Die Stad Kaapstad se Luggehaltebrosjure is ontwerp om lesers te help verstaan hoe hulle kan bydra om besoedeling uit die lug wat ons inasem, te hou.
Verlede jaar het die Stad Kaapstad meer as 150 dae beleef waartydens lugbesoedelingsvlakke hoër as internasionaal aanvaarde standaarde was. Dit beteken dat die mense van hierdie stad vir amper die helfte van 2006 rook en gasse ingeasem het wat skadelik vir hulle gesondheid is.
Dit is duidelik dat ons nie kan toelaat dat dit so voortduur nie.
Die Stad Kaapstad het 'n verordening bekendgestel om die mate van besoedeling wat deur nywer­hede en private individue veroorsaak word, te beheer en ons het 'n span in plek gestel om hierdie regulasie toe te pas.
Ons werk ook saam met die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap aan 'n nuwe openbare vervoerstelsel, wat ontwerp is om meer mense te oortuig om openbare vervoer te gebruik, en om die aantal motors op die pad, en dus uitlaatgasse, te verminder.
Ons gaan ook elektrisiteitsverspreiding aan huishoudings in informele gemeenskappe oral in die Stad instel om te verseker dat minder brandstof vir hitte en kookdoeleindes gebruik word.
Al hierdie maatreëls sal daartoe bydra dat ons lug skoner gehou word.
Baie meer sal egter bereik kan word as elke inwoner van Kaapstad maniere begin vind om lugbesoedeling in hul daaglikse lewens te bekamp, van die spaar van elektrisiteit tot die meer doeltreffende gebruik van motorvoertuie.
Die Luggehaltebrosjure is ontwerp om jou, die leser, in te lig oor wat jy kan doen om te help.
Dit dien as 'n bron van inligting oor die uitdagings wat deur lugbesoedeling meegebring word, asook 'n praktiese handleiding oor hoe ons dit saam kan aanpak.
In Suid-Afrika is ons almal geregtig op skoon lug. Hierdie reg is aan ons toegeken deur artikel 24 van ons Grondwet, wat soos volg lui: "Elkeen is geregtig op 'n omgewing wat nie skadelikvir hul gesondheid of welsyn is nie, en op die bewaring van die omgewing tot voordeel van huidige en toekomstige generasies, deur middel van redelike wetgewende en ander maatreëls wat:
besoedeling en ekologiese agteruitgang voorkom;
bewaring bevorder; en ekologies volhoubare ontwikkeling en die gebruik van natuurlike hulpbronne verseker, terwyl geregverdigde ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling bevorder word.
In baie gebiede van Suid-Afrika, insluitend Kaapstad, het ons egter nie skoon lug nie. Die luggehalte dra nie tot 'n gesonde omgewing by nie. Inteendeel, swak luggehalte belemmer by tye selfs mense se maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling - veral in die geval van sensitiewe bevolkingsgroepe soos bejaardes, armes of benadeeldes.
En dit kos gewoonlik baie om die gevolge van lugbesoedeling op ons ekonomie, ons gesondheid en die natuurlike omgewing reg te stel, maar die persoon wat daardie koste betaal, is selde die een wat die besoedeling in die eerste plek veroorsaak het.
In 2004 het die Suid-Afrikaanse regering derhalwe die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Luggehalte goedgekeur.
Die doel daarvan is om luggehalte te verbeter deur die instelling van 'n aantal wette en regulasies; om standaarde vir die monitering, bestuur en beheer van omringende luggehalte te stel; en om boetes en strafmaatreëls in te stel vir mense wat die wet oortree.
Wat belangrik is, is dat die Wet die verantwoordelikheid vir luggehalte op die skouers van die plaaslike regering plaas, deur luggehaltebestuursplanne (sien bladsy 4), verordeninge (sien bladsy 10) en ander beleide voor te skryf.
In Kaapstad beteken dit dat die twee belangrikste rolspelers aangaande luggehalte die Stad Kaapstad - en jy - is.
Hoe word luggehalte deur die Wet op Luggehalte gereguleer? Deur voorsiening te maak vir:
Skoon lug word saamgestel uit stikstof (78,1%), suurstof (20,9%), koolstofdioksied (0,03%), inerte gasse soos argon (0,9%)en waterdamp, asook stofdeeltjies (greintjies stof, as, sand en stuifmeel). Ander gasse soos neon, helium, waterstof, osoon, koolstofmonoksied, metaan en salpeterdioksied kom in klein hoeveelhede in die lug voor.
Besoedelde lug bevat egter hoeveelhede gasse en stofdeeltjies wat mense of diere siek of ongesteld / olik kan laat voel; wat natuurlike ekosisteme afbreek of beskadig; of wat nuttige materiale (soos plante of metale) beskadig.
Hierdie afbreuk of skade kan nou of in die toe­koms plaasvind; indien 'n middel slegs oor 500 jaar mense siek kan maak of die omgewing kan beskadig, word dit steeds as besoedeling beskou.
Wat veroorsaak lugbesoedeling?
Ons veroorsaak dit! As mense het ons aan onsself die "reg" op skoon lug toegeëien (sien bladsy 1), maar dis ons wat aan die samestelling van lug ge­peuter het en dit alles behalwe skoon gemaak het.
Enige van ons aktiwiteite wat verbranding (opwarming of verbranding) behels, veroorsaak lugbesoedelende stowwe. Hierdie aktiwiteite sluit in:
Deur te bestuur of te vlieg (die verbrandings­enjin verbrand fossielbrandstof)
Vervaardiging (raffinaderye, staalmeulens, smelterye, sementvervaardiging, papier­vervaardiging, baksteenwerke, ens.)
Generering van elektrisiteit (deur steenkool te gebruik)
Verbranding (verbranding van huishoudelike of industriële afval, verassings)
Deur te kook (gebruik van elektrisieit, steenkool, paraffien, hout of gas)
Verwarming (deur elektrisiteit, kool, hout of gas te gebruik)
Mynwese (verbranding van afval of brandstof)
Aansteek van veld-, bos- of grasbrande (vulkane en stuifmeel is ook bronne van besoedeling)
n Mens kan nie hierdie algemene primêre besoedelende stof ruik, sien of proe nie.
Die hoofbron van CO is onvolledige verbranding van fossielbrandstof van motorvoertuie, asook van die verbranding van hout en industriële prosesse.
Stikstofoksied is die kombinasie van salpeter­oksied en stikstofdioksied (NO2). NOx is ook smaakloos en reukloos, maar 'n mens kan die suur NO2 ruik.
Hierdie gasse word deur verbranding gevorm, veral teen baie hoë temperature.
Steenkool-aangedrewe kragstasies is die grootste bron van SO2, wat 'n baie sterk reuk het ('n bietjie soos 'n vuurhoutjie wat brand). Dieselenjins is ook 'n belangrike bron.
Osoon (Oi)
Wanneer dit hoog op in die stratosfeer plaas­vind, beskerm osoon ons teen sonbrand en ultravioletbestraling, maar wanneer dit naby die aarde se oppervlak plaasvind, word dit as 'n sekondêre besoedelende stof beskou (dit reageer met NOx en koolwaterstowwe).
Lood word in nie-loodvrye brandstof, verf, batterye en pype gevind. Wanneer dit verhit word, verdamp dit (verander vanaf 'n vaste stof in 'n vloeistof) en verskyn in die lug as fyn liggaampies.
Stofdeeltjies is die klein liggaampies in die lug, soos roet, stof, rook, stuifmeel, as, spuitmiddels en klein druppels vloeistof. PM10 (Particulate Matter 10) verwys na stofdeeltjies wat kleiner as 10 mikrons is; PM2.5 verwys na stofdeeltjies wat kleiner as 2.5 mikrons is.
Een mikron is een duisendste van 'n millimeter, en enigiets bo 10 mikrons kan met die blote oog gesien word. Selfs die fynste deeltjies kan egter as wit of bruin waas gesien word. Deeltjies kleiner as 10 mikrons kan diep in die longe ingeasem word. ('n Druppel reën is tussen 400 en 5 000 mikrons).
Bronne van stofdeeltjies is brandstof, diesel­enjins, brandende hout, industriële skoorsteen­pype en skoorstene, ens.
Koolstofdioksied word veroorsaak deur die ver­branding van fossielbrandstof soos steenkool, petrol en diesel. Dit is die belangrikste kweek­huisgas, en dra by tot globale verwarming en klimaatverandering (sien bladsy 8).
Hoeveel is te veel?
Besoedelde lug bevat hoër as normale konsentrasies van sekere gasse en stofdeeltjies. Die Wet op Luggehalte stel perke en standaarde vir die konsentrasies van:
Osoon (Oi)
Benseen
Swerwende vaste stowwe.
Kaapstad se Luggehaltebestuurseenheid vorm deel van die Stad se Direktoraat: Gesondheid, en werk in vennootskap met Waterdienste en Omgewingshulpbronbestuur. Die Stad se Wetenskaplike Dienste voorsien moniteringsdienste vir luggehalte.
Luggehaltebestuur werk in twee spanne: Lugbesoedelingsbeheer en Dieselvoertuigtoetsing. Saam poog hulle om te verseker dat ons reg op 'n skoon omgewing en gesonde lewenstoestande beskerm word deur:
Permitte om brandstof-aangedrewe toestelle te gebruik, uit te reik; geen permit word uitgereik sonder 'n ondersoek of 'n inspeksie op die terrein nie
Ondersoek in te stel na algemene klagtes rakende lugbesoedeling
Versoeke te rig vir beheertoerusting by industriële installasies om besoedelende uitlatings te voorkom en te beheer
Uitvoer van uitlatingstoetse op dieselvoertuie langs die pad
Handhawing van 'n uitlatingsinventaris van alle brandstof-aangedrewe toestelle
Monitering van lugbesoedeling
Identifisering van neigings in lugbesoedeling binne die grense van die Stad Kaapstad
Implementering van die Stad se Lugbesoedelingsverordening en Luggehaltebestuursplan.
Die skoonste lug in Afrika
Die visie van Kaapstad se Luggehaltebestuursplan (LGBP) is: 'Om die stad met die skoonste lug in Afrika te wees'.
Hulle missie is om die gesondheidseffekte van swak luggehalte op die inwoners van Kaapstad te verminder, veral gedurende bruin waas-episodes (sien bladsy 16).
Die LGBP bevat 11 doelwitte om hierdie verbintenisse na te kom; die doelwitte word verder afgebreek in strategieë en aksieplanne. LGBP doelwitte:
Om omringende luggehaltestandaarde en ­teikens vir Kaapstad te spesifiseer
Om geprioritoriseerde besoedelende stowwe te monitor wat bruin waas veroorsaak en menslike gesondheid affekteer.
Kan ons sonder die "Kaapse Dokter" klaarkom?
Hierdie meteorologiese (weer-) toestand beteken dat koeler lug net bo die oppervlak van die grond - lug wat vol stadsbesoedeling is - vasgevang word deur 'n laag warm lug bo dit. Hierdie vasgevangde laag gekonsentreerde besoedeling kan soms so laag soos i0m wees (veral in die winter).
Maar ons kan nie - en moet nie - van ons voete af gevee word deur die sterk wind se belofte van skoon lug nie.
Die Luggehaltebestuurseenheid se plig - en ons s'n - is om te probeer verhoed dat daar nie in die eerste plek op die
Dokter" staatgemaak word nie.
Om luggehalte in informele gebiede te verbeter.
Om huidige en toekomstige wetgewing vir luggehaltebestuur toe te pas.
Om 'n omvattende inventarisdatabasis oor uitlatings vir die Stad Kaapstad saam te stel.
Om voertuiguitlatings in die Stad te beheer.
Om luggehalte tydens grondgebruik- en vervoerbeplanning in ag te neem.
Om die nadelige gesondheidseffekte van swak luggehalte op die bevolking van die Stad Kaapstad te bepaal.
Om 'n omvattende onderwys-en kommunikasiestrategie vir luggehaltebestuur tot stand te bring.
Om periodiek die lugbesoedelingsituasie te hersien, oor vordering verslag te doen en strategieë en doelwitte, waar nodig, aan te pas en op te dateer.
Die grootste lugbesoedelingsgevaar in Kaapstad is stofdeeltjies, waarvan een bron diesel is. Stofdeeltjies kan diep in die longe ingeasem word. Om besoedelde lug in te asem, is eenvoudig nie goed vir jou nie. Maar dis waarskynlik geen verrassing nie. Alhoewel plaaslike navorsing slegs onlangs gepubliseer is, is daar bewys presies hoe sleg lugbesoedeling vir ons nasionale gesondheid is.
Volgens die studies wat deur die Mediese
Navorsingsraad en die Kaapse Skiereiland
Universiteit van Tegnologie uitgevoer is, veroorsaak lugbesoedeling alleen waarskynlik byna 5 000 mense se dood per jaar, wat lei tot n verlies van 42 000 jare weens vroeë afsterwe.
Die navorsing, wat in 2000 onderneem is, toon aan dat buitelugbesoedeling in stedelike gebiede waarskynlik 3,7% sterftes veroorsaak deur hart- en asemhalingsiektes, 5,1% sterftes deur kanker van die lugwegstelsel in volwassenes, en 1% sterftes deur akute asemhalingsinfeksies in kinders onder die ouderdom van vyf jaar.
Die navorsers het tot die gevolgtrekking gekom dat fossielbrandstofverbranding (sien bladsy 3) en verkeersverwante lugbesoedeling (sien bladsy 16) die skuldiges is.
Diepgaande plaaslike navorsing is nog nie gedoen oor die aantal mense wat siek word en hul lewensgehalte verloor as gevolg van lugbesoedeling nie. Hierdie navorsing verwys alleenlik na die aantal mense wat as gevolg van lugbesoedeling sterf.
Wanneer is lugbesoedeling "veilig"?
Daar is geen veilige vlakke vir lugbesoedelende stowwe nie. Blootstelling aan slegs 'n lae vlak hou 'n risiko vir slegte gesondheid vir sensitiewe mense in.
Lugbesoedelingsvlakke word as laag, gemiddeld, hoog of baie hoog geklassifiseer, ingevolge die riglyne en luggehalte "Bandstelsel" soos toegepas in die Verenigde Koninkryk en gevolglik in die Stad se Toestand van die Omgewing Verslag in 1998. Hierdie bandvlakke word dan aan verskeie negatiewe gesondheidsimpakte gekoppel.
Enige vlak bo "laag" beteken dat standaarde oorskry is (vir besonderhede oor hierdie vlakke, sien bladsye 12-13).
Die grootste gevaar van lugbesoedeling in Kaapstad is stofdeeltjies van stof, brandende hout en diesel. Van die navorsing dui aan dat stofdeeltjies wat klein genoeg is om in te asem, 'n kankerrisiko kan inhou. PM2.5, wat kleiner as PM10 is, is veral gevaarlik aangesien hulle die longe dieper indring. Die meeste word deur verbrandingsprosesse veroorsaak.
Sekere stofdeeltjies, tesame met swaweldioksied, verhoog die vlak van lyding onder mense wat met asma saamleef.
Wanneer vlakke van stofdeeltjies baie hoog is, kan mense wat aan siektes van die hart en longe ly, vind dat hulle toestand erger word. Hulle word aanbeveel om hul dokters te raadpleeg. Dit gebeur hoofsaakilik in die winter in areas soos Khayelitsha en Wallacedene.
Wanneer vlakke van swaweldioksied hoog of baie hoog is, sal mense met asma dalk hul medikasie moet vermeerder, en hulle word gewaarsku om hul inhaleerders altyd byderhand te hou. Dit gebeur selde in Kaapstad.
Wanneer stikstofdioksied-vlakke hoog of baie hoog is, kan mense met hart- en longsiektes vind dat hulle toestand erger word. Dit gebeur selde in Kaapstad.
Wanneer vlakke van koolstofmonoksied hoog of baie hoog is, moet mense met angina of ander hartsiektes nie oefening doen nie, aangesien hulle waarskynlik anginapyn sal ervaar. Dit gebeur selde in Kaapstad.
Brandstof se dodelike walms
n Paar grade kan 'n hele verskil maak...
Die meeste van ons mense hou nie van uiterste toestande nie. Ons hou nie daarvan as dit te warm, of te koud, te winderig of te stormagtig is nie. En ons wil beslis nie onder­water, op 'n ysblad of in 'n kurkdroë woestyn woon nie.
Vyftienduisend jaar gelede was die gemiddelde tempera­tuur so koud dat dit bekend gestaan het as die Ystydperk. Hierdie gemiddelde globale temperatuur was slegs 5°C koeler as wat dit nou is.
Wanneer wetenskaplikes oor die wêreld dus voorspel dat die atmosfeer se temperatuur teen 2025 met 1,4°C en teen die einde van hierdie eeu met 5,8°C sal styg, is daar goeie rede tot bekommernis.
Die aarde se temperatuur het geleidelik oor die afgelope twee dekades gestyg, en die meeste van die warmste jare wat ooit aangeteken is, het in die afgelope 10 jaar voorgekom.
Die gasse wat bydra tot klimaatverandering staan bekend as "kweekhuisgasse" - waterdamp, koolstofdioksied, metaan, distikstofokside en chloroflurokoolstowwe (CFCs).
Hierdie gasse - veral koolstofdioksied, opgevolg deur metaan - vorm 'n laag om die oppervlak van die aarde.
Hierdie laag laat die sonlig binne, maar laat nie al die son se hitte ontsnap nie. Die atmosfeer word warm en verhit die aarde, ys en die see en verander oral die gety-, wind-, temperatuur-en reënvalpatrone.
Hierdie aardverhitting, of klimaatverandering, sal lei tot woestynwording (vrugbare grond verander in woestyn­grond), hittegolwe, droogte en hongersnood, stygende seevlakke, vloede en brande in die natuur, geweldige storms en die uitwissing van groot hoeveelhede dier-en plantsoorte.
Hierdie rampe sal ontwikkelende lande en arm mense die swaarste tref.
Maar ons kan hulle nie "natuurlike rampe" noem nie. Hulle is nie natuurlik nie - hulle is die gevolg van ons aktiwiteite, ons verbranding van fossielbrandstof soos olie en steenkool (sien bladsy 2), en verwoesting van inheemse woude in ruil vir ons moderne, stedelike, industriële lewens..
In Kaapstad is 'n aantal rampe reeds met die veranderende weer geassosieer. Dit sluit in die vloede op die Kaapse Vlakte (1994 en 2001), die Manenberg windstorms (1999 en 2002), die brande in die suidelike deel van dieSkiereiland , die brande in die Joe Slovo informele nedersetting (2000, 2004 en 2005), hewige storms (2003, 2004 en 2005) en herhalende ernstige droogtes (2002 tot 2005).
Die Stad reageer op voorspellings van klimaatverandering
Een van die maniere waarop Kaapstad beplan om sy koolstofvoetspoor te verklein, is deur die gebruik van hernubare energie (energie wat nie uit fossielbrandstof geproduseer word nie) aan te moedig. Die Stad se "Strategie vir Energie en Klimaatverandering" is daarop gemik om dit wettig te maak om in elke nuwe gebou sonwaterverhitting te gebruik - met ten minste 10% van alle (omtrent 850 000) huishoudings wat teen 2010 sonverhitting gebruik. Die Stad sal binnekort ook energie verkoop wat deur wind opgewek word.
Die Stad se Eenheid vir Omgewingshulpbronbestuur ontwikkel ook 'n "Plan B", ingeval alle gekombineerde pogings deur internasionale ooreenkomste, die Stad en inwoners nie sukses­vol is met die vertraging van klimaatverandering nie. Genoem die "Stad Aanpassingsplan van Aksie vir Kaapstad", ondersoek hierdie plan wysigings wat miskien aan stelsels soos water­voorsiening, stormwaterbestuur, biodiversiteit, brandbestuur, gesondheid, lewensbestaan en ons kus-sones aangebring sal moet word.
Wat doen lug­besoedeling nog?
Wanneer swaweldioksied en distikstofoksiedes met water­damp in die atmosfeer meng, verander hulle in swawel­suur en salpetersuur. Hierdie mengsel val dan op die grond as "suurreën". Suurreën affekteer die gehalte van ons drinkwater. Dit affekteer ook visse en ander wesens wat in water woon, en die diere wat hiervan afhanklik is vir voedsel. Daarbenewens verweer suurreën steen-en sand­steengeboue, en dit kan woude en gewasse doodmaak (deur hul blare te beskadig en die grond te vergiftig).
Verwoesting van materiale
Yster, sink, koper, lood, tin, staal, daklei en brons verweer almal vinniger in industriële, stedelike gebiede weens lugbesoedeling.
Osoon kan weefstowwe verswak en rubber uitdroog, wat sal veroorsaak dat dit kraak.
Stikstofoksiedes kan verf laat verweer en weefstowwe laat bleik.
Triestige, rokerige hemel
Wie wil in 'n stad woon - of dit besoek - as sy natuur­like prag deur besoedeling weggesteek word?
Ons vryheid, ons gerief, ons vooruitgang is alles die produkte van fossielkoolstof, wat, wanneer dit verbrand word, die gas koolstofdioksied vorm, wat hoofsaak­lik verantwoordelik is vir globale verwarming. Ons generasie is een van die mees bevoordeeldes wat nog ooit gelewe het. Dit kan ook een van die mees bevoordeeldes wees wat ooit sal lewe. Ons belewe die kort historiese tussenspel tussen ekologiese beperking en ekologiese katastrofie."
Die Verordening op Lugbesoedelingsbeheer n Rookvrye stad. Die areas wat in die kaart uitgelig is, is deel van Kaapstad se "Rookvrye Sone". Binne hierdie sone, mag geeneen toelaat dat donker rook van sy of haar perseel uitgelaat word nie ("rook van so 'n digtheid of gehalte dat dit lig in 'n mate van meer as 10 persent sal uitskakel.")
In 2003 het die Stad 'n verordening ingestel wat daarop gemik is om lugbesoedeling te beheer, en om die skade wat deur enige lugbesoedeling veroorsaak word, reg te stel.
Hierdie Verordening op Lugbesoedelingsbeheer is in lyn met ons Grondwet, wat die beheer van lugbesoedeling die ver­antwoordelikheid van die plaaslike regering in sy eie gebied maak. Vir 'n definisie van lugbesoedeling, sien bladsy 2.
Wat sê die verordening oor my?
Jy mag nie aansienlike lugbesoedeling veroorsaak nie.
Jy mag nie 'n risiko vir aansienlike lugbesoedeling skep nie.
Jy mag nie eens gedeeltelik verantwoordelik wees vir die skep (van die risiko) van aansienlike lug­besoedeling nie.
Indien jy die risiko van aansienlike lugbesoedeling veroorsaak, moet jy die probleem so ver as moontlik oplos. In die taal van wetgewing word daar van jou verwag om "enige aansienlike lugbesoedeling wat plaasgevind het, te verminder en so ver as wat dit moontlik is, reg te stel."
Aansienlike" besoedeling is nie 'n toevallige definisie nie. Blaai na bladsy 13 vir besonderhede oor spesifieke vlakke van besoedelende stowwe wat aanvaarbaar is.
Wat sê die verordening oor die Stad?
Die Stad moet die impak van brandstof-aangedrewe toestelle soos stoomketels, kragopwekkers, sandblasers, spuitkamers en verbrandingsoonde ondersoek, evalueer en assesseer.
Die Stad moet optree - en aanhou optree - teen besoedelaars.
Die Stad moet hierdie aksie vroeër eerder as later neem (in regsterme, moet die Stad hierdie aksies "voor 'n gespesifiseerde, redelike datum" neem)
Indien die oortreder nie aksie neem om besoedeling te verminder of reg te stel nie, mag die Stad dit doen, en die rekening daarvoor aan die persoon stuur wat direk of indirek verantwoordelik is vir die besoedeling.
Die verordening stel reëls oor:
Hoeveel rook deur nie-residensiële persele uitgelaat mag word.
Hoeveel rook deur residensiële eenhede uitgelaat mag word.
Hoeveel rook deur voertuie uitgelaat mag word.
Wie brandstof-aangedrewe toerusting mag installeer, wysig, vervang of bedryf.
Wanneer en waar enige oop verbranding mag plaasvind (soos afval).
Enige uitlatings wat as 'n steurnis bestempel word.
Die hele gebied binne die beheer van die Stad Kaapstad is verklaar tot ge­noem word 'n "lugbesoedelingsbeheersone", ingevolge die verordening. Dit beteken dat die Stad enige aantal nuwe wette mag ontwerp wat:
Die uitlating van een of meer lugbesoedelende stowwe vanaf alle of sekere persele mag verbied of beperk.
Die verbranding van sekere soorte brandstof mag verbied of beperk.
Rookvrye sones mag verklaar
Verskillende vereistes in verskillende geografiese gebiede of persele mag voorskryf.
Monitering van Kaapstad se lugbesoedelingsvlakke
Bo: Elf luggehaltemonitering­stasies binne die Stad moniteer die vlakke van prioriteit besoedelende stowwe en stofdeeltjies
Regs: Die ligging van Kaapstad se 11 moniteringstasies
Sentraal Kaapstad (kant van die pad) X X X
n Vinnige blik uit die venster kan jou vertel of daar bruin waas, rook of stof is, maar dit sal jou nie van daardie ander onsigbare, en dikwels reuklose gasse vertel wat die planeet verhit en jou gesondheid beskadig nie.
Vir hierdie besoedelende stowwe - asook die sigbare stowwe - gebruik Kaapstad 11 lug­gehaltemoniteringstasies met hoogs moderne toerusting om vlakke van stofdeeltjies (PM10) te moniteer, asook vlakke van wat bekend staan as "prioriteit besoedelende stowwe" (in die VSA staan hulle bekend as "kriteria besoedelende stowwe").
stikstofdioksied swaweldioksied koolstofmonoksied, en osoon.
Klein passiewe moniteringseenhede word aangewend by 10 terreine, grotendeels naby die olieraffinadery, om benseen en tolueen (hulle word as "luggifstowwe" en VOCs geklassifiseer) te meet. Hierdie opname sal binnekort uitgebrei word, met die toevoeging van deurlopende moniteringstoerusting en passiewe toetsers.
Die data wat deur monitering ingesamel word, word gebruik vir navorsing oor besoedelings­bronne en gevolge (soos Kaapstad se Bruin Waas Verslag en die Mediese Navorsingsraad se werk waarna op bladsy 6 verwys word), en om byvoorbeeld beleidmakers oor vervoer- en stedelike beplanning te adviseer.
Osoon 200 µg/ m3 120 µg/ m3
Benseen (CH4) Nota: daar is geen veilige benseen­vlakke nie 5 µg/ m3
g = mikrogram per kubieke meter (m3)
Die Departement van Omgewingsake en Toerisme het nasionale standaarde vasgestel vir die toelaatbare hoeveelheid, of konsentrasie van, verskeie besoedelende stowwe in omringende lug. Hierdie hoeveelhede of konsentrasie word teen 'n standaard temperatuur (25°C) en druk
Sonder hierdie soort data sal ons byvoorbeeld nog gelei tot die Khayelitsha Lugbesoedelingstrategie steeds ons voertuie met hoë-lood en hoë-swawel (sien bladsy 14), en om stadsnywerhede te oortuig brandstof volmaak. Daarbenewens het inligting om belangrike aanlegveranderings te maak om oor verhoogde vlakke in informele nedersettings uitlatings te verminder (sien bladsy 20).
In baie gebiede van Kaapstad is die wind toegegee - welkom aangesien dit lugbe­soedeling wegwaai en die lug skoonmaak. Dit is egter nie die geval in Khayelitsha nie, waar die wind stof van ongeplaveide strate en sypaadjies opswiep en rook van brandende houtvure in die lug laat ronddraai. Selfs waar huise elektrisiteit het, beteken die ekstra onkoste dat vure verkies word vir verhitting en kookdoeleindes, terwyl elektrisiteit gebruik word vir beligting en televisie.
As gevolg daarvan het Khayelitsha 25% meer PM10 (sien bladsy 3) in die lug as die nabygeleë Goodwood, en 70% meer stofdeeltjies as in die sentrale deel van Kaapstad..
Die Khayelitsha Lugbesoedelingstrategie, 'n vennootskap tussen die Stad, die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie en die Universiteit van Kaapstad, is 'n loodsprojek om luggehalte in informele gebiede van Kaapstad te verbeter. Dit sal 'n gedetailleerde opname van huishoudings, besighede en ander bronne van lugbesoedeling in Khayelitsha behels, ten einde 'n uitlatingsdatabasis saam te stel en toekomstige scenarios vir luggehalte te ontleed. Opnamepersoneel sal aangestel en opgelei word uit die plaaslike gemeenskap.
Die projek word befonds deur die Armoedever­ligtingsprogram van die nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme (DEAT). Hoë vlakke van PM10 is 'n bekommernis aangesien daar gevind is dat dit mense met lugwegsiektes soos asma affekteer, en die aantal toelatings by hospi­tale vir asemhalingsprobleme laat toeneem. Ver­hoogde vlakke van kroniese brongitis, asma, hoes, gefluit in die bors en asemnood word ook deur hoë vlakke van PM10 veroorsaak (sien bladsy 7).
Mense wat in die gebied woon, sal deur die projek bewus gemaak word van die gesondheidsimpak van lugbesoedeling en maniere om uitlating te verminder. Beter luggehalte sal nie slegs die gemeenskap bevoordeel nie (veral mense wat lewe met MIV en VIGS, en TB), maar sal ook lei tot besparing in gesondheidskostes vir die Stad en 'n verhoging van produktiwiteit in die werkplek.
Die doelwitte van die Khayelitsha Lugbesoedelingstrategie is om :
Die hoofbronne van PM10 in die gebied te identifiseer deur 'n opname te maak van huishoudelike brandstofverbruik, asook opnames van besighede en verkeer wat swak luggehalte veroorsaak;
Die vaardigheidsvlakke van die plaaslike mense wat aan die projek werk, te verhoog ten einde hulle kanse vir toekomstige werk te verbeter;
Huishoudings te onderrig oor die gesondheidsimpakte van lugbesoedeling, en wat hulle kan doen om lugbesoedeling te verminder;
Skoner brandstofverbruik te bevorder; en
Maniere te identifiseer en loodstoetse in te stel vir die verbetering van luggehalte in terme van die doeltreffendheid en aanvaarbaarheid daarvan in die gemeenskap.
Die Stad het 'n luggehaltemoniteringstasie in die Terrein C-gebied van Khayelitsha. Hierdie stasie sal voortgaan om luggehalte te moniteer en die doeltreffendheid van die geselekteerde intervensies te meet.
Vervoer (openbaar en privaat, diesel en petrol) is In Kaapstad is die uitlatings van voertuie verantwoordelik vir ten minste 50% van kweek-verantwoordelik vir daardie lelike band van dik, huisgasse in Suid-Afrika, en is 'n groot bron van geel rookmis wat bo die Valsbaai kuslyn hang. plaaslike lugbesoedeling. Ingevolge die "Bruin Waas" verslag van 1997,
Die algemeenste oorsake van uitlaatrook vanaf dieselvoertuie
Enjinkomponente Brandstofpomp Oorsake van swart rook-uitlatings Slytasie van die brandstofpomp veroorsaak dat die pomp 'n oormaat diesel aan die enjin lewer Hoe om swart rook­uitlatings te voorkom Kalibreer die brandstof­inspuiterpomp
Brandstofinspuiter Foutiewe brandstofinspuiters kan nie die diesel as 'n fyn mis in die inspuiter sproei nie Herstel of vervang die enjin
Lugfilter n Verstopte lugfilter lei tot onvoldoende lugto­evoer na die enjin; beskadigde filters laat vuil lug toe om die enjin direk binne te dring Maak filter skoon of vervang dit
Enjinblok Slytasie van die enjinblok veroorsaak 'n gebrek aan druk of onvolledige verbranding Opknapping van enjin
Uitlaatpyp Roet en vullis wat in die uitlaatpyp aanpak, sal daartoe lei dat die roet en vullis in die uitlaat­gasse voorkom Maak uitlaatpyp skoon of vervang dit
Suierringe Verslyt Vervang word bykans twee-derdes van hierdie besoede­ling veroorsaak deur voertuiguitlatings, veral uit dieselgedrewe voertuie. Dieseluitlatings bevat ook koolstof gemeng met nitraat, sulfaat, metale en ander spoorelemente.
In 2000 het Stad Kaapstad dus 'n doelspesifieke dieseluitlatingstoetseenheid gestig, en meer as 20 000 dieselvoertuie is reeds getoets sedert die eenheid se stigting (die koers van motors wat nie die toets geslaag het nie, het geleidelik verminder vanaf 17% tot 1,8%).
Lugbesoedelingsbeamptes toets willekeurig dieselvoertuie by verskeie toetsterreine langs die pad, waar bestuurders gevra word om die motor se versneller te trap, terwyl die toetser 'n ligmeter gebruik om die donkerheid van die rook wat die uitlaatpyp verlaat, te meet.
Donker rook word omskryf as rook wat meer as 60 Hartridge Rookeenhede (HRE) vir natuurlik geaspireerde dieselgedrewe voertuie meet en 66 HRE vir turbo-aangedrewe dieselgedrewe voertuie.
Hierdie nuwe generasie dieselenjins kan so skoon brand, dat die ligmeter 'n nul lesing sal wys. 'n Lesing onder 20 HRE bewys dat die voertuig redelik goed onderhou word.
Wanneer die lesing bo 20 HRE is, is die rook merkbaar en sal dit 'n rede tot kommer wees, maar dit is steeds goed binne die parameters van die verordening. Die bestuurder van 'n voertuig wat nie hierdie toetse slaag nie, kan daar en dan 'n boete van R500 opgelê word.'n Herstelkennis­gewing word dan aan die bestuurder gegee, wat hom inlig om dit aan die eienaar van die voertuig te gee ('n afskrif van die herstelkennisgewing sal aan die eienaar gepos word wanneer die besonderhede van eienaarskap van die voertuig bevestig is.) Die eienaar moet dan die voertuig laat herstel en dit binne 30 dae laat hertoets.
Versuim om aan die herstelkennisgewing gehoor te gee is 'n oortreding en kan verdere boetes en strawwe beteken (R1 500 vir die eerste oortreding).
Nie net vir bestuurders van die­selvoertuie nie ...
Wat kan ek doen om bruin waas uit te wis?
Skakel jou enjin af indien jy vir meer as 'n paar minute gaan luier. 'n Dieseltrok verbrand 5 liters brandstof vir elke uur wat dit luier.
Gebruik lae-sulfaat diesel (of biodiesel, wanneer dit beskikbaar word).
Hou jou bande behoorlik gepomp en gespoor.
As jy 'n nuwe petrolvoertuig koop, kies een met 'n katalitiese omsitter in die voertuig se uitlaatstelsel.
Bestuur met wysheid: moet nie toelaat dat jou enjin oorverhit nie, moet nie in die verkeerde rat ry nie en moet nie jou
Dis heel eenvoudig:
op 'n openbare pad mag jy nie 'n voertuig bestuur of gebruik wat swart rook uitlaat nie.
voertuig oorlaai nie.
Laat jou voertuig gereeld diens en laat die enjin reg ingestel word.
Gebruik jou lugverkoelingstelsel slegs wanneer absoluut nodig (maak die vensters oop - die omringende lug mag jou herinner waarom jy moet omgee!).
Reis op 'n skoner manier: ryklub, gebruik openbare vervoer, ry fiets of loop, indien moontlik.
Kaapstad roer sy litte met beweegbaarheid
Openbare vervoer moet die grootste voordeel wees wat na 2010 vir Kaapstad nagelaat word," sê Uitvoerende Burgemeester, Helen Zille. "In openbare vervoer moet ons verseker dat spoor­vervoer, vinnige busvervoer en 'n hernude taxi­diens mense doeltreffend binne die metro­politaanse gebied rondbeweeg en privaatmotor­verbruik verminder."
Kaapstad se plan vir nie-gemotoriseerde vervoer het internasionale toekennings ontvang, en is daarop gemik om fietsry as 'n manier van vervoer te bevorder en om 'n kultuur te kweek wat fietsry en loop as 'n aanvaarbare manier vestig om in die stad rond te beweeg (en gee aan fietsryers en lopers 'n billike gedeelte van die padoppervlakte).
Daar is alreeds 90 km fietspaaie in die stad ge­bou (en meer is aan die kom), terwyl befondsing onlangs goedgekeur is vir 14 nuwe projekte wat voetgangers se toegang tot openbare vervoer sal verbeter.
Fietsry vir beter luggehalte
Begin klein en werk op na iets groter," stel hy voor. "Loop na die kafee om jou koerant te koop. Reis een dag per week werk toe met die trein of bus, wanneer jy geen eksterne vergaderings of laat afsprake het nie..."
Vir wenke en inspirasie oor fietsry as vervoer, besoek van die webblaaie op bladsy i4.
Lugbesoedeling kan maar te maklik aanvaar word as iemand anders se skuld. As jy nie 'n industriële skoorsteen is nie, moenie hout as jou hoofbrandstof vir kook-of verhittingsdoe­leindes gebruik nie, en moenie 'n voertuig bestuur wat 'n lang straal rook agterlaat nie jy dra mos nie by tot lugbesoedeling nie, nê? Jy moet die besoedelde lug inasem en vergaan van hitte op 'n planeet wat oorverhit, maar jy kan niks daaraan doen nie - dink jy regtig so?
Die hoofbronne van lugbesoedeling is enige van ons aktiwiteite wat verbranding behels. Terwyl jy dus nie persoonlik 'n steenkool-aangevuurde kragstasie aanskakel nie, of 'n stoomketel by 'n vervaardigingsaanleg aanvuur nie, of afval verbrand nie, moet jy wel verantwoordelikheid neem vir die feit dat hierdie aktiwiteite enigsins plaasvind.
Die goeie nuus is natuurlik, dat enigiets wat jy doen om hulpbronne te bewaar, 'n vermindering in lugbesoedeling tot gevolg sal hê.
Stuur minder na stortingsterrein
Kaapstad het drie funksionerende stortings­terreine (vir afval), wat oor honderde hektaar grond strek . Soos die afval op hierdie terrein stadig (baie stadig) verrot, word metaan vryge­laat - een van die belangrikste kweekhuisgasse (sien bladsy 8).
Hoe minder afval jy vir die Stad uitsit om te kollekteer, hoe minder metaan sal vrygelaat word! Probeer hierdie wenke om jou hu­ishoudelike afval te verminder:
Hersirkuleer, hergebruik en herstel.
Probeer om nie produkte met baie verpak­king te koop nie, soos groente in polisti­reen houers in plastiek toegedraai.
Koop in groot maat , aangesien jy dan meer van die produk en minder van die verpak­king kry.
Kies inruilbare of herbruikbare houers.
Koop hervullings en konsentrate, aangesien hulle gewoonlik minder verpakking het.
Kies duursame artikels in plaas van produkte wat binnekort vervang sal moet word.
Kies produkte waarvan die inhoud reeds herwin is (hierdie inligting verskyn gewoon­lik op die etiket).
Koop plaaslike produkte, aangesien dit minder verpakking nodig het om vars te bly (en minder energie vir vervoer).
Probeer om net te koop wat jy nodig het. Alles wat jy koop, ondergaan een of ander vorm van prosessering, vervoer en ver­pakking, waarvan alles hulpbronne gebruik en afval produseer.
Kies minder swaar geprosesseerde produkte, soos vars vrugte eerder as ingemaakte vrugte. Dit het minder hulpbronne gebruik en minder afval geproduseer.
Moenie watts vermors nie
Elke keer as ons elektrisiteit geproduseer uit fossielbrandstof gebruik, dra ons by tot swak luggehalte. Dis omdat die meeste van ons kragstasies steenkool as hul bron van krag gebruik, wat 'n groot bron van kweekhuisgasse is. Hoe meer elektrisiteit bespaar word, hoe minder moet daar gegenereer word.
Koop energiesparende gloeilampe. Kompakte fluoor-gloeilampe (CFLs) gebruik 80% minder elektrisiteit as ge­wone gloeilampe en hou tot agt keer langer.
Maak jou warmwatertoestel met 'n "geiser­kombers" toe en insuleer die pype.
Koop energiesparende toestelle of gas­toestelle.
Skakel toestelle (soos die televisie) af, eerder as om dit op bystand te los.
Kook een-pot maaltye en hou deksels op potte.
Laat kos vinnig tot kookpunt kom op "hoog", en draai dan die hitte laer om te "prut" totdat kos gaar is.
Hou die oond se deur heeltemal toe totdat kos gaar is (gebruik eerder die oondlig om te kyk of jou kos gereed is). Elke keer as die deur oopgemaak word, sak die oondtemperatuur, en die hitte moet vervang word.
Kouewater-kortwassiklusse en slegs­afspoelsiklusse op skottelgoedwassers en wasmasjiene is ontwerp vir energie-en waterbesparing. Moet nie (noodwendig!) jou klere was elke keer as jy dit gedra het nie.
Maak seker dat jou watersilinder/geiser doeltreffend werk en dat die geiser se termostaat op 'n redelik lae temperatuur gestel is.
Nog beter, installeer 'n sonwaterverwarmer. 'n Sonwaterverwarmer gebruik energie van die son om water te verhit. Hulle kan enigiets vanaf R3 000 tot R18 000 kos, maar na vier jaar of so, is die besparing aan elektrisiteit meer as die koste.
Industrie in Kaapstad is tans verantwoordelik vir on­geveer 20% van plaaslike lugbesoedeling. Fabrieke het egter biljoene rande spandeer om hul uitlatings te verminder deur aanpassings by hul aanlegte aan te bring, skoner produksie-metodes te volg en besoedeling te moniteer.
Sekere van die aanpassings by aanlegte behels toerusting soos gasreinigers, sandopvangers of -versamelaars, elektrostatiese bewerkers, filters, of die verbranding van lae-sulfaat olie in die stoomketels.
n Gasreiniger is 'n toestel wat gas skoonmaak - dit verwyder stofdeeltjies en reuke uit die gasstroom by wyse van turbulente kontak met waterdruppels.
Hoë-doeltreffendheid opvangers is toestelle wat klein greintjies verwyder, terwyl lae-doeltreffend­heid opvangers die groter liggaampies verwyder.
Elektrostatiese bewerkers beheer ook die uitlating van stofdeeltjies. Hierdie toestelle, wat tot R42­miljoen kan kos, gebruik elektriese kragte om stof­deeltjies uit die gasstroom na opvangers te beweeg.
Die Groen Skerpioene"
Die Inspektoraat: Omgewingsbestuur bestaan uit 'n netwerk van omgewingstoepassingsbeamptes van verskillende regeringsdepartemente (nasion­aal, provinsiaal en munisipaal). Hulle staan alom bekend as die "groen skerpioene".
OBIs (of Omgewingsbestuursinspekteurs) monitor die voldoening aan en toepassing van omgewings­wette. Hulle sluit parkbewaarders, bewarings­beamptes, luggehaltebeamptes, mariene- en kusbeamptes, afvaltoepassingsbeamptes en beamptes wat stedelike ontwikkeling monitor, in.
Die wet wat OBIs (in 2005) bekendgestel het, het ook nuwe kriminele oortredings bekendgestel! Dit beteken dat versuim om 'n kennisgewing wat deur 'n OBI uitgereik is, na te kom 'n kriminele oortreding is, en nie 'n burgerlike oortreding nie (soos om 'n verordening te oortree).
Wat sê nasionale wetgewing oor industrie?
Die Wet op Omgewingsbewaring van 1989 sê dat "geskeduleerde prosesse wat in die Tweede Sked­ule van die Wet op Atmosferiese Besoedelings­voorkoming, 1965 gelys word" 'n "aansienlike nadelige effek op die omgewing" het. Enige in­dustrieë wat betrokke is by hierdie prosesse moet dus 'n omgewingsimpakassessering ondergaan. Die Wet op Atmosferiese Besoedelingsvoorkoming lys 73 sodanige prosesse.
Dit sluit in:
Prosesse waar glas vervaardig word
Prosesse waar papier of pulp vervaardig word
Houtverbranding
Metaalsproeiprosesse
Prosesse waar afval verbrand word
Keramiekprosesse (soos in baksteenmakery)
Prosesse waar krag gegenereer word
Fosfaatkunsmisprosesse.
Wat sê die verordening oor industrie?
Geen fabriek mag enige brandstof-aangedrewe toerusting installeer, wysig, uitbrei of vervang sonder die skriftelike magtiging van die Stad Kaapstad nie. Die Stad moet seker maak dat industrieë die korrekte maatreëls vir besoedelingsbeheer in plek het en, indien nie, die korrekte toerusting laat installeer op koste van die oortreder.
Om 'n skoon vervaardiger te word
grondstowwe, water en energie bewaar;
giftige en gevaarlike grondstowwe elimineer; en die hoeveelheid en giftigheid van alle uitlat­ings en afval tydens die produksieproses by die bron van oorsprong elimineer.
Op hierdie manier verminder Skoner Produksie die risiko's vir ons gesondheid, bespaar geld, verbeter doeltreffendheid en bevorder volhou­bare ontwikkeling.
Hierdie klubs in industrieë soos die plastiek- en kleinhandelmotorbedryf, en in Atlantis Industria, kom gereeld bymekaar om inligting uit te ruil oor hoe om afval by die bron van oorsprong te verminder (met ander woorde, selfs voordat dit vervaardig word).
Elke klub kan trots wees op talle suksesse en besparings. Een veselfabriek, byvoorbeeld, het daarin geslaag om 625 069 kWh energie per jaar te bespaar (energie, of elektrisiteit uit fossielbrandstof, is 'n belangrike oorsaak van lugbesoedeling).
En in een jaar het nog 'n klub deelnemer die hoeveelheid veselafval wat hulle na stortings­terreine stuur (hierdie terreine produseer metaan, die tweede belangrikste kweekhuisgas) met die helfte gesny. Hulle het ook R1 500 per maand bespaar deur fluoorbuisbeligting met meer energiebesparende lae-kwik ligte te vervang.
n Kaapse verpakkingsfabriek het daarin geslaag om hul afval met 10% te verminder (deur dit net te moniteer en skoonheid/netheid te verbeter), en het ook 8% in elektriese skakeling­skoste bespaar.
In 2006 het BELSEF (Die Bellville-Suid Omgewingsforum) die 2006 Nasionale Vereniging vir Skoonlugbestuur Toekenning ontvang vir uitstaande pogings om lugbesoedeling op hul laag ste vlakke in Bellville-Suid te bring. BELSEF bestaan uit verskeie industrieë, openbare en residensiële organisasies, en verteenwoordigers van die regering (die Stad en die Wes-Kaap). Hulle hoofdoelwit is om omgewingsbeskerming en openbare gesondheid in die Bellville-Suid gebied te bevorder. Maatskappye het bygedra tot die aankoop van 'n luggehalte moniteringstasie. Hierdie moniteringstasie is geleë op SANS Fibres se sportveld en monitor die luggehalte 24 uur per dag.
Een van die take van die Luggehaltebestuurseenheid is om klagtes te ondersoek oor individue of industrieë wat die Verordening op Lugbesoedelingsbeheer (sien bladsy 10) oortree het.
Indien jy 'n oortreding van 'n verordening wil rapporteer, moet jy eers soveel inligting as moontlik insamel. Tree dan in verbinding met die Luggehaltebestuurs­kantoor of jou naaste omgewingsgesondheidskantoor.
Elke personeellid by Luggehaltebestuur is verantwoordelik vir 'n spesifieke geografiese gebied in die Stad. Wanneer die Eenheid 'n klagte ontvang, word die besonderhede elektronies vasgelê en die verantwoordelike beampte sal die klagte binne twee dae ondersoek. Jy moet bereid wees om hofprosedures as 'n getuie by te woon.
Indien die persoon of industrie die verordening oortree het, sal die beampte 'n mondelinge waarskuwing uitreik (indien dit 'n eenvoudige, maklik-om-reg-te-stel probleem is soos ongemagtigde verbranding van plantegroei), 'n bedaringskennis­gewing uitreik of 'n onmiddellike boete oplê.
Indien die oortreder nie die voorwaardes wat in die bedaringskennisgewing gestipuleer is, nakom nie, sal hy of sy gedagvaar word. 'n Skuldigbevinding kan 'n twee-jaar tronkstraf, of 'n boete van tot R40 000, tot gevolg hê.
Luggehaltebestuurskantoor
By die huis
Verminder, hersirkuleer en herbruik ek?
Maak ek kompos met organiese afval?
Skakel ek elektriese toestelle af wanneer ek hulle nie gebruik nie? Is my toestelle energiebesparend?
Het ek 'n sonwaterverwarmer op my dak?
Gebruik ek energiebesparende beligting?
Was ek klere in lou of koue water, eerder as warm wa­ter?
Verbrand ek afval?
By die winkels
Hoef ek regtig dit te koop? Of kan ek oor die weg kom met wat ek het?
Tydens vervaardiging, was hierdie produk verantwoorde­lik vir lugbesoedeling?
Is hierdie produk plaaslik of ingevoer? Hoe ver moes dit reis om by my uit te kom? En hoeveel lugbesoedeling het dit in die proses veroorsaak?
Wat sal met hierdie produk/verpakking gebeur as ek daarmee klaar is?
Doen ek inkopies by winkels wat verbind is tot ener­giebesparing en die vermindering van koolstofuitlatings/ kweekhuisgasse?
Kies ek items wat nie te veel verpakking het nie?
Neem ek my eie inkopiesak saam?
By die werk
Behoort ons maatskappy aan 'n afvalverminderingsklub?
Word energiebesparing in die gebou of fabriek toegepas?
Maak ons organisasie van skoner produksiemetodes gebruik?
Aan die beweeg
Is dit regtig nodig dat ek hierdie reis onderneem? Vandag?
Is dit nodig dat ek hierdie reis per motor onderneem, of kan ek openbare vervoer gebruik, loop of fietsry?
Is my voertuig goed onderhou en word dit gereeld gediens?
Is my wielbande behoorlik opgepomp?
Laat my voertuig swart rook by die uitlaatpyp uit?
Gebruik ek lae-sulfaat of biodiesel?
Is my motor brandstof-doeltreffend of vreet dit petrol?
Is die nommer om lugbesoedeling aan te meld op my telefoon geprogrammeer?
Oor klimaatverandering
Oor wetgewing en internasionale protokolle
Die publikasies hier onder vermeld, is beskikbaar by die nasionale Departement van Omgewing­sake en Toerisme - www.environment.gov.za
Oor lugbesoedeling en gesondheid
Oor die monitering van luggehalte
Oor volhoubare vervoer
Hulpbronne vir argitekte, beplanners, onder­wysers/professors, studente, besluitnemers en betrokke burgers www.worldcarfree.net
Oor die bestuur van luggehalte in die algemeen
Skoner Produksie
Organisasies wat meer volhoubare stede bevorder
n Internasionale vereniging van plaaslike regerings en nasionale en streeks- plaaslike regeringsorganisasies wat hulself verbind het tot volhoubare ontwikkeling. www.iclei.org
Omgewingswetgewing
Wet op Atmosferiese Besoedelingsvoorkoming (45 van 1965)
Wet op Omgewingsbewaring (73 van 1989)
Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (107 van 1998), en wysigings
Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Luggehalte (39 van 2004)
Verduideliking van woorde
Stof" beteken enige vaste stof in 'n fyn of verbrokkelde vorm wat in die atmosfeer kan versprei of rondsweef.
wat ontwerp is om vloeistof, gas of soliede brandstof, wat gebruik word om ontslae te raak van enige materiaal of afval deur verbranding, te brand of in staat is om te brand, of wat gebruik word om vloeistof, gas of soliede brandstof te onderwerp aan enige proses wat die toepassing van hitte behels.
Rook" beteken die gasse, stofdeeltjies en produkte van verbranding wat in die atmosfeer vrygelaat word wanneer materiaal verbrand word of aan hitte onderwerp word, en sluit die roet, stof en stowwerige greintjies in wat deur rook vrygelaat word.
