou ingedien word.
Die onderstaande invoerbeperkings geld:
Geen spesie wat deur die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora gelys is, mag ingevoer word nie. Kry meer inligting oor CITES by http://www.cites.org.
Invoerpermitte wat vir die invoer van vis op rekreasiegrondslag vir persoonlike gebruik of verbruik uitgereik is, sal geldig bly vir die duur van die reis na en van die land van bestemming.
Geen lewende seewatervis mag ingevoer word nie.
Bo
Stappe om te volg
Vul die nodige aansoekvorms in en dien hulle, saam met ondergenoemde inligting, by die Departement van Omgewingsake en Toerisme Department of Environmental Affairs and Tourism in:
die datum waarop jy uit Suid-Afrika vertrek en die datum waarop jy weer in Suid-Afrika sal aankom die naam van die land wat jy gaan besoek die naam van die grenspos waar jy Suid-Afrika weer sal binnekom bewys van jou fisiese adres, jou kontaktelefoonnommer en jou faksnommer in Suid-Afrika die staat waarin die vis ingevoer sal word n gewaarmerkte kopie van elke aansoeker se identiteitsdokument bewys van betaling
Fakse, kopieë en e-posboodskappe sal glad nie aanvaar word nie
Vorms kan per hand afgelewer of per pos gestuur word.
Let asseblief op die volgende:
Doen minstens twee weke voor jou vertrekdatum aansoek om genoeg tyd vir die verwerking van jou aansoek toe te laat.
Jy het nie 'n permit vir aas nodig nie. Sorg egter dat jy óf 'n rekreasiepermit vir aas óf 'n kontantstrokie vir gekoopte aas by jou het.er hand afgelewer of per pos gestuur word.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Indien die aansoek korrek ingedien is, kan dit 7 werksdae of langer duur om dit te verwerk.
Bo
Koste n Aansoekfooi van R120 .
Bankbesonderhede:
Takkode: 204109
Rekening: Lopend
Rekeningnommer: 62123256382
Verwysingsnommer: Kontak die kliëntedienssentrum by 0861 123 626
Fooie is onderhewig aan 'n jaarlikse hersiening of vasstelling deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme, of sy gedelegeerde gesag, in oorleg met die Minister van Finansies.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
