Geagte Respondent
Voorspoed vir die nuwe jaar!
Ten spyte van die vorige aanmaning, is u ingevulde vraelys van die Sensus van Landbou 2007 steeds uitstaande.
As gevolg van die lae invorderingsyfer, kan Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) dalk nie in staat wees om betroubare data betyds te publiseer nie. U samewerking word gevra om die ingevulde vraelys (vir die finansiële jaar geëindig op enige datum tussen 1 Maart 2006 en 28 Februarie 2007) so gou moontlik in te dien (deur dit te faks of per e-pos te stuur).
Indien u onseker is oor die invul van die vraelys, of enige navrae ten opsigte van die invul daarvan het, skakel gerus die kantore van Stats SA by bogenoemde telefoonnommers. Stats SA is bereid om enige individuele boer of rekenmeester/boekhouer persoonlik behulpsaam te wees, sonder enige koste, met die telefoniese invul van die vraelyste of deur middel van 'n persoonlike besoek wat vooraf gereël is.
As gevolg van vertragings wat ondervind word met die posdienste, mag dit wees dat u alreeds u vraelys ingedien het, maar dat Stats SA dit nog nie ontvang het nie. Dit sal waardeer word indien u die Stats SA-kantore dienooreenkomstig kan verwittig.
Ons maak staat op u heelhartige samewerking.
Met vriendelike groete
PROJEKBESTUURDER: SENSUS VAN KOMMERSIËLE LANDBOU 2007
