IS DAAR 'N PROBLEEM?
Net jy kan hierdie vraag antwoord, en dit is dalk nie so maklik nie.
Antwoord die volgende vrae so eerlik as wat jy kan en as jy besluit jy het hulp nodig, die Stad Kaapstad se hulplyn is daar vir jou. Daar is 'n oplossing!
Drink jy ooit of gebruik dwelms wanneer jy alleen is?
JA
Het jy al ooit probeer om jou drinkery of dwelmgebruik te stop of te beheer?
JA
Is familie en vriende bekommerd oor jou drinkery of dwelmgebruik?
JA
Voel jy ooit skaam of skuldig oor jou drinkery of dwelmgebruik?
JA
Maak jou drinkery of dwelmgebruik jou huislewe ongelukkig?
JA
Het jou werk-/skoolprestasie al ooit onder jou drinkery of dwelmgebruik gely?
JA
Het jy al ooit gejok oor hoeveel jy gedrink het of watter dwelms jy gebruik het?
JA
Het jy al ooit gesteel om alkohol of dwelms te koop?
JA
Het jy al ooit alkohol of dwelms gesteel?
JA
Is jy al ooit gearresteer oor 'n alkohol- of dwelmverwante voorval?
JA
Het jy al ooit die koop van alkohol of dwelms bo ander finansiële verantwoordelikhede geplaas?
JA
Het jy al ooit 'n dokter gespreek of gesondheidsprobleme gehad as gevolg van jou drinkery of dwelmgebruik?
JA
Drink jy dikwels of gebruik dwelms sodra jy wakker word in die oggend?
JA
Dink jy baie oor alkohol of dwelms?
JA
Vermy jy mense of plekke waar jou drinkery of dwelmgebruik nie goedgekeur word nie?
JA
Maak die gedagte aan geen drank of dwelms jou bang?
JA
Hou jy aan drink of dwelms gebruik ten spyte van slegte dinge wat gebeur?
JA
Dink jy ooit dat jy dalk mal is?
JA
Voel jy dit sal vir jou onmoontlik wees om sonder alkohol of dwelms te leef?
JA
Dink jy jy het dalk 'n alkohol- of dwelmprobleem?
JA
DIE STAD KAAPSTAD GEE OM
Rehabilitasie- en opvoedkundige dienste vir gemeenskapsbewustheid
/7-HULPLYN VIR
ALKOHOL- & DWELMGEBRUIK
HET JY GEWEET ...?
In Kaapstad, Durban, Gauteng en Port Elizabeth was die bloed-alkoholkonsentrasie in 45% van alle onnatuurlike sterftes meer as of gelyk aan 0.05 g/100 ml
In Kaapstad, Durban en Port Elizabeth was die asem-alkoholkonsentrasie by 39% van traumapasiënte meer as of gelyk aan 0.05 g/100 ml (wettige limiet)
Fetale alkoholsindroom (FAS) is die enigste siektetoestand wat 100% verhoed kan word
Kaapstad en die Wes-Kaap toon die hoogste vlak van oordadige drinkery onder die jeug ("binge drinking") (34%) met die nasionale gemiddelde op 23%
Tussen 'n derde en die helfte van mense wat in Kaapstad, Durban en Johannesburg in hegtenis geneem is op aanklagte wat as "gesinsgeweld" gekategoriseer word, het gesê hulle was onder die invloed van alkohol toe hulle die beweerde oortreding begaan het
By Kaapstadse leerders in graad 8 en 11 is die kans dat hulle 'n graad op skool sal moet herhaal, 60% hoër indien hulle alkohol gebruik
RIGLYNE VIR ALKOHOLGEBRUIK:
Die volwasse liggaam neem 'n uur of langer om van een eenheid alkohol ontslae te raak
Een eenheid alkohol sal jou bestuursvermoë aantas - probeer liewer om nie te bestuur as jy alkohol gebruik het nie
Gemiddeld is 1 eenheid = 0.02 g in die bloed en die wettige limiet is minder as 0.05 g in jou bloed sorghum of 'n blikkie bier ml wyn ml//'n sopie vodka of brandewyn
EENHEID =
LW: Hierdie inligting dien as riglyn.
