Anonieme aanmelding van misdaadbedrywighede
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Hierdie diens is 24 uur van die dag beskikbaar aan enigiemand wat misdaad en misdaadbedrywighede telefonies wil aanmeld deur inligting te gee wat die polisie met die voorkoming en ondersoek van misdaad kan help. Die persoon wat inbel, kan kies om anoniem te bly.
Die nommer vir misdaadinligting is 08600 10111.
Die nommer vir misdaadnoodgevalle is 10111.
Bo
Stappe om te volg
Bel Crime Stop 24/7 by 08600 10111.
n Crime Stop-inligtingsbeampte sal die oproep beantwoord en die inligting neerskryf. Jy mag anoniem bly.
Die tussenganger sal 'n geheime kodenommer aan jou gee vir toekomstige verwysing.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Jy sal onmiddellik gehelp word.
Bo
Koste
Jou oproep sal teen die gewone plaaslike oproeptarief gehef word. As jy van 'n selfoon af bel, sal die gewone selfoontarief geld.
Bo
Vorms om in te vul
Daar is geen vorms wat ingevul moet word nie.
Bo
Kontakbesonderhede
