n oorsig n Oorsig van die
Nasionale Stand van die Omgewing
Opgestel deur:
Redakteurs:
Voorwoord
Die aangesig van die omgewing in Suid-Afrika het die afgelope 100 jaar dramaties verander. Landbou- en bosboubedrywighede het groot gebiede natuurlike plantegroei ingeneem terwyl ganse landskappe geheel en al deur mynwerksaamhede verander is. 'n Aansienlike gedeelte van die land is deur snelgroeiende stedelike konglomerate ingeneem namate die bevolking toenemend 'n verskuiwing van 'n oorwegend landelike bestaan na 'n stedelike leefwyse ondergaan het.
Met die aanbreek van die 21ste eeu staan ons met die een voet in die derde wêreld en die ander in die eerste wêreld. Ons stel heelwat van die maatskaplike probleme wat met ontwikkelende lande vereenselwig word ten toon, maar ons kom ook voor die omgewingsuitdagings van 'n ontwikkelende land te staan.
Ons is gelukkig dat ons nog steeds 'n nasie is wie se onmeetlike natuurlike en kulturele erfenis so waardevol is dat dit vir die toekomsgeslagte behoue moet bly. Heelwat wysheid en kundigheid sal egter nodig wees om Suid-Afrika in staat te stel om 'n grondslag vir volhoubare ontwikkeling daar te stel en terselfdertyd ons internasionale verpligtinge na te kom deur die proses van verandering in die wêreld te help bestuur. Toegang tot tydige, betroubare inligting oor die omgewing sal ons vermoë om die uitdagings van die omgewing die hoof te bied, grootliks versterk.
Hierdie verslag oor die stand van die omgewing dra by tot 'n toenemende bewustheid van die toestand waarin ons fisiese omgewing verkeer, asook van die onderliggende oorsake van die verandering van ons omgewing. Dit bied 'n oorsig van die volledige Verslag oor die Nasionale Stand van die Omgewing wat op CD-ROM sowel as op die Internet beskikbaar is en is 'n samevatting van die belangrikste oorsake van omgewingsverandering en hoe ons daarop reageer. Die publisering van hierdie verslag is 'n toonbeeld van die regering se erns om inligting oor die stand van die omgewing aan alle Suid-Afrikaners beskikbaar te stel. Dit is 'n reg wat nou in die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur geanker is.
Erkenning
Hierdie boek is saamgestel in opdrag van die Departement van Omgewingsake en Toerisme en is geskryf deur die WNNR: Water-, Omgewings- & Bosboutegnologie uit inligting wat vervat is in die Verslag oor die Nasionale Stand van die Omgewing op die Internet vir Suid-Afrika (http://www.ngo.grida.no/soesa/). Talle navorsers en ander kundiges het stof bygedra en waardevolle kommentaar op die inhoud van hierdie verslag gelewer. Die volgende persone in die besonder het inligting en spesialiskennis bygedra:
n Volledige lys van persone wat bydraes gelewer en resensies gedoen het, word in die Verslag oor die Nasionale Stand van die Omgewing op die Internet vir Suid-Afrika (http://www.ngo.grida.no/soesa/) verskaf.
Inhoud
Inleiding
Wat behels die Verslag oor die Stand van die Omgewing? 1 Waarom is 'n Verslag oor die Stand van die Omgewing nodig? 1 Hoe om hierdie Verslag te lees 2 Waar kom die inligting vandaan? 3 Hoe is die Verslag oor die Stand van die Omgewing opgestel? 4 Wat is Volhoubare Ontwikkeling? 4
Dryf7kragte Agter Omgewingsverandering in Suid-Afrika7
Faktore wat Druk op die Omgewing in Suid-Afrika uitoefen11
Groter vraag na hulpbronne 12 Verhoogde voortbregging van besoedeling en afvalstowwe 15 Druk op Volhoubare Ontwikkeling 16
Die Stand van die Omgewing in Suid-Afrika17
Habitats 18 Biologiese hulpbronne 19 Fisiese hulpbronne 20 Chemiese prosesse 20 Die mense van Suid-Afrika 22
Ons Reaksie op Omgewingsverandering Fragmentasie en Verlies van Natuurlike Habitats 32 Verlies van Bioverskeidenheid 33 Uitputting van Hulpbronne 34 Besoedeling en Afval 36 Belemmerde werking van Ekosisteme 37
Samevatting die stand van die omgewing in suid-afrika - 'n oorsig
Inleiding Inleiding
Inleiding met die oog op besluitneming bepleit. Verslagdoening oor die Stand van die Omgewing het sedertdien die internasionaal aanvaarde vorm geword van verslagdoening oor omgewingskwessies en van die meet van vordering ten opsigte van volhoubare ontwikkeling in die lande wat die beginsels wat in Agenda 21 vervat is, aanvaar het.
Wat behels die Verslag oor die Stand van die Omgewing?
Hierdie dokument bied 'n Oorsig van die Nasionale Stand van die Omgewing Verslag (NSOV) op die Internet vir Suid-Afrika, wat beskikbaar is by http://www.ngo.grida.no/soesa/ . Daar is op die Internet besluit as die voorkeurmedium vir die volledige weergawe, aangesien dit algemeen toeganklik vir 'n wye spektrum gebruikers is. Inligting kan geredelik bygewerk, aangepas en bygevoeg word. Dit bied dus groter buigsaamheid wat toegang tot die inligting betref.
Die NSOVop die Internet verskaf volledige inligting oor die huidige stand van die biofisiese komponente van die omgewing (i.e. lug, land, water en oseane) en oor die maatskaplike, ekonomiese en politieke aktiwiteite wat hierdie hulpbronne raak. Vir elkeen van hierdie komponente word die oorsake van omgewingsverandering beskryf en word die invloed daarvan op die werking van die ekosisteem en die onderhouding van menslike bestaan, verduidelik. Die NSOV op die Internet beskryf volledig wat gedoen word om die agteruitgang van die omgewing te verhoed of te herstel en om volhoubare ontwikkeling in die hand te werk. Die verslag is opgestel om:
toegang te verleen tot omgewingsinligting wat geïntegreer, ontleed en vertolk is sodat dit vir die regering en ander instansies tot sinvolle besluitneming en beplanning vir volhoubare ontwikkeling kan lei;
inligting vir globale monitering en waardasie van die omgewing te verskaf;
openbare bewustheid van omgewings- en ontwikkelingskwessies aan te wakker; en beter begrip van omgewingskwessies en -regte en verantwoordelike optrede daar te stel en individue, gemeenskappe en organisasies daardeur aan te moedig om die gehalte van hulle lewens te verhoog.
Hierdie oorsig bied 'n geïntegreerde samevatting van die inligting wat in die NSOV op die Internet verskaf word. Dit is ontwerp vir ministers, Verslagdoening oor die Stand van die besluitnemers, omgewingsbestuurders en beplanners wat moet weet Omgewing wat die stand van die omgewing in Suid-Afrika is en wat die gevolge van ! lei tot groter begrip van sekere beleidsrigtings, projekte of optrede sal wees. Dit kan van hulp omgewingsprosesse en die uitwerking wees by besluitneming en beplanning vir volhoubare ontwikkeling. Die van menslike aktiwiteite op hierdie prosesse; Oorsig kan op die Internet gelees word af daarvan afgelaai word, of dit lei tot beter begrip van die oorsake en kan op versoek in gedrukte vorm in Afrikaans, Engels, Tswana, Xhosa uitwerking van omgewingsverandering en kan dus aanbevelings ten opsigte van of Zoeloe by die Departement van Omgewingsake en Toerisme verkry reaksie op sodanige verandering aan die word. hand doen; ! verskaf data vir die ontwikkeling en monitering van strategieë, programme en projekte vir volhoubare ontwikkeling; en Waarom is 'n Verslag oor die Stand van die ! integreer inligting vanuit verskeie bronne Omgewing nodig?oor verskillende aspekte van die omgewing
Die Verenigde Nasies se Konferensie oor die Omgewing en
Die mens is op natuurlike hulpbronne aangewese vir kos, water, skuiling, energie en ander middele. Omgewingsdienste soos die Ekologiese voetspore siklering van voedingstowwe en regulering van die gehalte van Die begrip "ekologiese voetspore" is deur William
E. Rees ontwikkel om die invloed van menslike water is ook van wesenlike belang vir die mens se voortbestaan. aktiwiteit soos die gebruik van natuurlike
Landbou- en nywerheidsaktiwiteite wat as grondslag vir hulpbronne en produksieprosesse op die dravermoë van die ekosisteme wat hulpbronne menslike gemeenskappe dien, produseer dikwels afvalstowwe verskaf en afvalprodukte ontvang, te weerspieël. wat na die omgewing terugverwys word om daarvan ontslae te
Stede soos Johannesburg, Kaapstad en Durban wat raak of dit te behandel. Die uitwerking van menslike aktiwiteite groot menslike bevolkings en intensiewe staan bekend as "ekologiese voetspore". Hoewel dit nie altyd nywerheidsaktiwiteite onderhou, het groot ekologiese voetspore wat verder as die stad en gekwantifiseer word nie, word die ekologiese voetspore wat soms ook verder as Suid-Afrika se landsgrensedeur talle menslike aktiwiteite agtergelaat word, kwalitatief in strek Ekologiese voetspore toon die oorsake en die NSOV op die Internet beskryf. Die omvang van die die omvang van omgewingsverandering en help met die opstel van strategieë en planne om uitwerking van hierdie aktiwiteite, beide wat tyd en ruimte negatiewe invloed te minimiseer. betref en wyses waarop die oorsake die hoof gebied kan word om die voetspore kleiner te maak, word bespreek. Groter begrip vir die verreikende gevolge van menslike aktiwiteit wat meegebring is deur die monitering van ekologiese voetspore, kan ook help om streeksamewerking ten opsigte van volhoubareHoe om die verslag te lees ontwikkeling te bevorder i.e. deur lande aan te spoor om saam te werk om die invloed van hulle
In hierdie oorsig, sowel as in die NSOV op Internet, word die aktiwiteite op mekaar se omgewingsgehalte teen te werk.
DPSIR-stelsel van verslagdoening gebruik waarvolgens omgewingskwessies in die volgende kategorieë behandel word:
DryfkragteDit is die onderliggende maatskaplike en ekonomiese aktiwiteite waaruit omgewingsverandering voortspruit. Bevolkingsgroei, armoede, landbou en nywerheidsproduksie is algemeen bekende voorbeelde.
Pressie Dit is die druk op die omgewing wat spruit uit die dryfkragte, byvoorbeeld besoedeling van lug, water en grond vanweë nywerheidsproduksie; of die uitputting van visvoorrade as gevolg van menslike verbruik.
Stand In hierdie afdeling word die huidige stand van die omgewing en onlangse tendense in omgewingskwaliteit bespreek.
Invloede Dit is die gevolge van die druk op die omgewing, byvoorbeeld afname in bioverskeidenheid, grondverarming, swak menslike gesondheid en gebrek aan skoon, veilige water.
Reaksie In hierdie afdeling word die mens se reaksie op omgewingsverandering beskryf, waaronder beleid en bestuurstrategie om omgewingsverandering teen te werk, beskadigde omgewings te rehabiliteer en volhoubare ontwikkeling in die hand te werk.
Elkeen van hierdie kategorieë word beskryf deur van omgewingsaanwysers gebruik te maak. Dit is spesifieke metings of rekords wat geneem word om omgewingstoestande te evalueer en te monitor. Aanwysers word gebruik om groot hoeveelhede gedetailleerde inligting in 'n maklik verstaanbare formaat aan te bied. Indien ons byvoorbeeld die kwaliteit van water wil bepaal (bv. in watter mate die water geskik is om te drink), kan ons meet hoeveel bestanddele dit bevat
Ontwikkeling (UNCED) in Rio de Janeiro in 1992, asook Agenda 21, wat nie bevorderlik vir menslike gesondheid is nie. Indien dit oor 'n tydperk gemeet word, kan 2die globale omgewingstrategie vir volhoubare ontwikkeling wat uit die ons bepaal of die waterkwaliteit besig is om te verbeter of te verswak. Ingelyks kan metings wat Konferensie voortgespruit het, het beter inligting oor die omgewing in twee verskillende gebiede geneem word, aandui of die water in een rivier beter bestuur word die stand van die omgewing in suid-afrika - 'n oorsig
Inleiding Daarby is baie van die datastelle onvolledig. Hulle bied óf nie nasionale dekking nie, óf daar is besonderhede wat ontbreek. Ander weer is verouderd (bv. marine- en kusdata en inligting oor gas-emissies) en sommige stelle data is ontoeganklik, meerendeels omdat dit verspreid lê oor verskillende staatsdepartemente of wetenskapilke organisasies, of omdat dit in besit is van private instellings of semistaatsinstellings wat dit nie wil vrystel nie. Dikwels word data aangebied in 'n formaat wat aansienlike ontleding verg voordat dit gebruik kan word.
Respiratoriese siektetoestande (soos asma en brongitis) wat handige aanwysers vir die stand van die omgewing is, is nie aanmeldbare siektes nie en word dus nie deur hospitale aangeteken nie. Daar moet oorwegend op anekdotiese inligting staatgemaak word, wat onakkuraat en onvolledig is.Dit is noodsaaklik dat inligtingsdatabasisse in stand gehou en bygemerk word ter ondersteuning van toekomstige Stand van die Omgewing-verslae. Dit sal van hulp wees
Environment and Development het in 1987 'n gesaghebbende verslag, Our Common Future, die lig laat sien. Dit het die begrip "volhoubare ontwikkeling" na vore gebring as 'n fokuspunt tussen die belange van ontwikkeling en die belange van hulpbronbewaring. Volhoubare ontwikkeling beteken om aan die behoeftes van die huidige geslag te voorsien sonder om toekomstige geslagte se vermoë
om in hulle eie behoeftes te voorsien, in gevaar te stel. Die verslag lees:
die stand van die omgewing in suid-afrika - 'n oorsig
Bosbouplantasies het egter ander omgewingsimplikasies en die afgelope paar jaar het verbruikers sowel as produsente tot die besef gekom dat meer volhoubare bestuurspraktyke toegepas moet word.
die stand van die omgewing in suid-afrika - 'n oorsig
Faktore wat druk op die Omgewing uitoefen
In hierdie afdeling word verduidelik hoe die dryfkragte druk op die omgewing toepas. Die druk spruit uit huidige sowel as vorige dryfkragte, aangesien daar dikwels vertragings voorkom tussen die optrede van mense en die reaksie van die omgewing. Voorts word die voorspelde toekomstige tendense in hierdie toepassing van druk en die felheid van die omgewingsverandering wat dit tot gevolg het, beskryf.
In die onderstaande tabel dui die kleur die felheid van die druk aan. Groen dui aan dat die omgewing goed op die druk reageer, amber beteken dat daar omsigtig te werk gegaan moet word en dat die uitwerking van die druk noukeurig gemonitor moet word, rooi waarsku dat die druk ernstige probleme veroorsaak en pers verklaar dat die omgewing as gevolg van die druk onherstelbare skade gely het.
Ekonomiese groei & Uitvoere Groter vraag na hulpbro nne; Omskepping van natuurl ike habitats; Druk neem toe tensy produksiemetodes verander word
Voortbrenging van besoedeling e n afvalstowwe i n lug, water en na meer volhoubare praktyk e n grond; Vestiging van uitheemse spesies. groter begrip van invloede o ntstaan.
Bevolkingsfaktore Groter vraag na hulpbro nne; Felle toename van druk.
aanwas, mobiliteit, verspreiding en struktuur Snelle verstedeliking; Migrasie na stedelike sentra & kussentra; Toenemende produksie van besoedeling en afvalstowwe;
Kleiner gedeelte van die be volking dra by tot formele ekonomiese aktiwiteit.
Nasionale prioriteite: Groter vraag na hulpbronne aangesien alle Suid-Afrikaner s Druk sal waarskynlik konstant bly of voorsiening in basiese toegangsreg tot natuur like hulpbronne het; ietwat toeneem omdat billike behoeftes van alle Suid- Hervestiging va n mense in grensg ebiede deur toegang en herstel van grondregte
indien dit nie gere guleer word nie.
Begripsleemtes Nie-volhoubare hul pbrongebruikspr aktyke; Onbeheerde verswakking van di e werking van die ekosisteem. Druk sal konstant bly tensy die voorsorgbeginsel toegepas word en navorsing by wyse van menslike en finansiële hulpbronne ondersteun word.
Internasionale Ontwikkeling van strategieë vir volhoubare gebruik van Druk sal waarskynlik konstant bly.
ooreenkomste hulpbronne;
Internasionale standaarde Toepassing van produksi emetodes wat hulpbro nne volhoubaar Druk sal waarskynlik konstant bly of aanwend en skadelike omgewingsinvloede minimiseer . ietwat verhoog namate omgewingsbewustheid toeneem.
Groter vraag na hulpbronne
Die behoefte aan internasionale handel en ekonomiese groei, bevolkingsfaktore, nasionale behoeftes en makro-ekonomiese en sektorale beleid is almal dryfkragte wat druk op die omgewing uitoefen weens 'n groter aanvraag vir hulpbronne en ekosisteemdienste, wat weer lei tot uitbuiting en uitdunning van die hulpbronne. Omskepping van grond van natuurlike habitats na landbou-, bosbou- en nywerheidstelsels om aan behoeftes te voldoen, oefen saam aansienlike druk op bioverskeidenheid uit aangesien groot gebiede omvorm word.
Die behoefte aan ekonomiese groei stoot die vraag na hulpbronne op ten einde aan die vereiste produksievlakke te voldoen. Met 'n toenemende nasionale en wêreldbevolking en die behoefte aan
Samevatting van Sektorale Waterbehoeftes gedurende 1996 en 2030
1996 (miljoen kubieke meter per jaar) 2030 (miljoen kubieke meter per jaar) PERSENTASIE STYGING
Stedelik & huishoudelik - 2 171 6 936 219.5%
Mynbou & nywerheid 37% 1 598 3 380 111.5%
Besproeiing & bosbou 6% 12 344 15 874 28.6%
Omgewing - 3 932 4 225 7.5%
TOTAAL - 20 045 30 415 51.7%
die stand van die omgewing in suid-afrika - 'n oorsig
Faktore wat druk op die Omgewing uitoefen
Faktore wat druk op die
Omgewing uitoefen Die nasionale en internasionale handel in plante en diere vir
Foto's: C. Shackleton geneeskundige, ornamentele en kulturele doeleindes plaas geweldige druk op sommige van Suid-Afrika se skaarste en mees bedreigde spesies. Ongeveer 350 plantspesies word algemeen vir geneeskundige doeleindes gebruik en die onwettige bymekaarmaak van plante vir private tuinbouversamelings kan potensieel die uitwissing van spesies, binnelands sowel as buitelands, tot gevolg hê.
Makro-ekonomiese en sektorale beleid in die verlede het bygedra tot die druk op hulpbronne om aan nasionale en internasionale behoeftes te voldoen. Die ontwikkeling van die land se tradisionele heler versamel waterhulpbronne om 'n standhoudende en
Verkope van plantprodukte vir mediese gebruik voldoende watertoevoer te verseker, was vanaf Verspreiding van Vraag na Hulpbronne die 1950's tot die 1980's die dominante druk Die vraag na hulpbronne is oneweredig oor aan beleidskant. Dit het gelei tot die regulering die land versprei vanweë vestigingspatrone van Suid-Afrika se riviere deur middel van wat aangehelp is deur historiese verspreiding van hulpbronne, bevolkingsfaktore, damme en herleiding van een stroomgebied na werkverskaff ing en vorige beleidsrigtings.
n ander. Daarby was hierdie kommoditeite Migrasie na stedelike kusgebiede het tot gevolg dat die druk op natuurlike habitatsvanweë subsidies op water en energie besonder gesentreer word om dit te omskep vir goedkoop vir nywerheid-, landbou- en stedelike en nywerheidsgebruik. Die vraag na huishoudelike gebruikers en daar was gevolglik varswater in kussentrums plaas druk op riviermondings omdat minder water daarin geen aansporing om dit spaarsamig te gebruik, vloei. In aanlandige kusgebiede, daarenteen, is lewende hulpbronne onder druk om genoeg afloopwater te hersikleer of ou water weer te voedsel te verskaf aan die mesne wat daar gebruik nie. Subsidies op landbouchemikalieëwoon. Snelle verstedeliking in die binneland en die konsentrasie van groot getalle mense in wat daarop gemik was om landbouproduksie die voormalige "tuislande" het druk op diete verhoog, het tot oormatige gebruik van omgewing geplaas vanweë die konsentrasie hierdie chemikalieë gelei wat langtermynskade van die vraag na hulpbronne in hierdie aan die strukiuur en chemiese samestelling van gebiede.
die grond sowel as die eutrofikasie van riviere Die verval van plantegroei vanweë oorbeweiding en oormatige versameling van aangerig het. Die gebrek aan rekenkundige houtbiomassa vir brandstof is 'n algemene probleem wat spruit uit die konsentrasie van meer mense as wat die gebied kan dra. Uitsterwing van plant- en dierespesies deur die uitbreiding van stedelike sentra is 'n verdere probleem. Dit kan in die toekoms óf verlig óf vererger word, aangesien die behoefte aan grondhervorming potensieel die hervestiging van mense in grensgebiede tot gevolg kan hê. Dikwels gaan die aanvraagkonsentrasie nie gepaard met die aanbod van hulpbronne nie. Die land se grootste stedelike en nywerheidsgebiede is byvoorbeeld die sentrums waar die vraag na water die grootste is. Dikwels is dit juis hierdie sentrums waar die grootste watertekor t ervaar word (bv. Kaapstad, Port Elizabeth,Verskeie waterliggame ly onder Bloemfontein, Pietersburg en Gautengbesoedeling en eutrofikasieprobleme Provinsie) en waar dit toenemend ervaar sal word namate die bevolking saam met die vraag na water groei.
verantwoording van natuurlike kapitaal (die geldwaarde van natuurlike hulpbronne) in die nasionale rekeningkundige stelsel het ook uitbuiting van hulpbronne aangehelp. Indien die ekonomiese stelsel erkenning verleen het aan bioverskeidenheid se ekonomiese waarde (bo en behalwe 'n ekologiese waarde), sou daar beleidsbepalings gewees het om te verseker dat hulpbronne volhoubaar aangewend word, op dieselfde wyse as wat minerale teen 'n optimaal ekonomiese tempo ontgin word.
Maatskaplike faktore soos digte verstedeliking en verbetering van sosio-ekonomiese toestande plaas verdere druk op hulpbronne weens houdingsveranderinge onder die bevolking. Leefstyle word meer verbruikersgerig en verkwistend van aard (met afvalprodukte wat oorheersend en hardnekkig in die omgewing teenwoordig is). Gebrek aan kontak met die natuurlike omgewing stomp mense se besef van die belangrikheid van omgewingshulpbronne en -dienste af. Toenemende verstedeliking gee ook aanleiding tot kleiner huishoudings en tesame met 'n groeiende bevolking dra dit by tot toenemende verbruik.
Hoë werkloosheids- en armoedesyfers is die dryfkrag agter die huidige aandrang op werkskepping. Die sektore waarop die kollig vir werkskepping val, die tipe werkgeleenthede en die graad van tegnologiese vindingrykheid sal bepaal of dit aanvullend tot of teenstrydig met volhoubare ontwikkeling is. Werkskepping in die toerismebedryf kan byvoorbeeld bydra tot die bewaring van sekere hulpbronne of dit kan lei tot 'n ooraanvraag op ander gebiede. Dit moet dus deeglik beplan word.
Groter beweeglikheid van die bevolking het gelei tot die vestiging van en indringing deur eksotiese bome en struike, veral in die Fynbos-bioom en in oewerhabitats, wat 'n ernstige bedreiging vir plant- en diereverskeidenheid, waterverbruik en die integriteit van ekosisteme inhou. Die vestiging van uitheemse spesies doelbewus sowel as
Faktore wat druk op die Omgewing uitoefen onopsetlik is 'n goeie voorbeeld van 'n geval waar gebrekkige begrip van Verspreiding van Uitheemse Indringerplante inSuid-Afrika en Lesotho ekosisteemprosesse 'n belangrike oorsaak van agteruitgang is. Indien daar destyds besef is hoe uitheemse spesies die natuurlike spesies kan uitwis en die reeds skaars watervoorraad uitput, sou strenger regulasies moontlik toegepas gewees het. Nog 'n voorbeeld is die fragmentasie van habitats. Slegs nadat habitats verklein is en in afsonderlike kernareas verdeel is, het dit duidelik geword dat hulle nie meer behoorlik op hierdie wyse kan funksioneer nie en is planne beraam om hulle deur middel van korridors te verbind. Hierdie druk sal voortduur tensy die "voorsorgbeginsel" toegepas word. Die Voorsorgbeginsel behels dat die ergste moontlike toestand veronderstel word wanneer daar onsekerheid oor die resultate van 'n bepaalde aktiwiteit bestaan en dat stappe dus gedoen word om skade waar moontlik te voorkom.
die stand van die omgewing in suid-afrika - 'n oorsig
Stand van die Omgewing
Stand van die Omgewing in Suid-Afrika
In hierdie afdeling word 'n oorsig gebied van die huidige stand van die omgewing en word verduidelik hoe dit voortspruit uit die dryfkragte en druk wat in die vorige afdelings uiteengesit is. Ekosisteme behels habitats (natuurlik en mensgemaak), biologiese hulpbronne, fisiese hulpbronne en chemiese prosesse. Saam vervul hulle al die wesensfunksies wat die mense van Suid-Afrika moet onderhou.
EKOSISTEEM-KOMPONENT STAND
Mense Die totale bevolking in 1996 het 40.6 miljoen beloop. Die bevolk ing groei teen sow at 2% per jaar. 50% Suid-Afrikaners woon in dorpe en stede. Bykans 50% woon in informele huise. 45% het nie toegang tot sk oon water nie. Slegs 6 0% besk ik oor elek tris iteit. 24% van die arbeidsmag was werkloos in 1996. Ongeveer 16% Suid-Afrikaners is funksioneel ongeletterd. 20% huishoudings het 'n inkomste van minder as R500 per maand. Die kliniek:pasiëntverhouding oor die hele land is 1:22,000. Bykans 20% van die arbeidsmag is HIV-positief. Die Infl asiekoer s is 6% . Die groei in BBP was 0.5% in 1998.
Stand van die Omgewing
Habitats die stand van die omgewing in suid-afrika - 'n oorsig ekosisteme is. Onlangse vordering in produksiemetodes kan die hoeveelheid besoedeling in die toekoms moontlik laat daal, terwyl beter afvalbestuurspraktyke en die ontwikkeling van hersikleringstegnieke die skadelike uitwerking van besoedeling op die omgewing laat verminder. Sommige besoedelingstowwe het egter 'n uitwerking oor 'n baie lang termyn en gaan voort om ekosisteme te beskadig, selfs nadat die hoeveelheid besoedelingsmateriaal wat vrygestel word, verminder is of heeltemal stopgesit is.
die stand van die omgewing in suid-afrika - 'n oorsig
Stand van die Omgewing
Die bevolking is nou meer mobiel as in die afgelope eeu.
Huishoudings - Oktober 1996 Faktore soos werksgeleenthede, grondhervorming en -terug­gawe veroorsaak nasionale en internasionale migrasie na Openbare kraneBinneshuise krane stedelike sentra.
Kraan opperseelDie armoedesyfer is hoog en 20% huishoudings se maandelikse inkomste is R500 of minder. Werkloosheid is ook hoog Boorgat- /Reën-Waterdraers (gemiddeld 24% in 1996). Hoewel die onderwysstelsel
Dam/Rivier/Stroomwater 1 %13 % 5 %
hervorm is en alle Suid-Afrikaners nou toegang tot onderwys
Aangepas uit Sentrale Statistiekdiens 1999
het, is ongeveer 7.5 miljoen mense (16% van die bevolking) funksioneel ongeletterd. Hierdie en ander faktore dra by tot die hoë misdaadsyfer.
Hoewel die meeste mense toegang tot formele gesondheidsdienste het, beskik klinieke dikwels nie oor die middele om aan die behoefte te voldoen nie. Landswyd is 92% van die beddens in openbare hospitale tans opgeneem. Die belangrikste aanmeldbare siekte is Tuberkulose wat vir bykans 4% van alle sterfgevalle verantwoordelik is. Die presiese omvang van HIV-infeksie en VIGS is nie tans bekend nie, maar die siekte kan verwoestende gevolge vir die land se bevolkingstruktuur en sy ekonomese groei hê.
Die huidige hoë werkloosheidsyfer en die lae, hoewel stygende, ekonomiese groeikoers skep 'n toestand van "werklose groei". Dit is nie volhoubaar nie en dra by tot die uitbreiding van die informele sektor ongeveer 1.8 miljoen mense, of 12% van die arbeidsmag, wat jaarliks R32 miljard of 7% van die BBP bydra; in vergelyking hiermee verskaf die landbou werk vir 1.2 miljoen mense en dra slegs 4.5% van die BBP by. Werklose groei gee ook aanleiding tot 'n oneweredige verdeling van welvaart, i.e. die rykes word ryker en die armes word armer, indien die belasting- en welsynstelsels nie die voordele van werkverskaffing byvoorbeeld inkomste, mediese versekering en pensioen oor die hele bevolking versprei nie. Hoewel daar die afgelope tyd VIGS kan die heelwat politieke aktiwiteit was met inbegrip van die daarstelling van nuwe beleid, lewensverwagting die hervorming van die regstelsel, die skep van groter bewustheid en teen 2010 na ± 40 jaar laat daal en die deursigtigheid en die bevordering van 'n deelnemingskultuur, verg die beleid die arbeidsmag die ondersteuning van ekonomiese hervorming wat versteurende elemente in die volgende ses tot sewe jaar met 20% ekonomie, soos subsidies op water en krag, sal uitskakel. verminder.
Die Invloed van Omgewings-
In die vorige afdeling is die tipes ekosisteme wat in Suid-Afrika voorkom, beskryf en is die mate waarin hulle verander is, bespreek. In die lig van hierdie toedrag van sake moet die vraag "Hoe goed werk hulle dan?" beantwoord word ten einde die volhoubaarheid van omgewingsveranderinge te bepaal, i.e. die vermoë van die omgewing om die druk wat menslike aktiwiteite uitoefen, die hoof te bied, asook die vermoë om lewe te kan bly onderhou. Hierdie kwessie word in hierdie afdeling aangepak.
DRUK INVLOED
Verhoogde generering van besoedeling en afvalstowwe Grondversuring en verlaagde p roduktiwiteit. Klimaatsverskuiwinhg vera nder verspreiding van plant- en dieregemeenskappe. Styging van seevlak (weens klimaatsverande ring) beskadig veral kushabitats en -strukt ure. Groter voorkoms van respiratoriese siektetoe stande. Groter voorkoms en digtheid van rookmis. Swakker kwaliteit van water vir huishoudelike, besp roeiings- en nywerhe idsgebruik
Die Invloed van
verandering die stand van die omgewing in suid-afrika - 'n oorsig
Wêreldwaterprojek, die Program vir Verslagdoening oor die Stand van die Omgewing en die SADC Protokol oor Gedeelde Waterwegstelsels. As ondertekenaar van die Konvensie oor Biologiese Verskeidenhied woon Suid-Afrika streeksvergaderings by om strategieë te ontwikkel vir die inkorporering van tradisionele kennis in die volhoubare gebruik van bioverskeidenheid en om die deel van die voordele van natuurlike hulpbronne met plaaslike gemeenskappe te bevorder.
en Suid-Afrika. In die Valdivia-groep is Suid-Afrika verantwoordelik vir die koördinering van alle aktiwiteite wat te doen het met die Konvensie oor die Bekamping van Woestynindringing. Dit behels projekte, die uitruil van kundigheid en beste praktyk en netwerkaktiwiteite. Suid-Afrika sal as gasheer optree vir die Valdivia-groep se jaarvergadering in die jaar 2000.
RESPONS MIKPUNT VAN RESPONS
INTERNASIONALE OOREENKOMSTE
Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Natuurlike Fauna en Flora (CITES) Beskerming van bedreigde spesies deur regulering van handel in lewende eksemplare of produkte
Konvensie oor Biologiese Verskeidenheid Bevordering van volhoubare gebruik van biologiese hulpbronne, streeksamewerking en deel van voordele deur plaaslike gemeenskappe
Verenigde Nasies Konvensie oor Bekamping van Woestynindringing in lande wat ernstige droogtes en/of woestynindringing ervaar, vernaamlik in Afrika Bevordering van volhoubare grondgebruikspraktyk deur navorsing oor die oorsake van droogte
Konvensie oor Vleigebiede van Internasionale Belang, veral as Watervoëlhabitats (Ramsar­konvensie) Bevordering van bewaring van vleigebiede
Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering Om die tendens van klimaatsverandering te stuit en te herstel deur emissies van kweekhuisgasse te verminder
Protokol vir die Beskerming van die Osoonlaag (Montreal-protokol) Om verdere uitdunning van die osoonlaag te voorkom deur emissies van CFK'e te verminder
Konvensie oor die Voorkoming van Besoedeling weens die Storting van Afval en ander Materiaal Om die storting van afval deur skepe te voorkom en die risiko van oliestorting so laag moontlik te hou
NASIONALE BELEID
Die Grondwet (Wet 108 van 1996) Bied aan alle Suid-Afrikaners die reg op 'n gesonde omgewing en die reg op die beskerming van die omgewing
Die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram Bestaan uit talle programme wat ten doel het om in wesenlike behoeftes te voorsien, werk te skep, ekonomiese groei te bewerkstellig, toegang tot hulpbronne en die voordele wat daaruit spruit, te herverdeel en die lewensgehalte van alle Suid-Afrikaners te verbeter die stand van die omgewing in suid-afrika - 'n oorsig Ons Reaksie op
verandering
Ons Oeaksie op Omgewings­verandering
RESPONS MIKPUNT VAN RESPONS
NASIONALE BELEID
Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (Wet 10 van 1998) Om skade aan die omgewing te voorkom of so klein moontlik te hou en om reeds vervalle omgewings te herstel
Konsepbeleid oor Nasionale Kusbestuur (Witskrif, 1998) Om die volhoubare gebruik van marine- en kushulpbronne te bevorder, skade aan kus- en marinesisteme te voorkom of so klein moontlik te hou en om besoedeling en afval te voorkom of te verminder
Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) Om die volhoubare gebruik van waterhulpbronne te bevorder en om aan basiese menslike behoeftes en ekologiese vereistes te voldoen
Nasionale Bosbouwet (Wet 84 van 1998) Om volhoubare houtproduksie, die minimisering van afval en volhoubare gebruik van hulpbronne te verseker
Konsepbeleid oor die Bewaring en Volhoubare Gebruik van Suid-Afrika se Biologiese Verskeidenheid (Witskrif, 1998) Om die volhoubare gebruik van biologiese hulpbronne te bevorder en die deel van voordele deur plaaslike gemeenskappe te ondersteun
Konsepbeleid oor die Bestuur van Besoedeling en Afval (Witskrif, 1998) Om die voortbrenging van afval en besoedeling so laag moontlik te hou, om die hergebruik en hersiklering van afval te bevorder en om die doeltreffende en veilige hantering van afval en besoedeling te verseker
Konsepbeleid oor Energie (Witskrif, 1998) Om weg te doen met subsidies op elektrisiteitsopwekking en om die uitwerking van besoedeling wat uit elektrisiteitsopwekking spruit, so klein moontlik te hou
Wet op die Voorkoming van Lugbesoedeling Om die emissie van besoedelingstowwe in die atmosfeer so laag moontlik te hou
Inisiatiewe ten opsigte van Ruimtelike Ontwikkeling Om ontwikkeling te koördineer en te sentraliseer en die fragmentering van habitats so laag moontlik te hou
Strategiese Omgewingswaarderings, Omgewingsinvloedwaarderings, Omgewingsbestuursplanne Om te veseker dat die invloed van ontwikkeling of praktyke begryp word, dat skade aan die omgewing so klein moontlik gehou word en dat reeds beskadigde omgewings herstel word
Werk-vir-Water-program Om uitheemse plantegroei uit opvanggebiede te verwyder, om sodoende afloop te verbeter en bioverskeidenheid in die hand te werk en om werk te skep
LandCare-inisiatief, Nasionale Beweidingstrategie, Veeverminderingskemas, Program vir Verantwoordelike Sorg Om volhoubare produksietegnieke te bevorder en daardeur skade aan plantegroei en die grond so klein moontlik te hou
Die volgende afdeling bevat besonderhede van internasionale ooreenkomste, nasionale beleid, programme en bestuurstrategieë wat tans in werking gestel word as reaksie op die verlies en fragmentasie van habitats, verlies van bioverskeidenheid, uitputting van hulpbronne, besoedeling en afvalstowwe, belemmerde werking van ekosisteme en nasionale behoeftes. en die Konsepbeleid oor Nasionale Kusbestuur (Witskrif, 1998) is verdere reaksie om die 32
koördinasie en beheer van ontwikkeling in landelike en kusomgewings te verbeter.
die stand van die omgewing in suid-afrika - 'n oorsig
Samevatting
Bowenal moet bevolkingsfaktore (vrugbaarheid, sterflikheid en migrasie) aangepak word om die vraag na hulpbronne en die produksie van afval te stabiliseer, om aan die basiese behoeftes van alle Suid-Afrikaners te voldoen en om die lewensgehalte van huidige en toekomsgeslagte te verbeter. 'n Groter bevolking bring eenvoudig mee dat daar minder hulpbronne en laer gehalte hulpbronne vir elkeen is, terwyl 'n kleiner bevolking (tesame met die gebruik van volhoubare bestuurspraktyke) meer hulpbronne en beter gehalte hulpbronne kan geniet. In ooreenstemming met internasionale tendense het die Ontwikkelingsbank van Suider Afrika 'n daling in Suid-Afrika se vrugbaarheidsyfer voorspel indien lewensgehalte verbeter. Baie van die reaksies wat hierbo uiteengesit is, beskik oor die potensiaal om lewensgehalte te verbeter indien dit doeltreffend toegepas en gemonitor word. Dit sal weer 'n positiewe terugvoersiklus aan die gang sit waarvolgens 'n afname in die vrugbaarheidskoers die bevolkingsaanwas in toom sal hou en dus die vraag na natuurlike hulpbronne sal stabiliseer of selfs verminder. Dit sal help om die Verbeterde gesondheidsdienste volhoubaarheid van hulpbronne oor die lang termyn en voorsiening aan en geriewe sal kindersterftes verminder en lewenskwaliteit die toekomsgeslagte te verseker. Tesame met tegnologiese vooruitgang verhoog sal dit lei tot immer stygende lewensgehalte.
Dit is tans moeilik om die doeltreffendheid van baie van die antwoorde op opgewingsverandering in Suid-Afrika wat in die jongste tyd na vore gekom het, te bepaal. Dit is omdat talle van die nuwe wette eers onlangs uitgevaardig is en die uitwerking daarvan nog nie waarneembaar is nie. Een van die funksies van die Verslag oor die Nasionale Stand van die Omgewing is om die doeltreffendheid van ons optredes te monitor en aanbevelings oor die deurlopende verbetering van begrip en bestuur te doen. Dit vereis deurlopende insameling van relevante en akkurate data, sowel as die insameling van nuwe inligting waar daar tans gebreke bestaan.
Die onderstaande diagram toon hoe die optredes van die verlede Suid-Afrika op die weg van nie-volhoubare gebruik van hulpbronne, bevolkingsaanwas en afvalskepping geplaas het. Ons het nou die kruispad bereik waar een van die volgende drie scenario's gevolg kan word:
Scenario 1 verteenwoordig voortgesette bevolkingsaanwas, kwistige verbruikerspatrone en uitbuiting van hulpbronne, asook uitermatige voortbrenging van besoedeling en afvalstowwe (i.e. daar is nog nie strategieë vir volhoubare ontwikkeling in werking gestel nie). Die werking van ekosisteme sal vinnig verswak en hulle sal binne een of twee geslagte nie meer in staat wees om menslike lewe te onderhou nie. Ekologiese ineenstorting, gevolg deur maatskaplike en ekonomiese ineenstorting net daarna, is die gevolge van verontagsaming van die beginsels van volhoubare ontwikkeling.
Ekologiese en maatskaplike verval Daarstelling van omgewings- Volhoubare ontwikkeling bewerkstellig wat veroorsaak word deur volhoubare beleid of programme, deur stabilisasie van menslike bevolking, onbeheerde bevolkingsaanwas, maar gebrek aan finansiële en politieke wil en aanwending van gebrek aan ondersteuning vir menslike middele, ondoeltreffende finansiële en menslike hulpbronne om omgewingsbeleid en -programme implementering en beheer oor nuwe omgewingsbeleid toe te pas en wat lei tot deurlopende menslike aktiwiteite. 'n Langsamer af te dwing.
agteruitgang en oorbenutting van weg na ekologiese en maatskaplike verval.
Scenario 2 sal seëvier indien strategieë vir volhoubare ontwikkeling wel beplan word, maar gebrek aan menslike en finansiële hulpbronne tot gevolg het dat dit nie ten volle in werking gestel kan word nie. Hulpbronne sal dus steeds uitgebuit en besoedel word sonder dat reguleringsowerhede dit in toom hou. Die gevolg is steeds ekologiese en maatskaplike verval, hoewel dit stadiger geskied.
Scenario 3 is die voorkeurresultaat. Die wetgewing wat pas uitgevaardig is en die strategieë vir volhoubare ontwikkeling wat onlangs opgestel is, word onderskraag deur politieke wil en menslike en finansiële hulpbronne wat lei tot 'n verantwoordelike, volhoubare tempo vir die gebruik van hulpbronne, die hoeveelheid afval en besoedeling so laag moontlik hou en gesonde ekologiese dienste in stand hou. Dit sal verbeterde lewensgehalte vir huidige en toekomstige geslagte verseker.
Ter opsomming is Suid-Afrika ryklik bedeeld met natuurlike hulpbronne vir ontwikkeling en voedselsekuriteit. Hierbernewens word die regte beleid oral toegepas of sal dit binnekort toegepas word om die land vierkantig op die baan van volhoubare ontwikkeling te plaas en om die huidige tendens van nie-volhoubaarheid stop te sit. 'n Politieke en maatskaplike verbintenis om korttermyn verbruik ten gunste van langtermyn volhoubaarheid op te offer en om verbeterde lewensgehalte vir die toekomsgeslagte te verseker, sal binne die afsienbare toekoms noodsaaklik wees indien ons hierdie beleid wil
Samevatting sien vrug dra. Suid-Afrika het die geleenthed om sy rol as 'n wêreldleier in deelnemende demokrasie te vergroot deur die bevordering van programme vir volhoubare ontwikkeling.
die stand van die omgewing in suid-afrika - 'n oorsig
Terminologielys Lys van Tabelle en Figure
Beleid 'n Regeringsdokument wat riglyne vir besluitneming en optrede daarstel; in 'n demokratiese omgewing is dit die produk van die regering en bydraes deur kundiges in 'n konsulteringsproses met die gemeenskap; word gebruik as hulp om prioriteite neer te lê en hulpbronne toe te wys.
Biomassa Massa van biologiese stowwe (lewend of dood).
Bioom Die wydste klassifikasievlak vir plantegroei en die gemeenskap wat daardeur onderhou word.
Bioverskeidenheid Die veranderlikheid onder lewende organismes uit alle bronne, waaronder landelike, marine- en ander akwatiese ekosisteme en die ekologiese samestellings waarvan hulle deel uitmaak; dit behels ook die verskeidenheid onder spesies, verskeidenheid tussen spesies en verskeidenheid van ekosisteme.
Brandpunt 'n Afgebakende gebied met 'n uitsonderlike groot biologiese verskeidenheid.
Bruto Binnelandse Produk Die totale waarde van die uiteindelike produksie van goedere en dienste van 'n land binne 'n bepaalde tydperk, gewoonlik 'n kalenderjaar.
Demokrasie 'n Politieke stelsel waarin die regering vry en regverdig verkies word en in die belang van die meerderheid optree sonder om die belange van die minderheid te negeer.
Ekosisteem 'n Sisteem van plante, diere, voedingstowwe en elemente en hulle onderlinge inwerking.
Ekosisteemdienste Die lewensonderhoudende funksies wat deur ekosisteme vervul word, byvoorbeeld regulering van watergehalte, siklering van voedingstowwe, instandhouding van grondvrugbaarheid en regulering van die konsentrasie van atmosferiese gasse.
Endemies Wat in 'n bepaalde gebied voorkom en nêrens anders nie.
Eutrofikasie Die proses waardeur voedingstowwe in 'n watermassa opbou.
Fauna Diere.
Flora Plante.
Fotochemiese rookmis 'n Vorm van lugbesoedeling wat veroorsaak word deur die reaksie van Vlugtige Organiese Koolstof, stikstofoksied en koolstofmonoksied in die teenwoordigheid van sonlig; fotochemiese rookmis bevat osoon en ander gasse wat toksies (giftig) vir plante en diere is en is veral 'n probleem in stedelike gebiede waar dit sigbaarheid belemmer.
Fragmentasie Verdeling in verskeie kleiner gedeeltes wat nie met mekaar verbind is nie.
Habitat Die gebied of tipe omgewing waarin 'n organisme of ekologiese gemeenskap normaalweg leef of voorkom.
Hidrologie Die sikliese vloei van water, van reënval tot riviere en tot verdamping en wolkvorming.
Indringerorganismes Diere- en plantlewe wat 'n gebied inneem en gevestig word in 'n habitat waar hulle nie normaalweg voorkom nie en neig om inheemse (natuurlike) plantegroei en dierelewe te verdring.
Konvensie 'n Ooreenkoms wat deur 'n onafhanklike, internasionale paneel (bv. die Verenigde Nasies) opgestel is en deur verskillende regerings onderteken word om sekere optredes te onderskryf en te ondersteun.
Koolwaterstof 'n Chemiese samestelling wat koolstof en waterstof bevat; kan toksies vir mense en plante wees en kan in die atmosfeer met ander gasse reageer om osoon te vorm.
Landbouchemikalieë Chemikalieë wat gebruik word om grond te bemes en om diereplae en onkruid in die landbou te beheer.
Landelike ekosisteem 'n Sisteem van plante, diere, voedingstowwe en elemente wat op land aangetref word, en hulle onderlinge inwerking.
Makro-ekonomie Die studie van die globale aspekte en werking van 'n nasionale ekonomie, byvoorbeeld inkomste, produksie en die onderlinge verhouding tussen uiteenlopende ekonomiese sektore.
Marginalisasie Die uitbreiding van die landbou na gebiede wat nie geskik is vir landboudoeleindes nie, as gevolg van ekonomiese of oorlewingsdruk.
Monokultuur Herhalende verbouing van slegs een tipe gewas oor 'n lang tydperk.
Omgewingsverval Agteruitgang van die vermoë van die plantegroei of grond in 'n habitat om lewe te onderhou as gevolg van skade aan fisiese, chemiese of biologiese eienskappe.
Regstelling Herstel of herkonstruksie van 'n beskadigde habitat.
Riviermond In Suid-Afrika word 'n riviermond beskou as die gedeelte van 'n rivierstelsel wat fisiese kontak met die see maak of van tyd tot tyd met die see kontak kan maak.
Sikleer In 'n siklus plaas of laat plaas; in 'n tydkring beweeg wat gekenmerk word deur 'n bepaalde volgorde van gebeurtenisse of verskynsels en gedurende die siklus vasgestelde veranderings ondergaan; moet nie verwar word met sirkuleer nie (in onbepaalde volgorde rondbeweeg of rondstuur).
Spesierykdom Die getal spesies in 'n gebied of habitat.
Spesieverskeidenheid Die omvang van verskillende spesies in 'n gebied of habitat.
Standhoudend (Met verwysing na riviere) Met water wat die hele jaar lank vloei.
Subsidie Finansiële steun deur die owerheid van sekere aktiwiteite waardeur die werklike koste van 'n kommoditeit, byvoorbeeld water, elektrisiteit of kunsmis, vir die gebruiker verlaag word.
Tuinboukunde Die gebruik van plante vir ornamentele en estetiese doeleindes, byvoorbeeld die uitleg van 'n tuin.
Uitheems In omgewingsverband, vreemde spesies (veral uit die buiteland) wat inbeweeg of gevestig word in 'n habitat waar hulle nie normaalweg voorkom nie.
Uitskot Gebruikte water wat uit 'n mensgemaakte stelsel in 'n rivier of ander natuurlike waterweg vloei; afval-
of afloopwater.
Uitvaardiging Die proses van aanvaarding en inwerkingstelling van wetgewing.
Voedingstofsiklering Die regulering van konsentrasies voedingselemente, byvoorbeeld koolstof en waterstof, in die lug, water of grond.
Volhoubare ontwikkeling Die beplande en geordende gebruik van natuurlike hulpbronne om in die behoeftes van die huidige geslag te voorsien sonder om die vermoë van toekomsgeslagte om uit dieselfde hulpbronne in hulle eie behoeftes te voorsien, aan te tas.
Wetgewing Die proses of produk van wette maak deur beleidskrifte deur die wetgewende liggaam (parlement) te loods en hulle in wette te omskep.
Bladsy 6 Suid-Afrikaanse Nasionale Grondbedekking
Bladsy 7 Dryfkragte agter Omgewingsverandering
Bladsy 8 Gebruik van Osoon-uitputtende Stowwe in Suid-Afrika sedert
Bladsy 12 Samevatting van Sektorale Waterbehoeftes gedurende 1996 en 2030
Bladsy 14 Voorkoms van Uitheemse Indringerplante in Suid-Afrika en Lesotho
Bladsy 18 Oorblywende Plantbedekking in Gauteng Provinsie
Bladsy 18 Bewaringsgebiede in Suid-Afrika
Bladsy 19 Floristiese Brandpunte in Suid-Afrika en Beskermde Gebiede
Bladsy 21 Ontstaan van Afval
Bladsy 21 Gemiddelde Omringende Konsentrasie van Besoedelingstowwe in
Stedelike Gebiede 
Bladsy 22 Konsentrasie Spoormetale in Mossels (Kaapstadse Hawe)
Bladsy 22 Bevolkingsaanwaskoers (1980 - 1991)
Bladsy 23 Belangrikste Waterbronne vir Huishoudings - Oktober 1996
Bibliografie n Volledige naslaanlys word in die Verslag oor die Nasionale Stand van die Omgewing op Internet vir Suid-Afrika verskaf (http://www.ngo.grida.no/soesa). Slegs literatuur wat geraadpleeg is in die samestelling van hierdie Oorsig word hieronder verstrek.
Alle dokumente oor nasionale regeringsbeleid, wetsontwerpe en wette waarna in hierdie dokument verwys word, kan besigtig word by: http://www.polity.org
die stand van die omgewing in suid-afrika - 'n oorsig
